Loodswaaiers Karoo Jag 2019
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Met groot opgewondenheid het die dag uiteindelik aangebreek vir ons jaarlikse familie jag. Ons het op die plaas Brandfontein wat al vier generasies in die Strauss familie is bymekaar gekom.
Met 'n lekker vuurtjie wat brand en ietsie vir die keel bederf my een broer ons toe elkeen met 'n knipmes wat hy laat maak het. Elkeen se naam is op sy mes gegrafeer. Sat aand klim ons toe die bakkie vir 'n springhaas jag. Die manne het maar lekker weg geraak en sommiges het vinnig besef hulle is nie meer 13 nie. Dit was egter lekker om my klong ook dit te laat beleef wat ek as kind beleef het en dit het 'n uur gevat om hom later aan die slaap te kry. Sondag was ons rustig op die plaas en het ons seker gemaak die gewere se zeros is reg.
Maandag oggend so 9am se kant was ons in die veld. Daar het oornag 'n koue front ingekom. Ek het lanklaas so koud gekry. 2 grade, ys reëntjie en wind wat 25km/h na 40km/h waai. Ek het geweet hier lê 'n lang dag voor. Ek het binne die eerste halfuur 'n kans gekry op 250m en sien toe maar die 76gr Kriek teen 3120 fps word amper 'n bok lengte gedruk. Bok het weer op 310m gaan staan mooi plank dwars en ek kon die Kriek mooi agter die blad inglip. Nou was ons reg vir die dag.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
My klong het toe in die stoel ingeskuif en met pa se wind en afstand bepalings skiet hy 'n mooi rammetjie op 120m en 'n mooi ooi op 250m.
Ek het so rukkie later die mooi ram op 220m geskiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Lekker Ruaan. Daai wind is wild. Mooi geskiet.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Ons het teen 1pm se kant opgehou want toe raak dit net erger in daai veld.
Ten spyte van die omstandighede het ek en my seun 9 bokke gekry.
Altesaam het ons 28 bokke tussen 5 jagters vir die dag gekry.
My broer se dogter het haar 1ste bok geskiet so niggie en nefie het trots hulle "warpaint" vir almal gewys. Die Maandag span
Ten spyte van die omstandighede het ek en my seun 9 bokke gekry.
Altesaam het ons 28 bokke tussen 5 jagters vir die dag gekry.
My broer se dogter het haar 1ste bok geskiet so niggie en nefie het trots hulle "warpaint" vir almal gewys. Die Maandag span
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2592
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Mooi Man!!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Dag 2 is toe 'n fantastiese dag wat skiet aanbetref. Geen wind en so lekker winter sonnetjie maak dat jy nie te koud kry nie. My vroutjie wik en weeg nou al lank om ook 'n bok te skiet en die oggend sê sy sy gaan saam.
Ek kry haar toe mooi ingeburger in die skietstoel met my 222 wat 'n 32gr Kriek teen 3250 fps skiet.
So 45min later skiet sy toe die jong haak rammetjie op 100m. Die vreugde was baie groot! Skoot was presies waar sy gemik het en ek is absolaat verbaas oor die min vleis skade wat daar was.
Ek skuif toe in die stoel in maar dit is 'n dag wat ek eerder wil vergeet......eers skiet ek 'n bitter mooi ram se rug af op 120m.....na ek nog 'n groter ram mis skiet. Ek kon dood eenvoudig net nie 'n bok raak skiet as die bok nader as 200m gestaan het nie. Een spesifieke ram het my 3 kanse gegee wat hy net bly staan het.
Na die trop weg is het ek uit frustrasie na 'n klip wat my vrou op 265m gerange het geskiet en dit was in die middel. Die drywer het bokkoors gehad........
Ek het toe later 'n bitter mooi ooi op 350m en 'n mooi ram op 320m geskiet. 'n wsm met 178gr eldm teen 2900 maak nie mooi nie so ek sal nie die fotos laai nie.....
Ek kry haar toe mooi ingeburger in die skietstoel met my 222 wat 'n 32gr Kriek teen 3250 fps skiet.
So 45min later skiet sy toe die jong haak rammetjie op 100m. Die vreugde was baie groot! Skoot was presies waar sy gemik het en ek is absolaat verbaas oor die min vleis skade wat daar was.
Ek skuif toe in die stoel in maar dit is 'n dag wat ek eerder wil vergeet......eers skiet ek 'n bitter mooi ram se rug af op 120m.....na ek nog 'n groter ram mis skiet. Ek kon dood eenvoudig net nie 'n bok raak skiet as die bok nader as 200m gestaan het nie. Een spesifieke ram het my 3 kanse gegee wat hy net bly staan het.
Na die trop weg is het ek uit frustrasie na 'n klip wat my vrou op 265m gerange het geskiet en dit was in die middel. Die drywer het bokkoors gehad........
Ek het toe later 'n bitter mooi ooi op 350m en 'n mooi ram op 320m geskiet. 'n wsm met 178gr eldm teen 2900 maak nie mooi nie so ek sal nie die fotos laai nie.....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
My broers het die oggend aangedui hulle gaan eerder trek koedoes loop soek op 'n ander plaas.
Vroeg het my een broer 'n jong bulletjie geskiet wat net een voorbeen gehad het. Die ander een was af maar die wond was al genees. Laat middag het my ander broer 'n baie mooi koedoe koei geskiet wat al effe ouerig was. Sy was ook nie dragtig nie.
Vroeg het my een broer 'n jong bulletjie geskiet wat net een voorbeen gehad het. Die ander een was af maar die wond was al genees. Laat middag het my ander broer 'n baie mooi koedoe koei geskiet wat al effe ouerig was. Sy was ook nie dragtig nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Dit was regtig 'n baie lekker trippie gewees en in totaal het ons as familie 32 springbokke en 2 koedoes gekry.
Ek sien al klaar uit na volgende jaar se trippie.

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Wonderlik! klink na baie pret! wil self vir volgende jaar oorslaan kriek 235gr toe vir my 375.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
'n mooi foto van die mes.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Ek is weereens so beindruk met die Krieke se verrigting dat ek nie sommer iets anders sal skiet nie.
693 gram bloedvleis op 14 bokke is ek meer as tevrede want kopskote was veral Maandag nie 'n opsie nie.
Ek dink dit sou minder gewees het as ek die 2 bokke wat ek met die wsm geskiet het nie bygereken het nie.
Nie een bok het verder as 5m beweeg na die skoot nie. Laastens die herinneringe kan geen geld ter wereld koop nie.
693 gram bloedvleis op 14 bokke is ek meer as tevrede want kopskote was veral Maandag nie 'n opsie nie.
Ek dink dit sou minder gewees het as ek die 2 bokke wat ek met die wsm geskiet het nie bygereken het nie.
Nie een bok het verder as 5m beweeg na die skoot nie. Laastens die herinneringe kan geen geld ter wereld koop nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Die herinneringe, dis baie spesiaal
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Lekker, Ruaan. Bly maar lekker in die veld!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Mooi gejag daar Ruaan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Netjies Ruan. Lekker om weer groenerigheid te sien in die karoo
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Lekkerte.
Met n vleisie...
Met n vleisie...
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Mooi geskiet manne ,nog net twee weke dan gaan ons ook bietjie koud kry.
DD
DD
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Ek is bly julle het so lekker gejag. Nou kon ek die stories agter die fotos lees. Dis nie baie wat 'n familie meer so bymekaar kan kom nie. Julle moet volhou daarmee.
Kriek
Kriek
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Lyk of julle n heerlike tyd gehad het! Dis spesiale tye saam met familie in die jagveld.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
Lekker man!
Bly om te sien daai Boere 243 bring nog steeds sy kant!

Groetnis
Philip
Philip
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Loodswaaiers Karoo Jag 2019
hy bly net nie teleurstel nie!Philip J wrote:Lekker man!