Vervanging van verlore Jagmes

Enige iets tov messe.
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Blitzzz wrote:Ek sukkel om verby messe te loop en nie bietjie te staar. Soos gewoonlik wag ek om gehelp te word en kyk bietjie rond en so die oudjie gewaar. Met die noem van die silwer victorinox vroeer op die draad het dit my laat nader kyk. Ek was heel verbaas met die kwaliteit en die grootte, kan sien dat dit n lekker mes kan wees. Dit was die Hunter Pro M Alox.
Maar vir sy prys koop ek eerder 3 honey badgers, veral vir werks messe. Ek is al op my tweede honey badger, eerste een verloor. Ek verkies wel die een met die “gut hook”.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Nice. Eks bly jy bring die Gut Hook op. Hoe belangrik ag julle dit op 'n Jagmes?
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Eduard Venter »

KillMurphy911 wrote:Eks bly jy bring die Gut Hook op. Hoe belangrik ag julle dit op 'n Jagmes?
As jy een van die manne is wat gereeld pens trek in die veld sou ek 'n penshaak sterk oorweeg. Andersins is dit steeds baie handig maar nie so kwaai belangrik nie. As ek die opsie het sal ek altyd eerder 'n penshaak gebruik om pens uit te haal as 'n mes sonder 'n haak.

My EDC en jagmes is dieselfde mes en daarom het hy nie 'n penshaak nie. Maar my Leatherman het nou weer 'n penshaak en hy jag saam meeste van die tyd.


Sent from my SM-A520F using Tapatalk
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Blitzzz »

Vir my werk die penshaak (leer lekker goeie afrikaans op jaracal) baie goed, as jy eers hom gebruik het mis jy hom as hy nie daar is nie.
Vir my tipe jag is dit nodig, maar as jy nie self pens uithaal nie, glo ek n mes sonder n penshaak is sterker en lyk ook beter afgerond.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Arnold »

@Walter, die ontwerp vir die nuwe model met D2 staal is verander. Hulle is bietjie duurder as die met 8CR13MOV soos wat in jou foto is. Ek het niks van daai choil gehou nie en sien nie die nut in die medium en large messe nie maar mens sou kon redeneer daarvoor in die kleintjie.

@KillMurphy911, ek dink die Honey Badger is goeie waarde vir geld met die D2 staal. Die liner lock is maar 'n liner lock en op die stadium is ek nie bekommerd nie maar sien ook nie dat hierdie 'n rede vir bekommernis is nie. Ek beplan nie om die sterkte van die lock ooit te toets nie en ek dink vir normale gebruik sal hy 100% wees.
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Ek trek nie baie pens nie (dalk een keer in 2 jaar wat ek kans kry om self af te slag) so gaan my dan nie blind staar teen 'n penshaak nie. Dankie julle.

Ja, ek en my probleem met liner locks wat nie voldoende sluit nie kom al 'n geruime tyd saam. Ek moet net noem dat die twee gevalle waar die liner lock nie die pyp gerook het nie was dit met goedkoop sakmesse. Goedkoop, nie net in prys nie aar ook in bou. Harde lesse geleer in die tweede geval waar ek myself lelik gesny het. Sal my leer om met 'n stomp, goedkoop mes te werk!
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Arnold »

Vertel bietjie wat gebeur het asb.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Man, die eerste keer toe was ek besig om biltong te sny op daai manier waar jou duim in die slag kan bly as jy nie versigtig is nie, In elke geval, die biltong was bietjie hard en die mes bietjie stomp e hoe minder die mes sny hoe harder druk 'n man mos! Die basis van die lem skuif toe verby die liner lock en die agterkant van die lem knyp toe my vingers vas teen die hef. Geen beserings behalwe vir my ego nie.

Tweede geval was ek besig om 'n gaaitjie in 'n stuk leer te maak toe die liner lock fail en die lem toe vou en amper my vingers afsny.

Daar is min goed so gevaarlik soos 'n stomp mes. Koppel dit saam met 'n gebruiker wat dalk te veel van die mes verwag dan kom daar net moeilikheid
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Arnold »

As ek reg verstaan het die eerste een die mes verder oopgevou en nie toe nie?

Mens moet ook pasop dat mens nie met gebruik self die liner lock disengage nie. Dit kan ek sien gebeur as jy styf vashou en jou hand se posisie verander.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by KillMurphy911 »

Arnold wrote:As ek reg verstaan het die eerste een die mes verder oopgevou en nie toe nie?

Mens moet ook pasop dat mens nie met gebruik self die liner lock disengage nie. Dit kan ek sien gebeur as jy styf vashou en jou hand se posisie verander.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Korrek!

Dit is so, in die eerste geval kon ek die liner lock weer kry om te "fail" deur sommer op die grond te druk met die lem. Daai mes is asblik toe.

Die tweede mes kan ek nie onthou nie maar dit is moontlik dat ek die liner lock kon gedruk het. User error maak reeds 'n groot deel van baie ongelukke uit. Met die thumb safety op die Ruike mes hoef ek darem nie daaroor te bekommer nie
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Arnold »

Die liner lock kan nie keer dat 'n mes verder oopmaak nie en daar is veronderstel om 'n stop pin te wees wat hiervoor keer?

Ja, sodra jy jou mes gebruik vir goed behalwe sny moet jy versigtig wees. Ek is altyd versigtig dat omdat ek bang is my mes beskadig en om daardie rede vra ek gewoonlik ook eers wat iemand wil doen as hy vra of ek 'n mes het ... want ek het 'n mes om iets te sny maar my my is nie 'n skroewedraaier of pry-bar nie :)
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Dirkvh »

Rudiejacobs wrote:Dis vir my snaaks dat niemand van Muela praat nie.

Vir my is dit baie gawe messe teen n goeie prys.

Rudie.



Sent from my LG-X230 using Tapatalk
Ek het tweede handse Muela Kodiak met horing handvatsels raakgeloop, bitter goeie mes. Dit is nie 'n werksmes nie, hy word net saamgevat op spesiale trippies. Daaglise dra en werksmesse is Kershaw skyline, CRKT M16 en Ka-Bar Dozier. Volk slag met Opinel carbon nr8 messe, baie cheap en raak vlymskerp.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
Walter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 489
Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Walter »

Arnold wrote:@Walter, die ontwerp vir die nuwe model met D2 staal is verander. Hulle is bietjie duurder as die met 8CR13MOV soos wat in jou foto is. Ek het niks van daai choil gehou nie en sien nie die nut in die medium en large messe nie maar mens sou kon redeneer daarvoor in die kleintjie.
Arnold, wat is jou opinie van D2 vs 8Cr13?
Waar het jy jou Honey Badger (D2) gekoop?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Arnold »

Hi Walter
Ek het die D2 staal messe nog te kort om te sê maar kan wel sê dat 8cr13mov vir my te vinnig stomp raak.

Volgens spesifikasies behoort die D2 baie goed te doen maar sy nadeel is dat hy nie so stainless is nie. Hierna sien ek egter ook uit om te sien hie die patina ontwikkel.

Ek het by Swartbaard EDC gekoop maar sien nou 480BC.co.za is goedkoper en hulle het voorraad. Kry sommer n medium en large

Edit: Ek is bv ook teleurgesteld deur die s35vn van my maar dit is omdat ek meestal n Spyderco Dragonfly met ZDP189 staal dra. 8cr13Mov sal ek beslis nie weer kooo nie!
Walter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 489
Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Walter »

Arnold, my beperkte ervaring met 8Cr13 is met Enlan se Roller mes. Dis 'n goedkoop mes. Mens verwag natuurlik nie hoë verrigting van 'n goedkoop mes nie, maar Enlan het my werklik beïndruk. Die messe maak maklik skerp en bly redelik goed skerp. Ek wil nie sukkel om 'n mes skerp te maak nie.


Ek het 'n Honey Badger met 8Cr13 staal. Ek het hom nog nie soveel gebruik dat ek werklik 'n opinie kan uitspreek van hul 8Cr13 nie, maar ek hou baie van Enlan s'n (veral ook in ag genome die prys). Die Honey Badger se choils is 'n irritasie. Ek hou egter van die res van die ontwerp van die mes. Ek sal die Honey Badger in D2 nogal oorweeg.
Walter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 489
Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm

Re: Vervanging van verlore Jagmes

Post by Walter »

Arnold wrote:Gister die een gekry, ek dink hy gaan mooi werk as n groot knipmes.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190606/a704345f8bc245f15b6d443a41b45002.jpg

Sy kleiner boete gaan ook lekker dra
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190606/3b6aac885ac6912b9d6925662b142b98.jpg

Hoe hulle saam lyk
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190606/6b6a9c03f21995510bfc49a0f5d1935a.jpg

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Arnold, hoe ervaar jy die nuwe Ratels in D2?
Post Reply