Help met kaliber keuse asb

Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Help met kaliber keuse asb

Post by Andre308 »

Kyk daar by Humansdorp se Ko op. Hulle het nou specials op die Howa stock.

Amper seker daar was n Creedmoor of 2 in die lys.

Ek weet van n paar 6.5 Creedmoors wat hulle primer pockets so bietjie los geskud het.

Ek self skiet n Howa 6.5 Creedmoortjie, maar my Lapua doppe het nognooit primer pocket issues gegee nie.

As ek dinge oor kon doen met n paar rand meer tot my beskiking, dan het ek n Tikka gekoop in 6.5x55 en hom die Ackley "treatment" gegee, maar niks wen n Howa 6.5 Creedmoor vir waarde vir geld nie...as jy n 6.5 mm dikloop geweer soek.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Help met kaliber keuse asb

Post by Apie »

Andre308 wrote:Kyk daar by Humansdorp se Ko op. Hulle het nou specials op die Howa stock.

Amper seker daar was n Creedmoor of 2 in die lys.

Ek weet van n paar 6.5 Creedmoors wat hulle primer pockets so bietjie los geskud het.

Ek self skiet n Howa 6.5 Creedmoortjie, maar my Lapua doppe het nognooit primer pocket issues gegee nie.

As ek dinge oor kon doen met n paar rand meer tot my beskiking, dan het ek n Tikka gekoop in 6.5x55 en hom die Ackley "treatment" gegee, maar niks wen n Howa 6.5 Creedmoor vir waarde vir geld nie...as jy n 6.5 mm dikloop geweer soek.
Net as hy meer as 410 skote gee.....


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Help met kaliber keuse asb

Post by Hercules Louw »

DD, jou vergelyking tussen die twee doppe is geldig, maar die rek van die slagdoppie gate is slegs van toepassing wanneer daar oormaat druk is. Hou ook in gedagte dat meeste ander kalibers se doppe in die web area lyk soos die Creedmoor en nie soos die 6.5x55 Lapua doppe nie. Dan het jy die opsie van klein slagdoppies by die Creedmoor wat die prentjie weer heeltemal in die Creedmoor se guns verander as dit by die hantering van oormatige druk kom.

Wat ek wel kan sê is dat die Sweedse Mauser met sy lang keel nie die probleem het van onverwagte hoë inisiële druk (shot start pressure) wat kalibers met korter kele soos die 6.5 Creedmoor het nie. Met die Creedmoor moet jy die spoed meet en sorg dat jy in lyn met herlaaihandleidings bly (+-2700ft/s met 24 duim loop) en nie net die QL ladings en druk blindelings vertrou nie. Die aanvanklike druk met die lang 140gr tipe koeëls is hoër as QL se verstek waardes.

Soos ek in my artikel gesê het is die Sweedse Mauser die beter keuse as jy nie herlaai nie, en die geweer net vir jagdoeleindes gebruik word. As jy herlaai en ook baanskiet gaan doen is die 6.5CR die beter keuse. Die moderne dopontwerp en kleiner dopvolume maak dat goedkoop gewone rakgewere soos die Howa maklik vir jou 0.5moa akkuraatheid gee. As jy 'n dikloop 6.5 Sweedse Mauser soek sal jy na Tikka moet kyk

Blink Stefaans, my aanbeveling is koop vir jou 'n 24 duim dikloop Howa, jy wen omtrent niks met die 26 duim loop nie en dit is net nog meer ongemaklik as jy 'n knaldemper opsit.
Hieronder is 'n dikloop barreled action vir R7950
https://www.habitatafrica.co.za/product ... ed-action/
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Help met kaliber keuse asb

Post by Wouter Roets »

Dankie Hercules

Baie mooi opgesom.

Groetnis
Wouter
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Help met kaliber keuse asb

Post by Blink Stefaans »

Dankie vir julle aanbevelings.
Lyk tog asof daai Creedmoor gaan doen wat ek van hom vra.
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Post Reply