Wanneer is n bok gekwes?
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Wanneer is n bok gekwes?
Middag Forum Lede
Op ons afgelope jag het ons een kwesbok gehad, wat ons later gekry het en reeds dood was. Dit het die vraag by my laat opkom hoe bepaal n mens wanneer dit n kwesbok is. Hoe ver moet die bok gehardloop het? Hoe lank na die eerste skoot geskiet is? Hoeveel skote geskiet is? Daar is tog seker riglyne wat dit bepaal.
Hoe beskryf die jagters van Jaracal n "kwesbok"?
Ek luister, want toe ek die vraag op ons terug rit opper, het ek legio antwoorde en gedagtes gekry.
Groete Bennie Bester

9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
'n Kwesbok, in my opinie, is 'n bok wat nie in die "vinnige dood" organe geskiet is nie. Met ander woorde, die hart, longe, brein, groot are en sentrale senuweestelsel is gemis. Ek tel nie 'n skoot deur die lewer as 'n doodskoot nie want dit kan lank duur voor die bok vrek. Weereens, dis net my opinie, maar as jou skoot so swak is dat die bok tyd het om sy adrenalien uit te hardloop (gewoonlik 'n paar honderd meter maksimum), het jy 'n kwesbok op hande.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
As daar bloed, haar of been van die dier gevind word is dit 'n kwesbok. Baie misbokke verander eweskielik in kwesbokke oor gidse en jagters wat nie genoeg ondervinding en kennis het nie. In ander woorde 'n dier kan nogal ver beweeg in 5 sekondes en spoor moet maar ver gevolg word, kan wees dat eerste druppel bloed na 100meter gevind word.
Laasjaar ek het 'n njala so op afdradende van koppie geskiet van bo ek het geweet my skoot was daar maar met die spoed en afdradende het die bok seker maklik 400meter ver gevorder met geen bloed wat ons kon vind nie.

- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Raak maar nie dood
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Ek stem saam met jou beskrywing. Meeste jagters het al gekwes.Toxxyc wrote:'n Kwesbok, in my opinie, is 'n bok wat nie in die "vinnige dood" organe geskiet is nie. Met ander woorde, die hart, longe, brein, groot are en sentrale senuweestelsel is gemis. Ek tel nie 'n skoot deur die lewer as 'n doodskoot nie want dit kan lank duur voor die bok vrek. Weereens, dis net my opinie, maar as jou skoot so swak is dat die bok tyd het om sy adrenalien uit te hardloop (gewoonlik 'n paar honderd meter maksimum), het jy 'n kwesbok op hande.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Wat jy sê is baie waar. Wat dit erger maak is sommige jagters wat nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir kwes skote nie.Frederik wrote:As daar bloed, haar of been van die dier gevind word is dit 'n kwesbok. Baie misbokke verander eweskielik in kwesbokke oor gidse en jagters wat nie genoeg ondervinding en kennis het nie. In ander woorde 'n dier kan nogal ver beweeg in 5 sekondes en spoor moet maar ver gevolg word, kan wees dat eerste druppel bloed na 100meter gevind word.
Laasjaar ek het 'n njala so op afdradende van koppie geskiet van bo ek het geweet my skoot was daar maar met die spoed en afdradende het die bok seker maklik 400meter ver gevorder met geen bloed wat ons kon vind nie.
Ek gaan 2 voorbeelde noem.
1. 'n Jagter by my wat 'n kopskoot geskiet het op 'n rooibok. Ek kon nie sien of dit raak is nie (takke) en die skoot het nie duidelik raak geklink nie. Ek het geen rede gehad om te dink die skoot is raak nie maar die jagter het vir my gesê hy voel hy het die bok verseker raakgeskiet maar te laag. Ons het niks bloed of bok gekry nie maar die jagter het volgehou hy het die bok gekwes en ons moet asseblief op die uitkyk wees vir 'n afbek rooibok.
2. My jagter skiet op 'n rooibok op 'n gemaklike afstand oor die bakkie se dak. Die skoot klap baie duidelik raak op die klank en die bok trek sommer so in mekaar en struikel vorentoe voor hy verdwyn saam met die 80 ander rooibokke. Ek en die jagter beaam dat dit verseker raak was en die jagter verduidelik vir my opgewonde presies waar sy skoot getref het. Na 2 ure se soek in vrek lang gras en onmoontlik om een spoor te sny tussen 80 bokke sin is die jagter verontwaardig omdat ek dit steeds as 'n kwes skoot beskou. (die kontrak wat my jagters teken dek gelukkig hierdie situasie)
Ek reken in 'n groot persentasie van die gevalle weet die skut dadelik of hy 'n goeie of 'n slegte skoot geskiet het. Die gids het nie hierdie luuksheid nie en hy moet maar op bewyse gaan wat soms moeilik is om te vind in veld wat ruig is. Op die ou end van die dag as ek net skote skiet waaroor ek vooraf doodseker is dan weet ek dat ek nie maklik sal mis op 'n bok nie en dit spoor my aan om te soek so veel as moontlik om daai bok te kry. Ongelukkig los party mense baie maklik 'n bok in die veld sonder om te soek en dan slaap hulle steeds lekker daai aand.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Hang af wie het jou gesien!!!!! En het jy dit op Jaracal beken?
Toxxyc so as 'n jagter die bok in sy gat skiet en albei sy bene sleep en hy kan nie weghardloop nie is dit 'n kwesbok of is hy net sleg geskiet?
Kwesbok is in my opinie daai bok wat na die eerste skoot nie meer "onder beheer" is nie. Ons almal het al daai bladskoot geskiet dan steir die bok en hy wals so paar keer en woep wap tref hy die aarde morsdood. Dan het jy weer die klassieke beksoot of kambene hou. Die skoot klap en dadelik klap jou High five met jou tjommie. Want die bok val soos 'n breinskoot, en dan soos Lazarus staan daai dier op en hy raak buite jou beheer en jou hardklop buite jou bors. Nou moet jy begin draadsapn na die bok met lood of jy begin tekkeiklap op die bloedspoor.
Vra 'n ou op 'n bakkie jag wat is kwes en 'n ou in ruie bos wêreld en hulle idee van kwes verskil. In die Namib gee jy die bok sy 100 of 200m om te hol,want jy weet hy gaan uit stoom uit hardloop en gaan tel hom dan anderkant die duin op. In die bosveld is 100-200m weg, totsien Hyena kos.

Last edited by tau on Thu Jun 20, 2019 4:49 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Dis moeilik om 'n ja/nee antwoord te gee aan 'n ding wat op 'n glyskaal werk. Want as jy 'n bok (raak) skiet, gebeur enigiets tussen hy slaat net daar neer tot en met hy vrek van ouderdom met 'n letsel aan sy blad. Ek sou reken as die ou nog rondhol en sy hart klop nog, is hy gekwes. As sy hart gaan staan het met die skoot en hy gee nog so paar treetjies voor hy omval, dan is dit 'n doodskoot. Maar moet tog nie vir my vra hou jy dit met 'n verkyker gaan bepaal nie. Want jy kannie rerig se 99 tree is dood en 100 tree is kwes nie. Dis te simplisties.
Of so iets
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Hier gaan so baie goeie kommentare gegee word , na my mening is 'n bok gekwes as jy hom 'n tweede skoot moet skiet om hom te dood , M.A.W , skiet die bok en jy weet en of kan duidelik sien die bok is raak geskiet , nou begin die spoor sny , as jy hom kry binne so 80 meter radius dood le is dit volgens my nie gekwes nie ,maar as jy hom kry eers na 'n half uur se gesoek en hy moet weer geskiet word ,was dit 'n kwesbok , en as jy hom dan nou nie kry nie is dit 'n kwesbok , net my mening
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
VictorG
- Jr. Member

- Posts: 52
- Joined: Fri May 04, 2018 10:38 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Wanneer betaal jy as jagter vir die kwesbok , maw op watter gronde/feite bepaal die eienaar dat die bok gekwes is en Wet van Tvl geld ?
BRNO 7X57 1983
Obendorf Mauser 8x57 JS 1932
Mossberg ( Springfield ) 30-06
Ivor Johnson 1930
Obendorf Mauser 8x57 JS 1932
Mossberg ( Springfield ) 30-06
Ivor Johnson 1930
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Gewoonlik as daar bloed gevind word. Dit meen dat alle skote wat die bok raak kwesskote is.VictorG wrote:Wanneer betaal jy as jagter vir die kwesbok , maw op watter gronde/feite bepaal die eienaar dat die bok gekwes is en Wet van Tvl geld ?
Ek het verlede week 'n blesbokram geskiet wat 'n skoot deur die spier aan die bokant van die voorbeen gehad het wat ek skat so 2 weke of meer oud was. Dit is 'n skoot wat min bloed gooi en nie raakgesien word wanneer die bokke hardloop nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Ek dink waar jy jag sal 'n groot effek he op wat as "kwes" beskou moet word.
Die naweek verby skiet ek 'n swb in Luckhoff se wereld. Die wind stoot en ek misgis my en mik net te ver af (vir die wind).
Skoot is duidelik raak en die bok wys hakke. Seker so 500m voor hy geval het. Omdat die wereld oop is, kon ek hom heeltyd dophou en sien hoe sy stoom begin op raak.
1 skoot en hy het geval.
Dieselfde skoot in die bosveld sou 'n heel ander uitwerking gehad het....
Ons kry almal daardie onverklaarbare skoot wat nie heeltemal tref waar hy moes nie.
Dus is dit (vir my) die veiligste om alle skote, waar die bok nie onmiddelik val nie, as kwes skote te hanteer. Veral in ruig areas en digte bos.
Ek neem die skoot. Die verantwoordelikheid is myne. Ek moet eerder bewys dit was mis - want baie skote wys nie nie bloed of hare nie....
En ja, ek het al gekwes - al 3 keer in my lewe. Net een nie gekry nie, 24 jaar terug toe ek nog jonk en dom was!
Die jaar 20 bokke geskiet en 'n vark gekwes....
Hom gekry, maar nie my beste oomblik nie!
Tensy hy daar, of binne 20m val, sou ek dit as 'n kwes skoot hanteer.
Sent from my SM-G975F using Tapatalk

375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Net so n 2c....is ons geweer jagters nie dalk soms te haastig om die bok te gaam soek en veral in die bosveld. Met die boog jag bv. word jy geleer om minstens 15 min te wag as jy dink die skoot was goed en minstens 30 min te wag as jy dink die skoot is minder goed, soos n dubbel long skoot. As n skoot dalk nie heeltemal in die kassie was nie en jy is te gou op sy spoor help sy adrenalien hom dalk net nog verder aan.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Stem 100%!jdpretorius wrote:Net so n 2c....is ons geweer kagters nie dalk soms te haastig om die bok te gaam soek en veral in die bosveld. Met die boog jag bv. word jy geleer om minstens 15 min te wag as jy dink die skoot was goed en minstens 30 min te wag as jy dink die skoot is minder goed, soos n dubbel long skoot. As n skoot dalk nie heeltemal in die kassie was nie en jy is te gou op sy spoor help sy adrenalien hom dalk net nog vefder aan.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Vriend van my het vroeer die jaar in Pongola 'n vlakvark gekwes.
Ons was onmiddelik op die spoor (my fout!) omdat ons bang was hy verdwyn in die ruigtes in.
Na so 15min kry ons hom waar hy le - toe spring hy op en verdwyn in die ruigtes in!!!
Daar was heelwat bloed en ek glo as ons nog 15min gewag het sou hy bly le het.
Rookie fout!
Sent from my SM-G975F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Moet ook saamstem met daai een...sit en wag 10-15min....soms hoor jy hom sommer doodskoppe gee tussen takke en plante.
Maar as jy te gou nader...maak daai lood pil hom weer gesond...dan is dit honde kry ens. ens.
Laasjaar word n vark geskiet...jagter call die skoot goed en ons volg die bloed...tot in die gat...hy lê vandag nog onder daai damwal....kwes of nie????
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
My beskeie mening. Dit is moeilik om te veralgemeen. Soms is die bok bewus van die jagter en al skiet hy hom deur die hart, hardloop hy nog 100m. Wat die 2 de skoot betref, partymaal kry/ sien jy die bok le met sy kop nog op maar weet nie verseker hoe goed die skoot geplaas was nie. Skiet hom dan weer. Die jag is nie altyd die ideale resultaat soos jy dit voorsien het nie.
Al kwes jy n bok (wat nie gekry word nie,) voel jy baie sleg, maar as jy alles reg en veratwoordelik gedoen het, is dit darem n troos. Die meeste mense maak maar foute. Is daar dalk mense wat byvoorbeeld nog nooit sy kar se bakwerk teen iets gekrap of gestamp het nie?
Al kwes jy n bok (wat nie gekry word nie,) voel jy baie sleg, maar as jy alles reg en veratwoordelik gedoen het, is dit darem n troos. Die meeste mense maak maar foute. Is daar dalk mense wat byvoorbeeld nog nooit sy kar se bakwerk teen iets gekrap of gestamp het nie?
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Ons het eenmaal op n plaas gejag waar die boer n paar snaakse manierkies gehaad het....van die manne in die wild bedryf ken hom as Piet-vloek....in elk geval, my pel skiet n waterbok koei (sy 2de jag), sy hardloop toe so 50m en gaan lê. Die skoot was goed maar nie deur die hart nie. Die boer spring onmiddelik uit die bakkie en jaag die bok n stewige ent, deur die ruie gras, wal af bla bla bla, en gee haar n kop skoot. My gevoel was dat ons net rustig was sou ons haar opgelaai het waar sy gaan lê het.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Stem met Frederik.Frederik wrote:As daar bloed, haar of been van die dier gevind word is dit 'n kwesbok. Baie misbokke verander eweskielik in kwesbokke oor gidse en jagters wat nie genoeg ondervinding en kennis het nie. In ander woorde 'n dier kan nogal ver beweeg in 5 sekondes en spoor moet maar ver gevolg word, kan wees dat eerste druppel bloed na 100meter gevind word.
Laasjaar ek het 'n njala so op afdradende van koppie geskiet van bo ek het geweet my skoot was daar maar met die spoed en afdradende het die bok seker maklik 400meter ver gevorder met geen bloed wat ons kon vind nie.
Pens skote wys ook nie dadelik bloed nie en soms sny jy ver spoor om die eerste bloed te kry. As die pens skoot, selfs bladskoot nog tussen n trop ook is / was raak dit nog moeiliker. IMO is dit maar die inbors van die jagter. Meeste van die tyd weet mens as n bok gekwes is, tensy jy jou oe toemaak as jy die skoot aftrek
Die ander belangrike aspek wat die manne ook hier noem is om paar minute te wag na jou skoot. Veral - maar nie uitgesonder tot blad skote. N goeie bladskoot sal die bok gewoonlik binne 50 m laat rus. Spring jy op en 'jaag' die bok (bosveld) is die kanse goed dat jy n laaang soek gaan he. In die Kalahari of vlaktes sal dit natuurlik minder van n probleem wees. Ek het al gemsbok gesien wat 2-300 m verder eers gaan val na n perfekte bladskoot.
Last edited by FHM on Mon Jun 24, 2019 10:57 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Vissie
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Sodra die .30-06 op die bakkie is...
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Ek sal selfs aanbeveel dat mens langer as net 15 min moet wag. Met boogskiet het ek geleer dat jy 30min wag voor jy opvolg na 'n goeie skoot, 45min as jy onseker is en ten minste 90 min na 'n swak skoot.Cobus(Cobb) wrote:Moet ook saamstem met daai een...sit en wag 10-15min....soms hoor jy hom sommer doodskoppe gee tussen takke en plante.
Maar as jy te gou nader...maak daai lood pil hom weer gesond...dan is dit honde kry ens. ens.
Laasjaar word n vark geskiet...jagter call die skoot goed en ons volg die bloed...tot in die gat...hy lê vandag nog onder daai damwal....kwes of nie????
Cheers
Ek het nou 'n week terug 'n koedoebul by Nico Harris geskiet, net voor laaste lig. In daai berge word dit vinnig donker as die son sak en alhoewel ek kon sien die skoot is reg en die bok se reaksie dit bevestig het, was ek bang die lig vang my en het net 15min gewag voor ek begin klim het na die plek waar ek laaste die bok gesien het. Toe ek op die plek kom, spring die koedoe 5m van my af uit die bos uit en hardloop in die kloof af oor die pad en toe vang die donker ons. Dewald en Jan het kom help soek met flitse en alhoewel ons baie en goeie bloed gekry het, was dit bloot te gevaarlike terrein om in die donker verder te soek en dit was maar 'n droewige aand in die kamp vir my. Volgende oggend die bul mosdood, yskoud en stokstyf gekry seker 100m verder van waar ons opgehou soek het. As ek net 10min langer gewag het, was die bok dood op die eerst plek....
Aim small, miss small
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Admin has suspended Vissie's account for malicious and derogatory commentsVissie wrote:Sodra die .30-06 op die bakkie is...
As dit raak was en jy kry nie die bok nie
'n Pel het saam my n Alldays 'n koedoe koeie geskiet, goeie skoot volgens hom. My gewone 30 min gewag. Toe begin spoor sny, niks bloed wat ek kon sien nie, maar die spore dui wel ongemak aan. Soek orals sien niks. Klim in bakkie en ry, 200m verder lê sy langs die pad. Terloops met 'n 9,3 geskiet. Dieselfde vriend het 'n skoot geskiet op 'n koedoe bul, niks gekry geen beseerde spoor of bloed. Maand later kry ek 'n jong bul met gat deur horing basis - seker net-net hoog genoeg gewees om been te tref. Die man was vrot en ons kon hom gelukkig verlos.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Dit is my "mantra" in die bos, tensy ek die bok sien dood neer val. Ek vat my foon sit die stop hoorlosie aan en laat dit loop vir 30 min, klaar. Jy dink maklik na 15min se stil sit die tyd is op.Eugene wrote:As ek net 10min langer gewag het, was die bok dood op die eerst plek....
Ek het eendag 'n man gevat vir sy 1ste rooibok, sommer met my 243. Met die KD het die bok die skoot gevat en so paar tree gestap. Die res van die ramme het bly maal en blaas om hom maar nie gehardloop nie. Ons het nie tyd gevat nie maar die ram was seker so 10min op sy voete. Toe begin hy lyk soos man wat te veel Brannewyn gevat het. Nog so 1min toe val hy en die res van die trop laat loop.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Heinf
- Full Member

- Posts: 141
- Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Kom en sit nog n draaitjie by as julle my vir 2 min toelaat om te semi hi-jack
Ek persoonlik so 3 jaar terug skiet die donderdag middag ons geliefde arms mans buffel
Skoot so +- 80m reg van voor . Skoot tref mooi in die kol waar ek wil skiet . BWB sak net daar in mekaar. Ek maak toe regvir opvolg skoot want dit was op daardie stadium my eerste BWB en ek het toe al baie goed gehoor oor hoe taai hulle is.
Ek en PH beweeg stadig nader en so 30m van die BWB af sping die girl op. Net toe ek geweer lig toe druk die PH die loop terug grond toe en se hy het die impak gesien sy het nie nog n skoot nodig nie ons sal haar binne kort optel waar sy weer gaan le.
Lang storie kort ... saterdag oggend skiet ons haar weer om klaar te maak. dit was lank spoorsny en bloed soek, en ja nou ken ek ook die plaas.
Kwesbok verseker !
Maar hoe hanteer mens so situasie as ons haar nou nie gekry het nie? ek was reg vir opvolg skoot en die PH het my gestop.

Nee wat Hein daai PH het aangejaag hy moet pa staan daarvoor.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wanneer is n bok gekwes?
Vissie wrote:Sodra die .30-06 op die bakkie is...
Ata
Vir my is hy n kwesbok as hy agter bly op die plaas, so basies as die jagter die call maak dat hulle hom nie gaan kry nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.