Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek jag nou wel nie boog nie maar my wild (veral koedoes) is mal daaroor om 'n blok klipsout te lek. Dit is nie 'n wondermiddel nie maar goedkoop en hou lank. Hulle lek dit in die somer ook. Glo nie dit gaan die bokke op strepe laat inkom nie maar dit sal bietjie meer lewe gee aan die spesifieke voorsit plek. Maak net seker met die boer of hy wel klipsout toelaat as hy beeste in dieselfde kamp het.