25-20 winchester

Post Reply
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

25-20 winchester

Post by Frikkie Coetzee »

Menere

Laai iemand vir diou 25-20.

Ek soek nog mense wat saam met my sukkel om komponente te kry. Dalk kan ons ladings ens uitruil

Frikkie
Cradock
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 25-20 winchester

Post by Lourens »

Frikkie en het vir jou 'n pm gestuur...

Groete,

Rooijakkals
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 25-20 winchester

Post by .::Alwyn-U::. »

post asb ladings op hierdie topic, ek wil graag sien hoe die roer gooi. ;)
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: 25-20 winchester

Post by Christo Els »

.::Alwyn-U::. wrote: post asb ladings op hierdie topic, ek wil graag sien hoe die roer gooi. ;)
Ek stem
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 25-20 winchester

Post by .::Alwyn-U::. »

Ek kom nou nog nie oor dit nie, het guster ons kliente gaan haal en gewere gaan inskiet toe bring daai man 'n 325 WSM saam.. volgens wiki is sy balistics soos volg: 220gr teen 2880vt/s of so iets..

Dit lyk na 'n lekker kudu kaliber daai! ;D

Jammer ek moes manet noem, ek was rerg beindruk want ek ken maar net die "algemene" kalibers..

So baie kalibers waarvan ons nie weet nie..

;D
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: 25-20 winchester

Post by Frikkie Coetzee »

Reg

Alwyn as jy die 325 like gaan jy nie die 25-20 like nie.
Ek het in n boedel n Savage model 23 opgespoor in die kaliber en dit het my getikkel want dit is n kaliber wat omtrent niemand ken nie.Ek  kon nie dat die polisie die geweer vernietig nie.

Ek het met BAIE gesukkel doppe en die regte punte en matrysse gekry. Gelukkig kon ek n paar pakke 60 gr FN punte en gegote loodpunte kry in 86 grein kry.
Het eers probeer eers 32 -20 doppe afnek VERGEET daarvan voor ek doppe in die hande kon kry. Dit werk nie. Of die doppe vou of hulle val heeltemal in mekaar. Ek neem aaan oor die wand so baie dun is. ( ek het steeds so 70 32-20 doppe as iemand weet wie soek)

Akkuraatheid is goed. Op 25 meter is al my skote onder n 1/2 duim. Honderd meter sit al my skote in die doodmaak area van n springbokteiken.
Moes die visiere heeltemal verander want die vorige eienaar het n Snyder visiere op gegom met lood. Jy kan dit nie soldeer noem nie. Ek het nooit op 100 n groepering probeer skiet nie. Seker te bang gewees al my moeite werk nie.

Ek het op S265 besluit want dit was die naaste aan die aanbevele Amerikaanse kruit. Ek wil net weer my log boek gaan kyk oor die spoed maar ek het  besluit op 9.0 gr S265 en kry so1600 fps. Ek kan bietjie hoer gaan maar ek wil m doppe spaar.
Ek gebruik kleingeweer primers maar wil oorslaan na pistool primers omrede die slagpen maar dik is met n swak veer. Ek kry soms weierings Die sagter primers sal in my opinie die probleem help oplos.

Ek het laasjaar n paar ape en hase en selfs springhase geskiet. Die naweek het ons n ou geweer skiet. My Martiniis nog op die krukke lys so ek gaan met die 25-20 skiet.
Hopelik het ek Maandag nuus oor haar eerste bok in seker 40 jaar.

Frikkie










Hopelik het ek maa]
Cradock
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: 25-20 winchester

Post by Frikkie Coetzee »

Iets vergeet

Daar is meer as een weergawe van die kaliber. Ek het die kleiner een van die twee.

Frikkie
Cradock
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 25-20 winchester

Post by .::Alwyn-U::. »

Jitte frikkie ek is mal oor enige kaliber moenie se ek sal nie van hom hou nie ;D

Klink nogsteeds lekker as jy eers begin praat van ladings ens.. dan raak ek sommer opgewonde  ;D

Groete
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: 25-20 winchester

Post by Frikkie Coetzee »

Alwyn

Dit is nie lelik bedoel nie. Party mense is net magnum mal. Ek nie. Ek hou van die geweer wat die job doen.

Frikkie
Cradock
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 25-20 winchester

Post by baboonstalker »

Hier is 'n stukkie oor die roer:

http://en.wikipedia.org/wiki/.25-20_Winchester

en uit Cartridges of the world:
[img width=488 height=480]http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... n10033.jpg[/img]
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: 25-20 winchester

Post by Frikkie Coetzee »

Baboon stalker

Jy het die verkeerde 25-20 beet. As jy die stuk lees oor die 25-20 Single shot sal jy sien dat die 25-20 WCF eers later ontwikkel is. Vir alle praktiese doeleindes dieselfde as die 25-20 Marlin.

Kyk in COTW na die stuk oor die CURRENT rifles. Dit is my primere bron van inligting gewees toe ek begin het.

Die bladsy wat jy wys is oor die Obsolete Cartridges. Glo dit of nie, Die WCF weergawe is nog nie obsolete nie.

Ek is verbaas oor die baie kommentaar oor die ou patroontjie moet ek se. Sien my volgende stukkie!

Groete
Frikkie
Cradock
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: 25-20 winchester

Post by Frikkie Coetzee »

Soos ek gese het Vrydag, het ek toe die naweek gaan jag met die ou geweer.

3 springbokke geskiet en n kwesbok doodgeskiet.

Sringbok nommers 2 en 3 was alles in orde. Albei skote was net agter die blad en albei bokke het nie meer as 10 tree gemaak nie. My eerste bok het my weereens gewys hoe belangrik is skootplasing. My eerste  skoot was te laag en het die been van die blad getref. Alhoewel die bok duidelik seer gehad het en nie gehardloop het nie, moes ek hom weer skiet. In die nek. Dalk net n swak afgetrekte skoot maar dit was weereens beaam aan my dat jy baie versigtig moet wees as jy met kleinkalibers skiet.

Ek is nie oortuig dat die kaliber die penetrasie het om elke keer n doodskoot te verseker nie en voel ek die risiko om met hom springbok te skiet is slegs aanvaarbaar as jy jou skote met die oopvisiere beperk tot so 50 tot 70 meter. My trompsnelheid is laag en het dit dalk iets te doen daarmee.

Na die ondervinding van die naweek is dit my gevoel dat ek in die toekoms eerder net hase dassies en ape sal skiet met die 25-20.

Het reeds Sondag punte gegiet vir my Martini Henry...... vir volgende oopvisier jag.

Frikkie
Cradock
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 25-20 winchester

Post by .::Alwyn-U::. »

Toema Gromit, no offence taken!  ;D
Post Reply