Jag ons werklik eties?

Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Nella »

Nope...ek werk harder aan my jag ladings as aan my papier skiet ladings..
Eks n swak skut en weet dit...so ek sorg dat my skieters en my ladings reg is ten alle tye.

Nou 'n vriendelike vraag aan julle slim manne. .
Scenario 1..
Stap laat middag op pad terug kamp toe...kry 'n gemmie wat op so 140m reguit vir my staan en kyk.
Skiet hom vryhand en gee so 15 min kans.
Vat die duidelike hardloop spoor maar die donker vang my na so 170m .
Vroeg volgende oggend weer op sy spoor en kry die gemmie letterlik nie 10m van waar ek op gehou het die vorige aand nie...
Bok was plat binne 200m van waar af hy die skoot gekry het.
Glad nie baie beïndruk met my swak skiet werk nie en nog minder dat ek so laat in die eerste plek geskiet het.
Scenario 2
Sit rustig en wag by 'n watergat. ..blouwildebees kom in ...wag dat die man sy kop sak en gee hom 'n breinskoot.
Dier is dood voor hy die grond tref.
Nou my vraag
Watse een van die twee bogenoemde scenarios was nou die mees "etiese" jag/skiet gewees?

My beskeie mening. ..
Dood skiet en "eties" werk nie vir my in die selfde sin nie.
As ek 'n bok was en iemand vra my hoe ek verkies om gejag te word. .Sal my antwoord definitief wees dat ek nie gejag wil word nie. Maar as ek uit die twee boonste scenarios moet kies, sal ek maar die vinnigste dood verkies.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by tau »

Nella wrote:Nope...ek werk harder aan my jag ladings as aan my papier skiet ladings..

Jy kan mos nou nie 'n vraag so laai nie!!!

Scenario een is nie eties nie omdat die jagter nie moes skiet nie. Ek was al daar en het amper my duurste kwesbok so verloor gelukkig gekry met die hulp van honde.

Ongelukkig stem ek saam met jou uiteinde dat die dier so vinnig en pynloos as moontlik sal wil vrek, maar gelukkig kan bokke nie praat nie. Kan jy dink hoe sou hulle in die oggend voor die jaghuis se deur staan en klets het.

Ek voel Etiese jag is 'n klomp reëls wat mense vir hulleself opmaak om beter te voel oor jy 'n dier doodmaak.

Ek wil nie by water jag nie, want ek glo die diere moet veilig voel hier en 'n beter kans hê.....Oom Leeu gee nie om as hy sy bok binne 'n watergat vang nie.

Ek wil bok so vinnig en pynloos as moontlik doodmaak......Wildehonde eet sommer aan lewendige diere se boud.

Ek wil graag stap en jag en nie vanaf voertuie skiet nie..... Arende vlieg en vang diere wat nie kan vlieg nie.

So ek voel nul vir eties, maar ek wil beter voel as ek die bok jag vir my plesier en darem deel wees van die natuur en voel die bok was nie 'n slagdier in 'n drukgang nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Ratel »

Ek vermoed etiek en 'n gesonde gewete is nogal verwand .........
Maak 'n verskil
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Koos Barnard »

Nella
Jy se jy is 'n swak skut en weet dit...
Hoekom dan 'n gemsbok op 140m uit die vryhand skiet? Gaan dit nie eerder oor verkeerde keuses terwyl jy weet jy 'n swak skut is nie. Ek baklei nie of wil nie 'n onnodige debat aan die gang sit nie, maar was die etiese ding nie in die eerste plek om nie te geskiet het nie?
Mooi loop
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Nella »

Respek aan julle manne. Sal enige dag saam julle 'n kamp vuur deel.
Julle antwoorde be-aam dit.
Koos Barnard wrote:Nella
Jy se jy is 'n swak skut en weet dit...
Hoekom dan 'n gemsbok op 140m uit die vryhand skiet? Gaan dit nie eerder oor verkeerde keuses terwyl jy weet jy 'n swak skut is nie. Ek baklei nie of wil nie 'n onnodige debat aan die gang sit nie, maar was die etiese ding nie in die eerste plek om nie te geskiet het nie?
Mooi loop
:)

Oom Koos...oom se vraag is presies die vraag wat gevra moes word.
En dit is wat ek probeer oor dra as ek dit so kan stel..
Verskoon maar ek is rêrig nie goed met woorde nie.
Eties begin en eindig by jou as jagter..wees eerlik met jou self..hou op dat jou ego jou slegte besluite in die jagveld laat maak en skiet jou bok op die beste moontlike manier tot wat jy in staat is.
As dit op die voete is...mooi..as dit agter van die bakkie af is of uit die windpomp daar op die klip koppie, as dit die beste kans is om daai dier die beste skoot moontlik te gee,doen dit dan so.
Wees eerlik met jou self en doen die regte ding.
O ja... ??? Daai gemmie het darm nie 'n te slegte skoot weg nie..een long gekry maar het die hart gemis en dis al rede hoekom hy so "vêr" gegaan het.
Ek het hom binne 'n paar sekondes na die skoot gehoor takke breek en val..maar was nie voorbereid op die donker gewees nie en soos oom Koos gesê het. ..ek moes nie daai skoot gevat het nie.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by JPS »

tau wrote:
Nella wrote:Nope...ek werk harder aan my jag ladings as aan my papier skiet ladings..
Eks n swak skut en weet dit...so ek sorg dat my skieters en my ladings reg is ten alle tye.

Nou 'n vriendelike vraag aan julle slim manne. .
Scenario 1..
Stap laat middag op pad terug kamp toe...kry 'n gemmie wat op so 140m reguit vir my staan en kyk.
Skiet hom vryhand en gee so 15 min kans.
Vat die duidelike hardloop spoor maar die donker vang my na so 170m .
Vroeg volgende oggend weer op sy spoor en kry die gemmie letterlik nie 10m van waar ek op gehou het die vorige aand nie...
Bok was plat binne 200m van waar af hy die skoot gekry het.
Glad nie baie beïndruk met my swak skiet werk nie en nog minder dat ek so laat in die eerste plek geskiet het.
Scenario 2
Sit rustig en wag by 'n watergat. ..blouwildebees kom in ...wag dat die man sy kop sak en gee hom 'n breinskoot.
Dier is dood voor hy die grond tref.
Nou my vraag
Watse een van die twee bogenoemde scenarios was nou die mees "etiese" jag/skiet gewees?

My beskeie mening. ..
Dood skiet en "eties" werk nie vir my in die selfde sin nie.
As ek 'n bok was en iemand vra my hoe ek verkies om gejag te word. .Sal my antwoord definitief wees dat ek nie gejag wil word nie. Maar as ek uit die twee boonste scenarios moet kies, sal ek maar die vinnigste dood verkies.
Jy kan mos nou nie 'n vraag so laai nie!!!

Scenario een is nie eties nie omdat die jagter nie moes skiet nie. Ek was al daar en het amper my duurste kwesbok so verloor gelukkig gekry met die hulp van honde.

Ongelukkig stem ek saam met jou uiteinde dat die dier so vinnig en pynloos as moontlik sal wil vrek, maar gelukkig kan bokke nie praat nie. Kan jy dink hoe sou hulle in die oggend voor die jaghuis se deur staan en klets het.

Ek voel Etiese jag is 'n klomp reëls wat mense vir hulleself opmaak om beter te voel oor jy 'n dier doodmaak.

Ek wil nie by water jag nie, want ek glo die diere moet veilig voel hier en 'n beter kans hê.....Oom Leeu gee nie om as hy sy bok binne 'n watergat vang nie.

Ek wil bok so vinnig en pynloos as moontlik doodmaak......Wildehonde eet sommer aan lewendige diere se boud.

Ek wil graag stap en jag en nie vanaf voertuie skiet nie..... Arende vlieg en vang diere wat nie kan vlieg nie.

So ek voel nul vir eties, maar ek wil beter voel as ek die bok jag vir my plesier en darem deel wees van die natuur en voel die bok was nie 'n slagdier in 'n drukgang nie.
Mees nugtere (taalgebruik is seker heel verkeerd :-\ ) denkwyse wat ek in lang tyd gelees het.

Hou van jou manier van dit opsom Tau.
User avatar
Jagpoleon
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sun Oct 22, 2017 8:15 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Jagpoleon »

As ek maar ook my stuiwer in die armbeurs kan gooi sal ek begin deur te sê dat etiek wyd geïnterpreteer kan word en in baie omstandighede sal afhang wat die morele standaarde van die meerderheid van ‘n sekere groepering mense is. Die meerderheid van ‘n groep se morele waardes en gevoel oor ‘n sekere saak bepaal dus wat eties korrek is.

Vir hierdie rede sal mens nooit op ‘n punt uitkom by ‘n punt waar almal presies saamstem oor wat dan nou onetiese of etiese optrede gedrag dan nou sal wees nie. Mense se denke, morele waardes en etiek word grotendeels beïnvloed deur ervarings in die verlede en hoe jy opgevoed is en natuurlik wat jy waargeneem het. Elke persoon sal maar vir homself moet besluit of hy/sy met sy gewere sal kan saamleef as hy iets doen of nie iets dien nie. As ek wonder of iets eties is dan doen ek gewoonlik dit nie.

Ek dink ook nie mens moet te maklik oorgaan na stereotipering nie. Ek persoonlik verkies om nie vanaf ‘n bakkie of uit ‘n skuiling in die bosveld te skiet nie, maar as iemand anders dit wil doen is dit sy saak.

Wat jag interresant maak is juis die kans dat jy onsuksesvol kan wees en die feit dat jy baie keer besluite in kort oomblikke moet neem, welke besluite ernstige gevolge kan hê. Mense verskil, omstandighede verkil en die redes waarom wild geskiet wird verskil en daarom sal elke man vir homself kan besluot wat onder daardie heersende omstadighede eties korrek sal wees. Hy sal dan natuurlik bereid moet wees om daarmee saam te leef.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by FHM »

Koos en Tau, ek vereenselwig my met julle interpretasies! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Apie »

Julle het alles mooi opgesom.

Ek dink ook soos Nella en ander hierbo het is dit baie belangrik om jou beperkings as skut te ken en binne dit te jag.

Oefen gereeld uit veld posisies vir jou bosveldjag.
Mens dink mos dis maklik om op 50meter n goeie skoot te skiet, gooi bietjie bokkoors, ‘n ongemaklike skiet posisie en ‘n geweer wat net 2 maal n jaar uit die kluis kom bymekaar dinge loop sommer gou skeef.

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Gawie(13mm) »

Ek wil my verstout om te sê dat die deursnee lid op Jaracal, redelik dieselfde voel mbt. tot my aanvanklike vraag, naamlik:Ek wil graag probeer verstaan hoekom ons, ons beste probeer om een gat op papier herhaaldelik raak te skiet en dan ons patrone met die meeste waggel of die doppe met die grootste volume verskil vir die jag te los?
Elke man se gewete is sy hoeder. Dit is iets wat jy saam met moedersmelk inkry en gevorm word deur ander na wie jy opsien en vertrou.

Dankie dat Jaracal 'n openbare forum is waar ek van ander kan leer en my eie mening kan vorm met die hulp van lede soos julle.
Die vraag was nie; wat bestempel jy as eties nie? >:D

Jul antwoorde het my egter laat besef dat wanneer dit by jag kom, jy geen enkele aspek in afsondering kan ontleed nie. Om jou eie vermoëns te ken en binne daardie perke op te tree, saam met die onderskeiding tussen reg en verkeerd is waar ek die etiese lyn trek wanneer dit kom by die jag.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Nella »

Askuus Gawie. .ek het jou draad heeltemal ontspoor.
Van my kant af sal ek liewer daai swakker kwaliteit amunusie uit skiet op papier.
My bok skiet amunusie is die beste van die lot en klaar.
Maar ek deel heeltemal jou sentiment. .al hoeveel keer ouens gekry wat die duurste gewere..beste glas op het wat geld kan koop, net om op die plaas aan te kom met die goedkoopste pak patrone wat hy kan kry.
Op die einde van die dag is dit daai koeël wat al die werk gaan doen.
Just smile and wave boys >:D
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Dimitri »

If you can consistently hit the target at the range you are going to shoot the animal at; and if the ammo can be relied upon to reach the vitals of that animal; then it does not matter how you selected your ammo or whether it is your "A", "B" or "C" ammo - you will have taken an ethical SHOT.

I PERSONALLY separate the ethics of the hunt into 2 components:
1. The ethics around the process leading up to the point where you take aim and are about to shoot
2. The ethics around the being able to deliver a clean kill with your marksmanship/shot placement and the calibre & bullet weight/type you have chosen.

Lions, wild dogs, eagles and other animals kill to survive. Most of us kill as part of a chosen leisure activity - not to survive. The ethics of the two are vastly different, in my opinion.
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Steyr270 »

Drink en jag....

Hoe voel julle hieroor, elke boer en jagter het ook sy eie siening en opinie - hierdie gesprek kan interessant raak
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by jankraay »

Steyr270 wrote:Drink en jag....

Hoe voel julle hieroor, elke boer en jagter het ook sy eie siening en opinie - hierdie gesprek kan interessant raak
Hijack van die jaar

Sent from my iPhone using Tapatalk
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Steyr270 »

Dit val in saam met eties jag of nie :)

Ek is bang oom Heinz karnuffel my, ek sal nooit n draad 'hi jack' nie
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by jankraay »

Gaan lees weer Gawie se vraag dan praat ons weer...

Sent from my iPhone using Tapatalk
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Steyr270 »

jankraay wrote:Gaan lees weer Gawie se vraag dan praat ons weer...Image

Sent from my iPhone using Tapatalk

Sien so,

Jammer dan, daar is tog n korrelasie...want n man wat gewyn is mag dalk verkeerde doppe en punte jagveld toe vat :)
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by tau »

Dimitri wrote: Lions, wild dogs, eagles and other animals kill to survive. Most of us kill as part of a chosen leisure activity - not to survive. The ethics of the two are vastly different, in my opinion.
Exactly.

Animals don't have ethics. It is a man made thing.

It is something we strive towards to make ourselves feel better about killing an animal or judge the wat that other kill animals.

I hunt responsibly and I try and kill animals as cleanly as possible and enjoy hunting of foot, however all these things make no difference to the life of a animal I kill during the activity of hunting.

As for leisure activity we can all eat from plastics packaging and bury our heads in the sand however somewhere a animal dies to provide us with protein. I you want to buy Venison, some bloke with a big silencer and a 22-250 provided it. Resting his rilfe of the mirror of a Land cruiser aiming in the light of a spotlight during a night harvest. Clean kills ZERO ethics.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Steyr270 »

Ek sien tog ek is effens van die punt af....
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Gawie(13mm) »

Dimitri en Tau se plasings hierbo kan maar aan die groot klok gehang word. Dit verwoord eerlikwaar my gevoel, met 'n uitsondering of twee, nl. jakkalse, bobbejane en wildemakoue.
Met hulle doen ek ekstra moeite om so veel as moontlik dood te skiet.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Jag ons werklik eties?

Post by Baasvark »

My idee roondom die etiek van jag het heelwat verander ....

Kom ek begin deur om te verwys na iets wat Wouter 'n hele ruk terug geskryf het - Hy het gese dat hy in sy begin jare op Jaracal 'n redelike sterk mening gehad het oor sekere dinge en soms oorywerig sy mening gestel en beskerm het... (kortliks in my eie woorde opgesom). En dat hy soms sidder as hy terug dink aan sy eerste plasings.

Ek het maar self dieselfde paadjie geloop en het al my mond behoorlik uitgespoel oor dinge waarmee ek nie saamgestem het nie.

Die jaar het ek vir die eetste keer in vier jaar weer die geleentheid gehad om bietjie in Pongola te gaan jag.

Dit was nog altyd 'n harde jag gewees!

En vinnig het ek 'n paar dinge agter gekom:
1. Blykbaar word ek ouer en ek was nie nastenby fiks genoeg vir die jag nie!!! Ek het swaar getrek en besef dat dit oneties van my was om al bewerend en uit asem 'n bok te wil skiet.

2. Dit was vreeslik ruig na al die reen met die gevolg dat die gras op baie plekke langer as ek was. My gids wat 'n voet korter as ek was was maar net daar om te sorg dat ek nie verdwaal nie!
Die gevolg was dat ek dit sterk oorweeg het om van die bakkie af te jag...... Iets waaroor ek behoorlik my mond al uitgespoel het op hierdie forum.

3. Van die manne het by die damme die diere ingewag. Iets wat ek glad nie ondersteun nie. Maar hoe gemaak as jy net een jag vir die jaar kan in werk en nie lee hande wil huis toe gaan nie? Alhoewel ek nie daarvan gehou het nie, het ek empatie met hulle gehad aangesien dit byna onmoontlik was om varke in 1.5m gras te kry nie...

Ek glo dat manne wat soveel moeite doen om aan kompetisies deel te neem en daarvoor te laai se "2de graad patrone" nogsteeds beter is as algemene rak patrone en dus kan ek nie dink dat dit oneties sou wees om met hulle te skiet nie. Veral nie op 100 - 300m nie!

Gebruik eerder die tyd om fiks te word en veld posiesies te oefen. Ek weet ek gaan!

Sent from my SM-G975F using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Post Reply