Wanneer is n bok gekwes?
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
I agree it is a good idea to wait a while before following up.
If you find blood, hair, bone or stomach contents and you don't find the animal dead within say 200m-300m from where it was shot then it is most likely you have a wounded animal (kwesbok) on your hands.

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
In daai einste klowe so 1.5uur voor sononder, skiet my jagmaat so 5 jaar terug 'n BWB koeie....goeie skoot... en hulle almal trek daar weg oor n klein hoogtetjie en toe kloof-af tot heel onder...hoe nou gemaak, hoe kry ons haar...KWESBOK verseker.Eugene wrote:Ek sal selfs aanbeveel dat mens langer as net 15 min moet wag. Met boogskiet het ek geleer dat jy 30min wag voor jy opvolg na 'n goeie skoot, 45min as jy onseker is en ten minste 90 min na 'n swak skoot.Cobus(Cobb) wrote:Moet ook saamstem met daai een...sit en wag 10-15min....soms hoor jy hom sommer doodskoppe gee tussen takke en plante.
Maar as jy te gou nader...maak daai lood pil hom weer gesond...dan is dit honde kry ens. ens.
Laasjaar word n vark geskiet...jagter call die skoot goed en ons volg die bloed...tot in die gat...hy lê vandag nog onder daai damwal....kwes of nie????
Cheers
Ek het nou 'n week terug 'n koedoebul by Nico Harris geskiet, net voor laaste lig. In daai berge word dit vinnig donker as die son sak en alhoewel ek kon sien die skoot is reg en die bok se reaksie dit bevestig het, was ek bang die lig vang my en het net 15min gewag voor ek begin klim het na die plek waar ek laaste die bok gesien het. Toe ek op die plek kom, spring die koedoe 5m van my af uit die bos uit en hardloop in die kloof af oor die pad en toe vang die donker ons. Dewald en Jan het kom help soek met flitse en alhoewel ons baie en goeie bloed gekry het, was dit bloot te gevaarlike terrein om in die donker verder te soek en dit was maar 'n droewige aand in die kamp vir my. Volgende oggend die bul mosdood, yskoud en stokstyf gekry seker 100m verder van waar ons opgehou soek het. As ek net 10min langer gewag het, was die bok dood op die eerst plek....
Laat toe die werkers en daai kortbeen Jack Russel kom om te help soek....en hulle ry toe sommer op die koei af waar sy dood lê in die pad...
Wat gebeur het was Toe hulle oor die hoogtetjie wegraak en ons hulle nie sien nie, breek sy toe weg (of word sy toe uitgedruk), alvorens die trop aftraande hol.
Soms gee n goeie skoot n man ook sommer so "kwes bok bekommernis" in jou pens.
Daai plaas se klowe, is in n ander wereld.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Hennie Dreyer
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Vir my: Kwesbok is as bloed/bewyse gevind word dit was raak, maar bok word nie gekry nie. Punt. Miskien te simplisties, maar woordspeling ens werk nie in die veld nie.
Hennie
.308 CZ 550 Lux
.308 CZ 550 Lux
- Morkel
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Dit is soos ek dit ook het. Maar jy moet bloed, been of bewys kry bok is getref.Capt. Oblivious wrote:Vissie wrote:Sodra die .30-06 op die bakkie is...
Ata
Vir my is hy n kwesbok as hy agter bly op die plaas, so basies as die jagter die call maak dat hulle hom nie gaan kry nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Maar daar is nie altyd bewyse om te kry nie. 'n Jagter het eenkeer by ons eland bul van voor af geskiet in die kop. Die bul het vir 'n paar oomblikke na die skoot steeds vir ons gestaan en kyk en toe draf hy weg. Skoot is mis verklaar agv die bok se reaksie en die feit dat ons niks op die spoor kon kry nie. Omtrent 12 ure later ry ek gou om 'n hek te gaan toemaak toe lê die elandbul langs die pad 'n paar kilometer van die oggend se skoot. Hy was nog warm gewees met dik bloed in sy neus. Skoot was te laag gewees. Ek hou vol dat baie kwesbokke in die veld agtergelos word sonder om eers te soek want dit was mos "mis" gewees. Dis nie altyd moontlik om 'n dier te kry sonder bewyse nie maar mens moet altyd soek al dink jy die skoot was mis.Blazer wrote:Dit is soos ek dit ook het. Maar jy moet bloed, been of bewys kry bok is getref.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
En daar kwes ek gister my eerste BWB. Mooi binne 40m gekom, stokke reg gekry en mooi gewag tot hy reg staan. Ek was baie gemaklik met my skoot. Bok het 150m gehardloop en gaan lê. Direk opgevolg en toe hol hy uit sig in die ongelyke terrein en heup hoogte gras. Het opgegee na 8 ure se soek. Nie lekker
Net laas week sê ek al my BWB het al bakkie gery
Net laas week sê ek al my BWB het al bakkie gery
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Daai direkte opvolg,.... lyk my het jou gekos.......
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
My ondervinding:
Ek werk as ph op 30 000ha plaas ini karoo, geen binnedrade, met vlaktes en berge, hierdie is interessante onderwerp.
Bokke wat ons meeste probleme mee kry is blesbokke en swart wildebeeste,
Ek sê gewoonlik voor die tyd as bok ni val ni skiet jy weer 2e skoot, dan sal ek skiet - eerder bok met 2 of 3 skote as betaal vir geen bok, man kan gou sien as bok nie gaan val nie, goeie verkykers help baie, en maak seker almal kyk na dieselfde bok as wat jagter op aanlê.
Maar wanneer "back up" skoot geskiet word moet voor die tyd uit gesort word.
Ek het hierdie naweek die geval gehad van man wat blesbok se voorbeen af skiet net onder bors deur, trop begin hardloop en ons ry agterna man skiet weer - mis, bokke hol nou mooi sterk, bokke deur sloot met doringbome en pad stop daar, ek spring uit en gelukkig breek afbeen/kwesbok uit trop eks gelukkig om hom raak en plat te skiet en voel tevrede vir klient se part.
Ons ry omtrent 10min om deur sloot en veld tot by bok te kom, sal man vir my sê - moet asb ni weer ons bokke plat skiet ni ons wil self, hoe ver sou dai bok in 10min agter bome buite sig gehol het en waar kry jy hom dan ?
Volgende dag los ek hulle om te maak soos hulle vra - 2 bokke het weg gekom, ek was elke keer reg om te skiet, maar nee wag ons het hom, bokke berg uit waar nie pad is nie, ek kon toe hulle sê: help - nie skoot kry of plan maak nie, uit einde man betaal vir 4 mar het slegs 2 gelaai. En ek voel sleg oor bokke wat weg gekom het.
My 2c - reel voor die tyd oor opvolg/2e skoot, bok met 2 doodskote is beter as bok met 1 skoot wat weg kom.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk

knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Stem saam met Izak. Maak die reel dat jy volgens jou oordeel sal skiet as die bok gekwes is. Die plig is om die bok so gou moontlik uit sy elende te verlos. Verantwoordelike jagters sal dit verstaan.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Feite dieEduard Venter wrote:Ek Ek hou vol dat baie kwesbokke in die veld agtergelos word sonder om eers te soek want dit was mos "mis" gewees. Dis nie altyd moontlik om 'n dier te kry sonder bewyse nie maar mens moet altyd soek al dink jy die skoot was mis.Blazer wrote:Dit is soos ek dit ook het. Maar jy moet bloed, been of bewys kry bok is getref.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1614
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Wanneer is n bok gekwes?
Ek het eenkeer ‘n eland deur die brisket geskiet. My R10,000 gekos. Net een klein bloedspatsel gekry. Na 3 dae in bos kry ek toe die trop so net voor 11:00. Bekruip tot so 50m en kyk vir die kwesbul waar hulle in die koelte staan in die droë rivierloop. Die volgendo oomlik klap ‘n skoot baie naby aan ons. Die boer het besluit hy gaan gou ‘n man sy geweer laat inskiet in die rivierloop.....
Volgens ‘n werknemer van die boer se konstruksie maatskappytjie is daardie eland 2 jaar later deur ‘n ander jagter geskiet wat R14,000 vir hom opgedok het. Netjies toegegroeide koeëlwond deur die brisket. My skoot was te laag reg van voor teen effense afwaartse hoek
“The Only Easy Day Was Yesterday”

Last edited by Francoisv on Sun Jun 23, 2019 11:42 am, edited 1 time in total.
Francois Vogel
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Op n ligter noot.
jarre terug toe ek nog n kaalvoet klonkie was en my eerste springbok gaan skiet saam oupa vra ek hom vol senuweeagtigheid: "oupa hoe sal ek weet as die bok gekwes is" Oupa sonder blik en bloos trek sy pyp hier langs my en dink so oomblik daartoor en se "seun mens praat nooit van die "K" woord voordat jy gaan jag nie! Jy sal hom hoor skree 'eina black-sam!!!'...

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
In my opinie - dis 'n kwesbok. As hy raakgeskiet is en hy lewe, dan is hy gekwes. Of hy kan weghardloop of nie, hy is nie dood nie en ek noem dit "gekwes". 'n Skoot deur die hart of longe kan dalk nog 'n bok aan die gang hou vir 'n entjie, maar in my opinie is dit nie "gekwes" nie, dit noem ek "dood op die been".tau wrote:Toxxyc so as 'n jagter die bok in sy gat skiet en albei sy bene sleep en hy kan nie weghardloop nie is dit 'n kwesbok of is hy net sleg geskiet?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Toxxyc wrote:In my opinie - dis 'n kwesbok. As hy raakgeskiet is en hy lewe, dan is hy gekwes. Of hy kan weghardloop of nie, hy is nie dood nie en ek noem dit "gekwes". 'n Skoot deur die hart of longe kan dalk nog 'n bok aan die gang hou vir 'n entjie, maar in my opinie is dit nie "gekwes" nie, dit noem ek "dood op die been".tau wrote:Toxxyc so as 'n jagter die bok in sy gat skiet en albei sy bene sleep en hy kan nie weghardloop nie is dit 'n kwesbok of is hy net sleg geskiet?
Ek verstaan nie lekker nie, besluit julle dan nou na die tyd as die bok geslag word of hy gekwes was en of hy dood op die been was?
Volgens die logika gaan alle bokke wat jy nie in die kop of sy nek/rug af skiet nie kwesbok wees todat julle hom by die slaghuis kry om te sien of hy deur die longe geskiet is. Weet jy hoe lank hardloop n groot bok as jy hom net deur een long skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
FHM wrote:Op n ligter noot.
jarre terug toe ek nog n kaalvoet klonkie was en my eerste springbok gaan skiet saam oupa vra ek hom vol senuweeagtigheid: "oupa hoe sal ek weet as die bok gekwes is" Oupa sonder blik en bloos trek sy pyp hier langs my en dink so oomblik daartoor en se "seun mens praat nooit van die "K" woord voordat jy gaan jag nie! Jy sal hom hoor skree 'eina black-sam!!!'...
Iemand hierbo het vir my die eenvoudigste en beste opsomming van 'n kwesbok gegee: Die bok wat op die plaas agterbly as jy ry. Die bok was eergister geskiet is en gister gekry is en vandag in die vleissak agter op die bakkie lê, was gekwes, maar is gekry.
Aim small, miss small
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Hennie hier is vir jou so bietjie woordspeling.Hennie Dreyer wrote:Vir my: Kwesbok is as bloed/bewyse gevind word dit was raak, maar bok word nie gekry nie. Punt. Miskien te simplisties, maar woordspeling ens werk nie in die veld nie.
Jy kom jag daar by my. Ons twee doen n goeie bekruip op n trop blouwilde beeste tot op so 40m. Daar is n mooi bul eenkant en staan prentjie plankdwars. Jy vat die skoot op die oop blad vanaf oordentlike skietstokke. Beide van ons sien hoe die bul mooi reageer na die skoot en hy is fort saam met die trop in n stof wolk. Terwyl ons die bul n tydjie gee is jy en ek dit eens die skoot het mooi geloop en die bul het daai kenmerklike gedrag getoon van n dier wat n mooi vital skoot gekry het.
Na 15 minute gaan ons na die plek waar die bul gestaan het, maar ons sien nie n enkele teken van bloed, hare, been of pensmis nie. Die spoor is ook totaal verlore tussen die trop se spore. Na 3 ure op daai trop se spore kry ons nog geen van die tekens nie. Nou vra ek jou wat is die uiteinde van die storie? Is daai bok gekwes of nie?
Groetnis
Wouter
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Wouter, ek dink dis in sulke gevalle waar integriteit en karakter na vore kom. As jy weet jy jou skoot het die bok getref en jy kry geen tekens van bloed of hare of been of spoed nie, vat dit nie jou verantwoordelikheid en aanspreeklikheid weg nie. Op einste Geelhout, het my vrou 'n koedoe geskiet met daai "wonderlike koele wat op die vel al oopmaak" en as ek nie die koedoe sien val het nie, sou ek gesweer het dit was mis, want ek het nie die impak gesien nie en daar was niks bloed waar die koedoe gestaan het of enigsins tussen daar en waar die koedoe geval het nie. Daar was selfs geen bloed na die koedoe 'n paar keer rondgeskuif is vir die foto nie.... Die goed gebeur!Wouter Roets wrote:Hennie hier is vir jou so bietjie woordspeling.Hennie Dreyer wrote:Vir my: Kwesbok is as bloed/bewyse gevind word dit was raak, maar bok word nie gekry nie. Punt. Miskien te simplisties, maar woordspeling ens werk nie in die veld nie.
Jy kom jag daar by my. Ons twee doen n goeie bekruip op n trop blouwilde beeste tot op so 40m. Daar is n mooi bul eenkant en staan prentjie plankdwars. Jy vat die skoot op die oop blad vanaf oordentlike skietstokke. Beide van ons sien hoe die bul mooi reageer na die skoot en hy is fort saam met die trop in n stof wolk. Terwyl ons die bul n tydjie gee is jy en ek dit eens die skoot het mooi geloop en die bul het daai kenmerklike gedrag getoon van n dier wat n mooi vital skoot gekry het.
Na 15 minute gaan ons na die plek waar die bul gestaan het, maar ons sien nie n enkele teken van bloed, hare, been of pensmis nie. Die spoor is ook totaal verlore tussen die trop se spore. Na 3 ure op daai trop se spore kry ons nog geen van die tekens nie. Nou vra ek jou wat is die uiteinde van die storie? Is daai bok gekwes of nie?
Groetnis
Wouter
Aim small, miss small
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Wouter ek glo jy hanteer elke bok as "gekwes" tot jy hom kry.... Maak nie saak hoe goed jy glo jou skoot was nie.Wouter Roets wrote:Hennie hier is vir jou so bietjie woordspeling.Hennie Dreyer wrote:Vir my: Kwesbok is as bloed/bewyse gevind word dit was raak, maar bok word nie gekry nie. Punt. Miskien te simplisties, maar woordspeling ens werk nie in die veld nie.
Jy kom jag daar by my. Ons twee doen n goeie bekruip op n trop blouwilde beeste tot op so 40m. Daar is n mooi bul eenkant en staan prentjie plankdwars. Jy vat die skoot op die oop blad vanaf oordentlike skietstokke. Beide van ons sien hoe die bul mooi reageer na die skoot en hy is fort saam met die trop in n stof wolk. Terwyl ons die bul n tydjie gee is jy en ek dit eens die skoot het mooi geloop en die bul het daai kenmerklike gedrag getoon van n dier wat n mooi vital skoot gekry het.
Na 15 minute gaan ons na die plek waar die bul gestaan het, maar ons sien nie n enkele teken van bloed, hare, been of pensmis nie. Die spoor is ook totaal verlore tussen die trop se spore. Na 3 ure op daai trop se spore kry ons nog geen van die tekens nie. Nou vra ek jou wat is die uiteinde van die storie? Is daai bok gekwes of nie?
Groetnis
Wouter
Die realiteit is dat daar meer kwes bokke in die veld agter bly as wat baie jagters wil erken.
Ek praat nie van misskote nie - alhoewel 'n jagter wat sy kant bring op die baan nie maklik behoort te mis nie....
Ek self het al misskote geskiet. Dit gebeur soms.
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Baasvark
My skrywe is gemik op mense wat aandring dat n bok net gekwes is as daar fiesie bewyse gelewer kan word.
Eugene jy is absoluut reg, maar onthou daai twee eienskappe wat jy noem is saam met common sense begrawe en soos jy weet het daar nie baie mense opgedaag na die diens toe nie. Dit is om verskeie van die redes en gebeurtenisse hoekom ek vas oortuig is van n misskootfooi op sekere plase.

Cbird
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Ag vergewe my maar wanneer hy in die krieket wereld beker vir Suid Afrika speel...!
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Ek stem en het dit so verstaan. My maat skiet eendag 'n rooibok van vooraf. In die bors. (mag dalk die storie vroeer gedeel het...)Wouter Roets wrote:Baasvark
My skrywe is gemik op mense wat aandring dat n bok net gekwes is as daar fiesie bewyse gelewer kan word.
Eugene jy is absoluut reg, maar onthou daai twee eienskappe wat jy noem is saam met common sense begrawe en soos jy weet het daar nie baie mense opgedaag na die diens toe nie. Dit is om verskeie van die redes en gebeurtenisse hoekom ek vas oortuig is van n misskootfooi op sekere plase.
Groetnis
Wouter
Net 'n paar hare was bewyse van die skoot. Hy het op 'n oop kol gestaan en die wind het nie gewaai nie. Ons het die bok 100m verder gekry - na 'n lange soektog (bosveld).
Vat nou dieselfde situasie in fiksburg, vrystaat. Waar die gras lank en welig is en die wind lekker kan stoot! Jy gan brul om 4 haartjies raak te sien.....
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
- Morkel
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
More manne, eerstens ek sit myself nie uit as n kenner of genoeg ervaaring om die volgende te staaf nie. Ek jag maar so 15 jaar en in die tyd seker nie meer as 100 bokke geskiet. Ek kan ook se teenwoordig in jag veld toe so 300 bokke geskiet was. In die tyd het ek n springbok met 375 deur die maag geskiet en die PH en tracker gese dis mis. Ek was egter seker oor die skoot en gaan soek na bewys. Geleer op my eerste jag by n ongelooflike tracker dat die kloutjies oop maak en toe die bewys gekry. Hom maar met voertuig gesoek op die grasvlakte en gekry.
Tweede was n bwb ook geskiet met 375. Hy het soos n perd op sy agterpote gaan staan, gekap met die voorpote weg getrek met spoed na 59m n 180deg draai gemaak met PH wat se hou hom dop hy gaan nou le. Daai dag het ek 5 bwb geskiet wat die gekweste een was. Hom het ons nooit gekry, maar 3 dae later toe ons die trop kon tel toe tally dit.
Wat ek ook ervaar is die skoot en dan die twap wat volg. Ek kan ongelukig nie dit hoor met 375, 308 maar met 6,5 wat n KD op het kan ek dit hoor. As ek egter so n entjie weg staan van die skut dan kan ek wel die twap hoor, en as dit mis is dan hoor ek die eco van die skoot wat rol.
Op die jag van 2018 het ek 3 twaps gehoor en skut en tracker het gese dis mis. Maar teen die einde van die week het ons 2 RB. en Bwb gekry wat dood is in veld. Teen die tyd het die wilde diere alreeds begin eet so kon nie skoot plasing kry maar dis wat die manne na geskiet het.
My vraag is daai twap, hoor jy hom net as jy die bok tref of hoor jy dieselfde geluid as jy n boom tref? Baie bome in die bosveld.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Tweede was n bwb ook geskiet met 375. Hy het soos n perd op sy agterpote gaan staan, gekap met die voorpote weg getrek met spoed na 59m n 180deg draai gemaak met PH wat se hou hom dop hy gaan nou le. Daai dag het ek 5 bwb geskiet wat die gekweste een was. Hom het ons nooit gekry, maar 3 dae later toe ons die trop kon tel toe tally dit.
Wat ek ook ervaar is die skoot en dan die twap wat volg. Ek kan ongelukig nie dit hoor met 375, 308 maar met 6,5 wat n KD op het kan ek dit hoor. As ek egter so n entjie weg staan van die skut dan kan ek wel die twap hoor, en as dit mis is dan hoor ek die eco van die skoot wat rol.
Op die jag van 2018 het ek 3 twaps gehoor en skut en tracker het gese dis mis. Maar teen die einde van die week het ons 2 RB. en Bwb gekry wat dood is in veld. Teen die tyd het die wilde diere alreeds begin eet so kon nie skoot plasing kry maar dis wat die manne na geskiet het.
My vraag is daai twap, hoor jy hom net as jy die bok tref of hoor jy dieselfde geluid as jy n boom tref? Baie bome in die bosveld.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Blazer uit onderviding kan ek jou verseker jy hoor daai 'dup/twap' ook as jy n boom of tak raakskiet! Dis wat bosveldjag vir my persoonlik moeiliker maak, om doodseker te maak jy skiet nie deur takke nie.Blazer wrote: My vraag is daai twap, hoor jy hom net as jy die bok tref of hoor jy dieselfde geluid as jy n boom tref? Baie bome in die bosveld. Sent from my iPhone using Tapatalk
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
This may be the safest option to avoid losses to the landowner.Wouter Roets wrote:Dit is om verskeie van die redes en gebeurtenisse hoekom ek vas oortuig is van n misskootfooi op sekere plase.
If you know you have hit the animal - whether there is blood/bone/hair/stomach contents or not - you should do the right thing and pay for the animal. Otherwise you are stealing from the landowner.
However, you don't always know. There must be countless occasions every season where the hunter is genuinely, honestly unsure whether it was a hit or not. He/she starts with that doubt and then it is compounded when there is no evidence of blood/bone/hair/stomach content. It is not that the person lacks integrity or honesty. In case of uncertainty or doubt, one should fall back on what the agreed-upon farm rules state. If the rules say the guide/ph makes the final call on whether an animal was hit or not then so be it. If the rules say that there is a % missed shot fee then so be it.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Blazer daai is 'n interessante vraag wat jy vra. Ek vermoed jy sal hom hoor as jy boom raakskiet maar weet nie of dit presies dieselfde gaan klink as dit 'n tak tref nie. Ek sal dit bietjie toets met 243 met demper op wanneer ek weer op die plaas is.
Wat ek wel ervaar het is dat nie almal 'n skoot dieselfde hoor nie. Ons het al agterkop gestaan dan klap daai skoot baie mooi dan sê die manne voor in die bakkie dit het verseker mis geklink en andersom. Met 'n goeie knaldemper is dit egter gewoonlik heel duidelik en stem die manne almal saam.