Karoo, De Aar
-
Corniel
- Full Member

- Posts: 131
- Joined: Tue May 14, 2013 1:13 pm
Karoo, De Aar
Middag Manne,
Was lanklaas aktief hier op Jaracal, eintlik n skande.
Ons was die naweek n lekker groep af na De Aar se wereld toe vir n Springbok jag. Die veld lyk darm maar sleg en die boere trek swaar, boonop was bok kwalitiet en gemm gewig ook laer as waaraan ons gewoond was, ons kantoor manne besef nie altyd die angs en dringendheid waarmee die boere werk nie.
Inelkgeval ons het nogsteeds n baie lekker jag gehad, ons het 64 bokke platgetrek tussen 11 ouens, maar ons het hard gewerk daarvoor.
Bid maar vir reen! Die manne kort dit dringend!
Lekker dag!

- RudolphP
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am
Re: Karoo, De Aar
Ek het nie gedink mens kan so berg klim in die Karoo nie!
Daardie area kort baie dringend reën dis verseker.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Daardie area kort baie dringend reën dis verseker.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Karoo, De Aar
watter kant van DeAar was julle. ? ons was 2 weke gelede daar en daar het lekker reën na die Britstown kant geval. Veld ook mooi gelyk daar.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Karoo, De Aar
Nogal snaakse tyd vir reen in daardie deel soos hierbo genoem . . . ja, vele van die Karooboere trek swaar . . . waar julle kan help en ook bemoedig, maak dit 'n verskil.
- RudolphP
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am
Re: Karoo, De Aar
Ons was deelfontein se kant toe so 55km buite die dorp. Ons was by Jules of the Karoo
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Karoo, De Aar
Die plek is mos bekend vir sy trofee-wild.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Karoo, De Aar
Saterdag begin my jaarlikse springbok jag by die buurplase ,waar ons altyd 220 bokke skiet kon ons vanjaar net n quota van 80 kry as gevolg van die droogte.Dit is die eerste keer in 28 jaar op die plase wat die boer vir ons beperk op die getale.
DD
DD
- RudolphP
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am
Re: Karoo, De Aar
net so ja, Springbok trofees om spesifiek te wees.win270 wrote:Die plek is mos bekend vir sy trofee-wild.
Ons het wel nie soontoe gegaan vir trofee jag nie, maar meer vir Springbok voorsit jag.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Karoo, De Aar
Vertel bietjie meer en wys 'n foto of twee asb. RudolphP.
- RudolphP
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am
Re: Karoo, De Aar
Ons het Saterdag oggend vroeg weggekom uit Pretoria uit vir die sowat 850km. Op die spyskaart was 'n klomp springbokke en so paar rooi hartebeeste.
Daar aangekom is daar besluit dat ons Sondag oggend 'n klein dryfjag sal doen, Sondag middag die rooi hartebeeste in die berg gaan skiet en dan Maandag die groot dryfjaf.
Albei springbok kampe moes leeg gemaak word omdat hulle die kampe vir ander doeleindes wil benut.
Sondag oggend was suksesvol met 27 springbokke wat opgelaai is.
Ons is toe op na die "berg-plato" toe met die bakkie. Ek het al baie ge walk and stalk in die bos maar hierdie was 'n nuwe ervaring. Dit was ordentlike bergklim met los klippe. Ons moes vinnig beweeg om 'n skoot te kry op die RHB en toe ek aanle vir my eerste skoot toe is ek so uitasem uit dat ek nie 'n soliede skoot gevat het nie en skoon mis skiet. Die RHB het darem net so 500-600m aanbeweeg en toe gaan staan hulle weer. Ek skiet toe my RHB heelbo op die kliprand, en ons het lekker hard gewerk om die bok terug by die bakkie te kry.
Ons is toe Maandag na 'n nuwe stuk grond toe waar daar 60-80 trek springbokke is wat moet af. In totaal het ons toe nog 37 springbokke daar geskiet.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- RudolphP
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am
- RudolphP
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am
-
Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: Karoo, De Aar
Lyk lekker. Hier in Williston area kan ek die jagte op my een hand tel. Springbok getalle is drasties af soos hul gevrek het en die wat oor is, is maar baie skraal. Selfs die Gemsbokke staan bankvas op die voerplekke en is maar skraal. Ons bly maar Glo en Vertrou.
-
slagdop
- Full Member

- Posts: 173
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:35 pm
Re: Karoo, De Aar
Ek het gister aand terug gekom van 'n voorsit jag op 'n plaas tussen Richmond en De Aar. Dit was baie warm, volgens die boer die warmste wat hulle nog ooit beleef het. Toe ek om 07:45 daar vertrek het was dit alreeds 18 grade. Nogal bekommerd gewees oor my vleis agterin die sleepwa, maar alles was ok.
Ons was 'n groep van 9 en het 55 springbokke gekry. Kondissie was goed en al die bokke het lekker vet aan gehad,alhowel aan die klein kant,maar dit is te verstaande want daar was al 15 groeppe van gemiddeld 12 man voor ons daar. Ek het 'n paar masiewe ramme gesien met pragtige horings met lieflikke groot groen tags in die ore. Hulle maar gelos.

- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Karoo, De Aar
Dieselfde ervaring vroeer in Junie. Kleiner troppe en die gemiddelde gewigte van die springbokke was so 3-4kg minder as in vorige jare op dieselfde plaas. Ook vir my kouer gewees ander jare vroeg in Mei as hierdie keer einde Junie.