Trust jy die Gunsmith

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Trust jy die Gunsmith

Post by Albertdwk »

Het so ruk terug 'n hou gevat. Verlede jaar my Howa laat bed en paar ander dinge gedoen by 'n geweersmid, als het mooi terug gekom. Geweer het beter geskiet as wat ek kan so ek was te vrede. So 2 maande terug haal ek hom uitmekaar. Tot my onsteltenis, nie na my sin nie(dalk moet dit so lyk maar nie vir my nie). Ek wil nie hê ons moet name rondgooi nie, elkeen se opinie en smid verskil, maar is seker van julle het al so iets oorgekom.
DSC_0014.JPG
DSC_0015.JPG
DSC_0023.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by Albertdwk »

Soos hy nou lyk, dink DIY het beter afgeloop.
DSC_0059.JPG
DSC_0060.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by Alwin »

Albert. Jou DIY "joppie" lyk baie netjies. Dis hoekom ek ook self my eie werkies doen. Kan dit altyd oordoen as daar probleme is, sonder om vir iemand anders kwaad te word.

As ek so na jou smid se werk kyk, het ek 'n paar kommentare. Op die oog af lyk dit heel funksioneel. Lyk of hy Brownells Accraglass gebruik het. Die bietjie epoksie agter die "tang" gedeelte, by agterste aksieskroef, bekommer my. Ek verkies 'n effense spasie tussen die aksie se "tang" en die kolf, sodat hy nie daar kraak a.g.v. terugskop nie. Dis veral belangrik op die groter kalibers wat meer skop. Die werk is nie netjies afgerond nie, maar dis weggesteek binne-in die kolf en niemand gaan dit sien nie. Solank hy reg skiet, is dit seker aanvaarbaar? Die ekstra moeite wat jy ingesit het om die werkie netjies te kry, het heelwat tyd in beslag geneem. Sou jy vir die ekstra tyd wou betaal het?

Jy moet ook kyk na die dikte van die epoksie en wat dit aan die spasie tussen jou loop en kolf doen. Jou smid het die minimum epoksie ingesit, om spasies op te neem, maar sonder om die loop en aksie op te lig. Ek vemoed jy het die loop en aksie effens gelig? Of het jy 'n paar millimeter se hout onder die epoksie verwyder? Dis eintlik die regte metode na my mening.

Uiteindelik is die maatsaf op die teiken. Al lyk die meisie (se onderklere) nie te waffers nie, maar sy kan 'n barshou kook, dan sal jy darem nie gewig verloor nie. Selfde beginsel geld seker vir gewere ook? :)
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by jdpretorius »

Albert, ek het die selfde stel as jy af getrap.... ek kan ongelukkig nie sien in watter area jy is nie.
Ek stoei nog erg met die "name en shame" want ek wil nie rerig he ander manne moet die selfde stel af trap nie.

Ek sou ook graag 'n lys wou sien van goeie smede per area.

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by Albertdwk »

Alwin, wat my pla is, ek het die kolf tweedehands gekoop. Hy was klaar gebed, jy sal die bruin laag onder sien. Allowel dit ook op 'n Howa was het die aksie styf te styf ingegaan en het amper ongelyk. Ek het hom mooi gevra dat dit presies moet wees, asook pillar bedding. Die voorste pillar was omtrent 4mm van die knok af toe ek als weg Dremel. Het als weg gevat tot in die hout, die loop mooi in die channel "gecenter" en toe gebed saam pillars.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by Alwin »

Ja. Ek het ook 'n kleintjie dood in die ouens wat hulle 2de handse kolwe adverteer wat "klaar gebed" is. So al asof dit hom meer werd maak. Dis nie op my loop en aksie gebed nie, dus dien dit geen doel nie.

Daar is 2 maniere om 'n bed "job" te doen: Funksioneel of Netjies. Ek hou van funksioneel EN netjies, dus doen ek dit self. Ek sien jy het dieselfde idee gekry.

Jy mooet ook een ding van wapensmede verstaan. Almal is goed met iets, maar nie ene is goed met alles nie. Ek gebruik net die wat weet waarmee hulle goed is. As jou wapensmid dus huiwerig is om 'n werkie te doen, wees dankbaar hy stel jou in kennis, en moenie sy arm draai om dit wel te doen nie.
MB James

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by MB James »

Hallo Albert

Ek het die naweek begin om 'n Laminate kolf vir my RSA heeltemal af te skuur en wil hom nou netjies maak. Ek wil hom ook graag pillar en bed maar ek geniet dit so baie om aan hierdie kolf te werk dat ek dit alles sommer self gaan doen.
Ek het vanaand solank begin om die aluminium vooraf te draai vir die pilare.

Ek wil sommer my eie geskrifie begin hier op die forum. Ek het jou netjiese handewerk gesien en wil graag weet watter poxy jy gebruik het om jou geweer se bedding te doen.

Ek probeer ook uitvind watter dikte verskil tussen die binne en buite diameter van die pilare moet wees.

Groete.

Sent from my S60 using Tapatalk
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by Albertdwk »

Hi MB,
Het Steenvas gebruik, dink dit werk maklik vir die eerste keer. Dit loop nie so maklik nie, dink dit help om makliker te werk. Die pillars se wand dikte sal ek so veel maak as wat toelaat, myne is nog te klein na my sin. As ek moet skat so tussen 3mm tot 4mm. Maak net seker jou inside diameter is groot genoeg dat jou aksie se skroewe kan "float" binne in.
MB James

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by MB James »

Albertdwk wrote:Hi MB,
Het Steenvas gebruik, dink dit werk maklik vir die eerste keer. Dit loop nie so maklik nie, dink dit help om makliker te werk. Die pillars se wand dikte sal ek so veel maak as wat toelaat, myne is nog te klein na my sin. As ek moet skat so tussen 3mm tot 4mm. Maak net seker jou inside diameter is groot genoeg dat jou aksie se skroewe kan "float" binne in.
Dankie Albert.

Ek het die week begin om die ou pakwerk van my 'nuwe' kolf uit te krap met 'n bytel. (Ek besef nou ek het die projek 'n hele jaar lank laat sloer. Image)
Dit lyk soos 'n Wilson's toffie soos wat ek dit uit skil met die bytel. Uitsonderlik swak.
My grootste boor punt wat ek het is 13mm en my Pilar wil ek 14mm probeer hou. So sal maar met 'n growwe vyl die laaste bietjie moet weg vyl.
Hoeveel 'float' reken jy moet daar in die pilare wees?
Ek wil ABE Epideemix 372 epoxy gebruik. Het julle enige kennis van dit?

Sent from my S60 using Tapatalk
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by Albertdwk »

Myne float so +-1mm na 'n kant toe, dink nie dis so belangrik hoeveel hy float nie maar dat hy wel float om spanning te voorkom. Epideemix werk baie goed, dit loop makliker as steenvas, daarom werk dit bietjie moeiliker, onthou net jy bed nie 'n half duim nie net +-1 tot 2mm maksimum so moenie onnodig te veel epoxy opsit nie.
MB James

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by MB James »

Albertdwk wrote:Myne float so +-1mm na 'n kant toe, dink nie dis so belangrik hoeveel hy float nie maar dat hy wel float om spanning te voorkom. Epideemix werk baie goed, dit loop makliker as steenvas, daarom werk dit bietjie moeiliker, onthou net jy bed nie 'n half duim nie net +-1 tot 2mm maksimum so moenie onnodig te veel epoxy opsit nie.
Ok reg so baie dankie vir die raat. Jou steenvas job lyk regtig baie mooi gedoen.
As jy moet kies tussen steenvas en die Epidermix, wat dink jy moet ek eerder gebruik?
Ek het twee van die 90ml blikkies gekoop.

Sent from my S60 using Tapatalk
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by Albertdwk »

As ek moet kies, devcon eerste, epidermix tweede en dan steenvas. Jy gebruik baie min, daai 90ml gaan meer as te veel is. Devcon is baie duur, om baie geld te betaal vir iets wat jy nie gaan gebruik nie tensy jy 10 gewere wil bed.
Steenvas werk net makliker vir beginner, jy vee dit maklik met 'n nat lap af, dit word vinning droog, dit word klip hard en is nogal moeilik om na die tyd mooi skoon te dremel.
Die epidermix is meer werkbaar na die tyd, weet mense kleur hom ook om by die kolf te pas. Dit loop wel bietjie makliker en vat langer om droog te word maar as al jou prep werk reg is gaan dit vinning. Dink die resep is om net genoeg te gebruik om als te "cover" sodat as jy jou aksie insit dit nie oorals uitpeel nie.
Hoop jy kom reg
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by Hein (Haan) »

https://www.6mmbr.com/pillarbedding.html
Volg die man se raad hy gee baie goeie raad om dit reg te doen


Sent from my iPhone using Tapatalk
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by Eugene »

Chrisjan het so paar jaar terug vir my ‘n bedding job gedoen op ‘n 375R. Dit het die beste deel van 6 ure geneem, van kolf voorbereiding tot die laaste afronding. Die fooi was toe R1500. Ek onthou dat terwyl ek gestaan en kyk het wat hy doen, dat ek by myself gedink het dit is nie die moeite werd om R1500 te spaar en alles self te doen nie. As mens handig is en weet wat jy doen, is daar gee rede waarom jy dit seker nie self kan doen nie, maar ek sal nie al daai werk vir net R1500 doen nie.....
Aim small, miss small
MB James

Re: Trust jy die Gunsmith

Post by MB James »

Baie dankie vir die raat Albert en Hein. Ek het die naweek darem my pilare gedraai en pasgemaak en daarna met die Epidermix in posisie gegom.
Ek behoort môre dalk te kan begin met die voorbereiding vir die glasbedding.
Ek geniet dit nogals maar het nogals gestress toe ek die 13mm gate moes oplyn en boor vir die pilare.
IMG-20190428-WA0159.jpeg
IMG-20190428-WA0165.jpeg
IMG-20190428-WA0178.jpeg
Sent from my S60 using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply