Is daar ‘n self defence thread?

Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Is daar ‘n self defence thread?

Post by JJV »

My hart is seer oor twee kinders wat sonder diesel op hiway gn staan het en summier dood geskiet is. Ek het nie kinders nie, maar hoe gaan jy jou kinders beveilig??


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Is daar ‘n self defence thread?

Post by Ds J »

Hierdie is n baie gevoelige tema, nog te meer in n politieke ontvlambare situasie soos SA. n Persoon van 16 jaar kan n vuurwapen besit. Dit sal al kan help. Die ander manier is om altyd voorkomend op te tree - ten minste so ver moontlik.

Ek het net kennis geneem van die moorde, en daarom is dit moeilik om meer te sê.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Is daar ‘n self defence thread?

Post by Carl »

Daar is besprekings op die handwapen forum, maar dit taan in vergelyking met Arno se video.

Dit is beslis nie maklik in so situasie nie. Wetsgehorsame normale mense het altyd 'n agterstand. Maar as jy nie begin om 'n vuurwapen te dra nie en reg te oefen nie, gaan dit nie beter word nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Is daar ‘n self defence thread?

Post by Harambe »

Die beste ding is om daai situasie in die eerste plek te voorkom. maak seker die kar is in goeie werkende toestand, en maak seker jy het altyd genoeg brandstof om ten minste so 100km te ry. Dis minder as 'n kwart tenk, maar 100km is ver genoeg dat jy iewers kan kom wat veilig is.

My vrou se kar se clutch kabel het eendag reg langs 'n plakkerskamp gebreek. Goddank iemand het haar gesleep tot by 'n polisiestasie waar ek haar kon kom help en huistoe sleep. Ek het daai dag nog 'n nuwe clutch kabel gaan koop, ingesit en die ding verkoop en 'n kar met 'n meganiese clutch gekoop. Daardie dag het ek my spierwit geskrik.
Of so iets
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Is daar ‘n self defence thread?

Post by Ratel »

JJV wrote:My hart is seer oor twee kinders wat sonder diesel op hiway gn staan het en summier dood geskiet is. Ek het nie kinders nie, maar hoe gaan jy jou kinders beveilig??


Sent from my iPhone using Tapatalk
Om te antwoord op die oorspronklike vraag van JJV.
Ja dis 'n nagmerrie. Ons kinders het nog nie soveel gesien en te doen gehad met misdaad nie en is soms nie so ingestel soos baie van ons nie.
'n Pa voel magteloos as jy jou kind op 'n Sondag middag sien terug ry varsity toe en veral as jy weet hy het nog nie 'n handwapen van sy eie nie. My kinders skiet gereeld met al my wapens en ek doen my bes om hulle paraat te maak. Maar ongelukkig is niks hiervan enige waarborg nie.

Ek maak dit my plig om mense in my buurt, in my skiet organisasie, by my werk en onder my vriende te probeer inlig en paraat maak.

Miskien is dit 'n goeie idee om so 'n draad te begin en dan kan almal deel wat van die maatreels is wat hulle in plek het. (Sonder om natuurlik op 'n openbare forum jou veiligheid en die van jou familie te kompromiseer)
Maak 'n verskil
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Is daar ‘n self defence thread?

Post by FHM »

Carl het lank terug reeds so draad begin ;)
viewtopic.php?f=1&p=681066#p681066
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Is daar ‘n self defence thread?

Post by Ratel »

FHM wrote:Carl het lank terug reeds so draad begin ;)
viewtopic.php?f=1&p=681066#p681066
Dankie FHM. Ek het al vergeet van daai een.
Maak 'n verskil
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Is daar ‘n self defence thread?

Post by Carl »

Ratel wrote:
FHM wrote:Carl het lank terug reeds so draad begin ;)
viewtopic.php?f=1&p=681066#p681066
Dankie FHM. Ek het al vergeet van daai een.
Ek ook :o Dankie FHM
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply