Word ons Disarm??
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Word ons Disarm??
Rede ek die vra is na gelang van al die comments en replies op FB van landsgenote wat gereeld noem hou ons Keisers ons wil ontwapen. Gewoonlik tutens of net na wapen berigte of nuusdekkings.
Ek glo dis 'n tuimeldroer met xxxx in daar by CFR, maar ek dink as jy jou dinge betyds doen, jou 90 dae(soms biki langer) wag en jou heraansoeke doen soos jy moet,,,,staan ons liksense en besit v wapens, nog redelik sterk
Wat is jou mening.....en dink jy ons word ontwapen??
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Word ons Disarm??
Ek dink die skroewe word beslis aangedraai. Ek hoor al hoe meer van mense wie kla dat aansoeke sonder meer afgekeer word sonder behoorlike redes. Wat die redes daarvoor is is 'n ander storie. Ek dink dit het in meeste gevalle met onbevoegde amptenare te doen en dalk 'n kombinasie van persepsies dat misdaad die oorsaak is van wettige wapens. En dalk ook 'n bietjie politieke onsekerheid.
Maak 'n verskil
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Word ons Disarm??
Cobus, ek stem met jou saam.
Onbevoegdheid aan die goverment se kant maak dat onkundige landsburgers oordadige uitsprake maak oor die onderwerp. Ons twee gaan seker nou-nou pak vat, maar tot nou kon ek nie kla nie. Wees vriendelik en beleefd met jou DFO, al verag jy hom of haar. Sorg dat jou eendjies in gelid is en moenie iemand dreig of aanstoot gee nie.
Ek hou styf duim vas, want ek gee more my .22 se aansoek in.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Word ons Disarm??
Ondanks die feit dat daar baie onbevoegdheid is by amptenare en sommiges magsbehep is en weet hulle kan aansoek sonder rede afkeur, dink ek ons is in Suid Afrika nogtans in 'n baie gunstige posisie. As jy kyk na wapen beheer in die buurlande moet ons nie te hard kla nie.
Maak 'n verskil
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Word ons Disarm??
Ek het 'n video van ons president gesien waar hy bevestig sy uiteindelike doel is 'n wapen vrye SA. Of dit nou al aan die gebeur is kan ek nie verseker se nie maar ek twyfel nie dat dit die regering se mikpunt is nie.
https://www.youtube.com/watch?time_cont ... yw1mjdUxo0
https://www.youtube.com/watch?time_cont ... yw1mjdUxo0
Last edited by Hein22 on Wed Jun 12, 2019 4:44 pm, edited 4 times in total.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Word ons Disarm??
Ek dink die CFR is so toegegooi onder aansoeke dat hulle sommer partykeer net die REJECTED stempeltjie uitpluk om van die las ontslae te raak.
Dit, of GOSA gee elke keer vir hulle R50 as hulle jou afkeur en jy dan by GOSA loop aansluit om te help met die "appeal".
Dit, of GOSA gee elke keer vir hulle R50 as hulle jou afkeur en jy dan by GOSA loop aansluit om te help met die "appeal".
Of so iets
- JurieW
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm
Re: Word ons Disarm??
Sover dit my aangaan, is enige vorm van wapen beheer se uiteinde ontwapening.
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1614
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: Word ons Disarm??
Plaaslike dryfmiddels word al hoe skaarser en beskikbaarheid aan die publiek gaan mettertyd heeltemal wegkwyn.
Wanneer ons dan totaal afhanklik is van buitelandse dryfmiddels word die invoer daarvan verbied.
Die parra kom nie agter dat die vuurtjie onder die pot gestook word nie.
“The Only Easy Day Was Yesterday”

Francois Vogel
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Word ons Disarm??
As daar te veel parras uitspring omdat die regering die vuur te vinnig gestook het gooi hulle vir n tydjie nie meer hout op nie tot die oorblywende parras dink hulle is in die sauna!Francoisv wrote:Plaaslike dryfmiddels word al hoe skaarser en beskikbaarheid aan die publiek gaan mettertyd heeltemal wegkwyn.
Wanneer ons dan totaal afhanklik is van buitelandse dryfmiddels word die invoer daarvan verbied.
Die parra kom nie agter dat die vuurtjie onder die pot gestook word nie.
“The Only Easy Day Was Yesterday”
DD
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Word ons Disarm??
Wette is geskryf sonder behoorlike raadpleging en wat gelei het tot die administratiewe berg waarin die CFR hulle nogsteeds bevind. Hier is waar die moeilikheid begin het. Meng dit saam met die politieke speletjie en jy het 'n bom. Stadig maar seker word die krane toe gedraai vir die normale ou wat 'n vuurwapen besit
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
-
Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
Re: Word ons Disarm??
By die laaste wapen vernietiging het Bheki Cele, die Minister van Polisie, beaam wat die president gesê het. Hulle soek nie wapens in burgers se hande nie.
-
ShaunG
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Tue Feb 13, 2018 9:31 am
Re: Word ons Disarm??
Nie maklik nie, baie geraas maar dit sal nie gebeer nie
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Word ons Disarm??
@Kneuwel, wat is volgens jou fout met die wapenwet soos hy nou staan.
Ek be-aam dat daar 'n knoop in die pyp is wat die CFR aanbetref, maar is dit nie omdat die kaders wat daar ontplooi is, eintlik maar net herontplooi is vanaf die "re-cycling" maatskappy op die vuillis-terrein nie?
Ek be-aam dat daar 'n knoop in die pyp is wat die CFR aanbetref, maar is dit nie omdat die kaders wat daar ontplooi is, eintlik maar net herontplooi is vanaf die "re-cycling" maatskappy op die vuillis-terrein nie?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Word ons Disarm??
Shaun die geraas wat hulle maak raak nou amper oor verdowend. Net laas week is berig hoe die private veiligheids maatskappye se vlerke geknip gaan word mbt n groot verskeidendeheid wapens wat hulle nie meer mag gebruuk in die uitvoer van hul take nie.
-
ShaunG
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Tue Feb 13, 2018 9:31 am
Re: Word ons Disarm??
Alles is draft niks en niemand het gsê DIT SAL verander nie, hulle sal nie wen in die hof nie. Die feit dat misdaad so hand uitruk ondersteun ons en die veiligheids maatskappye se saak om misdaad te beveg.savage(P Coetzer) wrote:Shaun die geraas wat hulle maak raak nou amper oor verdowend. Net laas week is berig hoe die private veiligheids maatskappye se vlerke geknip gaan word mbt n groot verskeidendeheid wapens wat hulle nie meer mag gebruuk in die uitvoer van hul take nie.
Neem jy die enigste "tool" weg is die land en sy mense wat dit bestuur in 'n baie ongemaklike posisie.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Word ons Disarm??
Die dryfmiddel skaarste is weens die ontploffing by Somchem se fabriek - so tensy dit sabotasie was verstaan ek nie daai argument nie.
Die vermindering van klein wapens "small arms" is 'n wêreld wye beleid en word gedryf deur die VN en natuurlik al die onderduimse magte en kragte. Nou "small" arms is veronderstel om AK47's te wees, maar die perde reken sommer dan raak ons ook ontslae van pistole, jag gewere ens. Want onthou meeste van hulle wat die septer swaai is liberale humaniste en veganiste. Ons regering val ook in want dit maak weer vir hulle kommunistiese/sosialistiese agergrond sin -totale beheer van landsburgers. Hulle word sterk beinvloed deur GFSA en glo nie aan die regte van die individu nie.
Gideon Joubert het dit nou die dag mooi uitgedruk. Hierdie is nie 'n vat die wapens by witmense ding nie. Daar is sedert 2010 meer wapen eienaars van ander rasse as ons. Maar ek glo mense soos GOSA en SA Jagters en ander belange groepe veg die goeie geveg.
Ja daar is baie geraas - moenie verdrink in dit nie. Sosiale media is funksioneer om daai histerie op te sweep. Soos met baie goed vandag moet jy op klim in die hoër takke en bietjie die groter prentjie na kyk.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Word ons Disarm??
Gawie die oordra van SAP350 vorms tussen handelaars. Die oordra vanaf invoerpermit na die handelaar is ook een administratiewe nagmerrie. Loopvervangings en aksies was van die begin af een groot gemors. Toegewyde motiverings wat uitgegooi word. Waarom moet 'n uitvoerpermit om in die buiteland te gaan jag na die Register toe gaan?? So gaan die lys aan.. as jy hierdie klas werk vir iemand gee wat dit nie eintlik wil doen nie dan eindig jy op met waar ons nou sit. Hierdie goed moes in die eerste plek meer doeltreffend geskryf gewees het.
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Word ons Disarm??
Carl wrote:Die dryfmiddel skaarste is weens die ontploffing by Somchem se fabriek - so tensy dit sabotasie was verstaan ek nie daai argument nie.
Die vermindering van klein wapens "small arms" is 'n wêreld wye beleid en word gedryf deur die VN en natuurlik al die onderduimse magte en kragte. Nou "small" arms is veronderstel om AK47's te wees, maar die perde reken sommer dan raak ons ook ontslae van pistole, jag gewere ens. Want onthou meeste van hulle wat die septer swaai is liberale humaniste en veganiste. Ons regering val ook in want dit maak weer vir hulle kommunistiese/sosialistiese agergrond sin -totale beheer van landsburgers. Hulle word sterk beinvloed deur GFSA en glo nie aan die regte van die individu nie.
Gideon Joubert het dit nou die dag mooi uitgedruk. Hierdie is nie 'n vat die wapens by witmense ding nie. Daar is sedert 2010 meer wapen eienaars van ander rasse as ons. Maar ek glo mense soos GOSA en SA Jagters en ander belange groepe veg die goeie geveg.
Ja daar is baie geraas - moenie verdrink in dit nie. Sosiale media is funksioneer om daai histerie op te sweep. Soos met baie goed vandag moet jy op klim in die hoër takke en bietjie die groter prentjie na kyk.
Jip.
En dan die algemen besit van vuurwapens het baie toegeneem as pre 1994 Suid-Afrika. Self toe kon jy nie soveel wapens jy wou aanskaf nie en jy het nie semi-auto's besit teensy jy sekuriteit of anti poaching kon bewys op jou plaas of beroep nie.
Ek dink verseker SAPS wil ons met minder wapens los, maar as Gosa , Sa Jag en die Wapen hendelaars aanhou druk met hofsake gaan SAPS heeltyd vure doodslaan en nie daarby maklik kan uitkom nie.
Ek moet wel noem ek bly in die Kaap en my DFO praat Afrikaans met my en is vriendelik so iemand in Limopo of Natal voel seker anders as ek.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Word ons Disarm??
Tau, ek is in Limpopo en voel dieselfde. Ek het al 4 my vuurwapens en lisensies sonder drama of bystand bekom, als self gedoen. Ons DFO personeel in Polokwane het baie werk, maar was oor die jare nog net regverdig en billik.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Kubus
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am
Re: Word ons Disarm??
Ons is nou so effens van die onderwerp af, maar hier by ons ken ons almal die DFO persoonlik.
Met my hernuwing van my vuurwapenlisensies einde verlede jaar, vergeet ek een ekstra stel motiverings.
DFO se toe:"Moenie worry nie oom, ek ken jou mos al jare, ek sal self motivering skryf."
En daar kry ek toe na so 3 maande my hernude bevoegdheid en lisensies.

30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber