Naand. Sal iemand asb vir my 'n QL analise doen
Wapen: Howa 6.5 CR 24” bull barrel stainless
Kaliber: 6.5 CR
Koeel: Lapua Scenar 123GR
Koeel gewig: 123gr
Maak Dop: Starline
H2O dop: 52 GN
Slagdop: cci450 small rifle primer
Loop Lengte: 24"
TPL: 70.5mm
Kruit: HODGDON H4350
Ladings en spoed:
41,3 2714
41,5 2727
41,7 2744
41,9 2778
42,1 2785
42,3 2790
42,5 2819
42,6 2824
42,9 2844
43,1 2857
43,2 2889
43,5 2909
Baie dankie
Lapua scenar QL analie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lapua scenar QL analie
41,8 vir 2772vps. Die node boontoe is oor maks druk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: Lapua scenar QL analie
baie dankie. Los ek die tpl soos is of het QL 'n beter lengte
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: Lapua scenar QL analie
En is bogenoemde speod by die loop of by die chronny
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lapua scenar QL analie
QL kan nie TPL aanbevelings doen nie. Dit is anders van geweer tot geweer en maak min verskil aan spoed. Die 15vps verskil wat ons gebruik is ook binne die wisselings op die chrony. Kyk wat maak die groepe met 41,8-42gr.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Lapua scenar QL analie
Gerrie, ek sug sommer namens Tripod.
Eerstens vra 'n mens asseblief.
Jy het darem dankie gesê.
Tweedens, het jy al Wouter en Tripod se skrywes oor QL gelees?
Indien nie, sal ek jou sterk aanraai om dit te doen. Sodoende sal jy jouself en die manne wat jou met QL help baie tyd spaar.
Eerstens vra 'n mens asseblief.
Tweedens, het jy al Wouter en Tripod se skrywes oor QL gelees?
Indien nie, sal ek jou sterk aanraai om dit te doen. Sodoende sal jy jouself en die manne wat jou met QL help baie tyd spaar.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: Lapua scenar QL analie
Ek weet presies wat die implikasie is met die tpl. Ek het egter nog nooit QL gebruik of selfs dit gesien nie. Hoe moet ek weet wat QL kan doen of nie doen nie.
Deur verskeie toetse, en die resultate in Excel te plot, het ek baie naby aan die voorgestel QL lading gekom. Inteendeel dit vat omtrent 15 skote. Ek was onder die indruk QL doen veel meer. Ek verstaan dan nie hoekom n mense so baie betaal vir QL
Deur verskeie toetse, en die resultate in Excel te plot, het ek baie naby aan die voorgestel QL lading gekom. Inteendeel dit vat omtrent 15 skote. Ek was onder die indruk QL doen veel meer. Ek verstaan dan nie hoekom n mense so baie betaal vir QL
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Lapua scenar QL analie
Ek sien jy is 'n ingenieur. Kom ek teken vir jou 'n prentjie; Om met behulp van Excel lading ontwikkeling te doen is soos om met 'n tekenbord en 'n potlood planne te teken.gerrie_CPT wrote:Ek weet presies wat die implikasie is met die tpl. Ek het egter nog nooit QL gebruik of selfs dit gesien nie. Hoe moet ek weet wat QL kan doen of nie doen nie.
Deur verskeie toetse, en die resultate in Excel te plot, het ek baie naby aan die voorgestel QL lading gekom. Inteendeel dit vat omtrent 15 skote. Ek was onder die indruk QL doen veel meer. Ek verstaan dan nie hoekom n mense so baie betaal vir QL
QL is soos Solid Works. Punt.
Lees asseblief Wouter se skrywes oor Quickload. Jy sal dan verstaan.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapua scenar QL analie
Laat ek dalk probeer help...mens moet dalk eers Chris Long se skrywe oor die OBT teorie lees voor jy begin leer uit Wouter & oom Driepoot se skrywe anders is dit als meer Grieks
Gerrie, verduidelik dalk eers wat jy bedoel as jy sê jy weet presies wat die uitwerking van TPL verstelling is....in terme van groep verandering of weet jy dalk wat die effek op druk en spoed is ?
QL gebruik basies jou TPL om beskikbare dop volume te bepaal, terwyl manne wat probeer help ook wil weet hoe naaby jy aan die lande is....daarom dat Gawie sê jy moet eers daar gaan lees.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan