Hulp: Regte kruit vir 7X57 Mauser & 162 ELD-X

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Dezman
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Tue Jul 11, 2017 6:23 pm

Hulp: Regte kruit vir 7X57 Mauser & 162 ELD-X

Post by Dezman »

Kan iemand dalk help met n kruit voorstel vir n 7x57 Mauser met 162 gr ELD-X?

Die geweer het n lang freebore.

Ons sal veilig begin en dan data deurgee, ongeag.

Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hulp: Regte kruit vir 7X57 Mauser & 162 ELD-X

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Hulp: Regte kruit vir 7X57 Mauser & 162 ELD-X

Post by J le Roux »

Marius, moenie die man terg met Somchem kruit nie >:+
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Dezman
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Tue Jul 11, 2017 6:23 pm

Re: Hulp: Regte kruit vir 7X57 Mauser & 162 ELD-X

Post by Dezman »

Baie dankie.

Ja die Somchem is basies uit. Tans werk die Norma 204 goed met die 150 ELDX'e, maar ek sien die Lovex kan dalk net so mooi werk vir die 162 greiners.
User avatar
Redman
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Aug 26, 2019 11:28 am

Re: Hulp: Regte kruit vir 7X57 Mauser & 162 ELD-X

Post by Redman »

Hi Dezbaby,

Ek gebruik IMR 4350 op my 7x57 Mauser (Musgrave)... Het aanvangklik 139gr InterLock Hornady geskiet maar het onlangs na die 162gr SST Hornady gegaan. Dit het die beste gedoen op die middel ladings 45.8gr op die 139gr interlock.

Ek het die met die 162gr by 41.8gr begin en my beste resultate by 43.6gr gekry, maar gaan nog bietjie rondspeel hier.

My rede vir IMR4350 was dat dit op daardie stadium teen R690 'n bottel beskikbaar was. Alhoewel dit nou al R770 is, is ek steeds nie 'n dag spyt op die 4350 nie. My loop is ook baie skoner as wat dit was op PMP Ammunisie of op die Somchem kruit. Ek sal nie sommer weer van die IMR af weggaan nie.

'n Goeie skool vriend het 'n 7x64 en gebruik Vihtavuori en hy is net so gelukig.

Sterkte
User avatar
Dezman
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Tue Jul 11, 2017 6:23 pm

Re: Hulp: Regte kruit vir 7X57 Mauser & 162 ELD-X

Post by Dezman »

Baie dankie Redman.

Ek gaan die boodskap so oordra. Bly om te hoor jy kom darem ook reg. Asook dat jy so hoog dink van die IMR kruit.

Hy het toe norma se advies gevolg en by 45 begin en by 46 (iewers) geeindig met 150 ELDX.

Regs onder was toe aanvaar as die beste van die klomp groups met 45.5g

Hy het nog nie eintlik gespeel met hom nie en tot op 300m mooi reg gekom.

Hy wil graag oorgaan na die 162 gr so sal maar sien.

Sal graag sy spoed en ander mates wil he dan kan mens mooi sien wat soek die ou gun.

Dankie weereens.
IMG_20190706_125213.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Redman
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Aug 26, 2019 11:28 am

Re: Hulp: Regte kruit vir 7X57 Mauser & 162 ELD-X

Post by Redman »

Baie netjiese groepering...

Ek ag die 4350 redelik hoog, maar wat vir my werk, werk dalk nie vir ander nie. Maar ek sal beslis by dit bly vir my 7x57

Op die 139gr het ek so 2'615 f/ps gemeet as ek nou reg onthou. (My data boek is by die huis), maar nog nie kans gehad om die 162gr te meet nie. Skat so net oor die 2'400 f/ps as ek na die herlaai data kyk.

Ek sal meer data post soos ek vorder....
Post Reply