Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
-
jooste
- Full Member

- Posts: 167
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
Goeie more hengelaars
Ek luister graag na raad insake kunsaas vir tiervis hengel.
Deel ook asseblief julle ervarings met hoeveel van elke tipe kunsaas n mens moet saam neem.
Ons gaan einde Julie vir 5 dae en dit klink vir my of n ou alles maar moet saamvat want kunsaas by die lodge kan baie duur raak.
Enige raad asseblief.

Nico Jooste
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
Jy gaan vir die Lodge moet vra wat werk, op een plek werk spinners en ander weer net drift.
Jou gids gaan die trip maak of breuk, partykeer probeer hulle petrol spaar en dan gaan jy sukkel, jy moet betroubare manne hê wat jou regtig wil laat vang.
https://www.sealine.co.za is die plek om te gaan vra en gesels onder die tiervis afdeling, praat met mense wat self daar was

"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
AOosie
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Wed Dec 28, 2016 4:17 pm
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
Gaan loer bietjie op n ou draad van my....verlede jaar Augustus daar gewees. Ek het ook waardevolle raad vooraf van manne hier gekry.
Dit was n ongelooflike ervaring, maar soos Jake1 sê....maak sommer van die begin af seker jy en jou partner op die boot se gids besef dat julle mooi na hom sal "kyk" as julle ordentlik vang. Dis steeds nie n waarborg nie, maar mens kan sien as hulle alles insit om jou by die regte plekke met die regte aas te kry.
Koop die maksimum wat julle kan by "duty free" - Sekoma merk elke man se bottels baie duidelik en jy kan dit ook op die boot laai. Bier en ander drinkgoed is alles beskikbaar by die kroeg, maar ek stel voor julle reken elke aand af. (al is dit net die daaglikse totaal wat afgeteken word) In ons groep het manne besluit om eers aan die einde van die week alles te laat optel en skielik was die somme/strokies bietjie anders as verwag en dan is dit te laat om te kibbel met die kroegmanne oor wie het wat bestel a paar dae terug.
Geniet dit en laat weet hoe dit was!!

FN 308
BRNO .22
BRNO .22
- Wilhelm Schultz
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Tue Sep 03, 2013 9:37 pm
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
Ongelooflike plek en onvergeetlike ervaring!
Soos die manne se, jou gids sal dit maak of breuk. Ons was Februarie maand daar in die “seisoen” en het tussen 7 manne 16 tiere van bo 6 pond gevang! Maar dit was toe die rivier in vloed was en ons met visaas genoem “bulldogs” gevang het. Hierdie tyd van die jaar is die vloedvlakte leeg en die tiere is honger. Kunsaas en spinners is jou beste vriend. Plastics werk so nou en dan maar vermei hulle maar want een byt van daai bek skeur hulle uitmekaar.
Jy kan vir die eineaar van die lodge vra vooe julle vertrek wat die regte gerei / kunsaas onlangs by hulle gewerk het. Daar is ook by die lodge die beskikbaar, naar natuurlik teen ‘n fooitjie.

Hou die lood in die lug
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
Jooste ek weet nie hoe jou uitstappie daar was nie, maar ons was bietjie rivier op by Shackeltons en dit was TUFF!
Die rivier is nie waar hy gewoonlik die tyd van die jaar is nie en baie baie laag, manne praat van laagste oor 50 jaar tydperk.
Ek het met die vlieg gevang en net twee byte gehad in 5 dae se visvang, maar die dames met aas het baie beter gedoen. Daar het tot 'n lb tier op aas uitgekom.

.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- Evert
- Sr. Member

- Posts: 301
- Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
Jy kan kyk om die volgende saam te vat, dit werk altyd goed met die upper Zambezi
Efzett - Double Blade Spoons
Kry vir jou Afri Jigs - Rooi en swart, Groen, Pers en Swart
Rapalas Trawl werk ook, 11cm Red Heads, Fire Tiger en Red Tigers
Spinner Baits - Donker Kleure

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
Ek het nog net twee keer Tiere gejag in die Zambezi. Die eerste keer was In Oktober op die Oewer van die SAPI jagarea langs Mana Pools. Toe het die Tiere fluks gebyt op vis fillette.
'n Paar jaar later By Chirundu. Daar het ons elke oggend Mabirris (Klein Visaas) gaan vang met erdwurm. Tiere wou nie filette vat nie en het slegs gebyt op die lewendige Mabirri aas.
Meps het 'n groot Tiger spinner waarop ons 'n paar gevang het.

- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
Ons was al twee maak by Sekoma. Afri Jigs of iets soortgelyks was mees suksesvol.Evert wrote:Jy kan kyk om die volgende saam te vat, dit werk altyd goed met die upper Zambezi
Efzett - Double Blade Spoons
Kry vir jou Afri Jigs - Rooi en swart, Groen, Pers en Swart
Rapalas Trawl werk ook, 11cm Red Heads, Fire Tiger en Red Tigers
Spinner Baits - Donker Kleure
Effektief ‘n groot loodkop met sterk hoek.
Laaste keer het ek en my vriend meer as 40 tiere gevang van 1 pound tot 14 pond op die loodkoppe.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190724/04d8a81d40fca61ac4a00c6ce9a190d2.jpg
13 ponder het ongelukkig kiewe beskadig. Ook op loodkop gevang.
Gemiddelde grote wanneer water gesak het na hoof rivier en klein visies uit die riete kom was so 7 pond.
Sent from my iPhone using Tapatalk
13 ponder het ongelukkig kiewe beskadig. Ook op loodkop gevang.
Gemiddelde grote wanneer water gesak het na hoof rivier en klein visies uit die riete kom was so 7 pond.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- skollie
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
Baie mooi vis.... Geluk!
Bly om te hoor dat daar nog vis is daar..... Ek het stories gehoor van die nette en die gestropery, veral in die Kasai Channel
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Bly om te hoor dat daar nog vis is daar..... Ek het stories gehoor van die nette en die gestropery, veral in die Kasai Channel
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: Tiervis Hengel - Sekoma Lodge Zambie
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201907 ... a190d2.jpg[/IMG]
13 ponder het ongelukkig kiewe beskadig. Ook op loodkop gevang.
Gemiddelde grote wanneer water gesak het na hoof rivier en klein visies uit die riete kom was so 7 pond.
Daar is verseker baie stropery in die Kasai kanaal. Dis ‘n ewige geveg tussen die lodged en die netters. Daar is gelukkig nog baie vis. Ons beplan om weer volgende jaar te gaan vang.