BSA Boresight

Post Reply
ShaunG
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Tue Feb 13, 2018 9:31 am

BSA Boresight

Post by ShaunG »

Goeie Middag Almal

Ek het altyd gewonder en wonder steeds.

Hoe kry 'n ou die BSA boresight dat hy "level" in jou kaliber se loop sit sodat jy jou teleskoop ook dan kan "level" vasmaak?

Mis ek iets? Die kaliber pen wat saam kom druk eenvoudig net in die loop in en draai in die rondte heel maklik en sal skeef staan.

Let wel ek draai dit nou nie in die rondte nie omrede ek nie my loop wil beskadig nie, maar die boresigh sit nie 100% reguit om so dan na dit te kyk met jou teleskoop nie.

Help asb! :)
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: BSA Boresight

Post by knipmes »

More
Ek het so n probleem met n ou Bushnel Bore sighter gehad. Draai net n stuk "masking tape" om die pen .Net genoeg om die pen dan styf in die loop te laat pas. Dit het vir my gewerk. Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: BSA Boresight

Post by tripodmvr »

Die boresighter of kollimator is daar om die kruishaar te rig sodat loop en siglyn by mekaar uitkom. Die kruishaar se orientasie moet jy met 'n loodlyn regstel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply