Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek lees al 'n ruk die manne se raad op die forum en besluit toe maar om ook aan te sluit.
Ek jag graag -hoofsaaklik in die bosveld- maar will binnekort my jagervarings uitbrei na die vlaktes hoofsaaklik om my gewere se langafstand potensiaal beter te benut. Dis nou die .243 en ook die .338 wm.
Ek sal graag 'n paar jakkelse wil klap met die 243 as die geleentheid hom opdoen.
Ek kom eintlik uit die handwapengeledere en het al net soveel met die .44 magnum gejag as met die geweer- hoewel ek nie 'n baie ervare jagter is nie.
Ek herlaai vir die volgende wapens:
45 ACP
44 magnum
.243 W
.303
.338
My meisiekinders van 16 en 13 jaar skiet al 'n paar jaar met die .22 (silhouette) en het hierdie jaar begin jag met die .243.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !