YAMAHA YZ450FX
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
YAMAHA YZ450FX
Middag meneere.
Ek het vir my n nuwe 2016 YZ450FX gekoop hy het nou al so 10 ure op en het hom al laat down tune, ek dink ek het bietjie teveel fiets gekoop vir my skill level. Ek leer hom nou mooi ken maar hel n man moet klou aan daai handlebars as jy sy oor draai, dan moet jy nog keer om nie op jou agterent te land nie. Wat ry julle en wat sal julle voorstel as alternatief? Ek het gekyk na die KTM 300 tpi en die 350xcw maar ek dink die 300 sal meer vir my werk. Die 450 is ook moeilik om single track te ry hy maak jou gou moeg omdat jy heeltyd moet stoei met hom.
Wat ry julle

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Ek het 'n 125 china gehad wat pret was maar dit tel seker nie, maar nou het ek 'n FZS1000 wat nie so lekker in die veld wil ry nie... as jy kan kry ry die Kawa kdx 200/250 en yz 250 bleri lekker in die veld! nog nooit op 'n ktm gery nie so kan nie se nie.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Vossie, net soos skiet is hierdie darem ook 'n lekker hobbie!!
Ek het eers 'n CR250 gekoop omdat ek 'n goeie deal gekry het maar het gou agter gekom teensy jy MX gaan ry is daar baie beter opsies daar buite met meer gepaste gear ratio's. Ek het bietjie tyd op ander manne se fietse spandeer 4 stoke en 2 stroke en vir my was die wenner maar net die 2 stroke. Nie dat dit noodwendig beter is nie maar omdat ek meer hou van hoe hulle ry. Ek hou niks van die engine braking van die groter 4 strokes nie.
Ek het besluit op die 300XCW en is nie 'n dag spyt nie. Ek glo daar sal nie veel verskil tussen die 250 en 300 XCW wees nie maar ek is maar aan die groter kant van die skaal en het vir die 300 gegaan. Hulle se ook hy "stall" nie so maklik oor die moeilikke "technical" dele soos die 250 nie maar ek kan nou nie regtig hiervan getuig nie. Soos die 450 moet jy ook maar vashou as jy die kraantjie oop draai.
As jy 4 stroke wil gaan, dan praat die manne met groot lof van die 350 KTM EXC-F.
Ps: Ek glo KTM is huidiglik die voorloper as dit kom by enduro tipe fietse. Ander dinge om te oorweeg is beskikbaarheid van parte en hoe maklik jy weer daai fiets kan swaai die dag as jy wil. Weereens dink ek hier gaan niemand regtig KTM klop nie.
TAU is ook 'n groot offroad kenner en hy sal seker netnou kom saam praat hier...

Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8008
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
KTM of Husky 300 2 stroke
Goedkoper om te onderhou en hope krag. Selfs ek kom reg.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Goedkoper om te onderhou en hope krag. Selfs ek kom reg.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Ek vermoed 'n 300cc 2-slag fiets gaan nog meer perde maak as daai YZ450...
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8008
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Ek ry 'n ou 2013 KTM 300 XCW en is nog heel gelukkig. My skills is te min om die oor te vêr te draai so selfbeheersing is maar aan die orde van die dag.
As ek wil hê hy moet spin dan kan hy. In die begin het ek gereeld Whiskey throttle gehad, nou gebruik ek die clutch meer om die krag te moduleer. Ek het egter 'n recluse clutch wat my bietjie verkeerde gewoontes leer so ek moes myself forseer om die clutch te gebruik. Al slegte ding van die ou bikes is hulle elctric start is nie wat dit moet wees nie. Die nuwer modelle 2 stroke se happy button is egter beter hoor ek.
As ek wil hê hy moet spin dan kan hy. In die begin het ek gereeld Whiskey throttle gehad, nou gebruik ek die clutch meer om die krag te moduleer. Ek het egter 'n recluse clutch wat my bietjie verkeerde gewoontes leer so ek moes myself forseer om die clutch te gebruik. Al slegte ding van die ou bikes is hulle elctric start is nie wat dit moet wees nie. Die nuwer modelle 2 stroke se happy button is egter beter hoor ek.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Die starters van die vroeer modelle het maar issues gehad maar ek weet hier is 'n plek wat sterker starters maak vir om en by R1850. As jy belang stel sal ek hulle detail kry en vir jou stuur.
Sent from my SM-A300F using Tapatalk
Sent from my SM-A300F using Tapatalk
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8008
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Ek dink ek sal dan my battery ook moet upgrade na lithiumHein22 wrote:Die starters van die vroeer modelle het maar issues gehad maar ek weet hier is 'n plek wat sterker starters maak vir om en by R1850. As jy belang stel sal ek hulle detail kry en vir jou stuur.
Sent from my SM-A300F using Tapatalk
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Vir watter doel gebruik jy die fiets?
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Die plek se naam is SSS Racing.
Ek sou se as jy 'n battery wat dieselfde groote is maar meer amp/hour het sal defnitief beter wees. Want soos ek verstaan beskadig mens jou starter as jy hom probeer gebruik en die battery is pap.
Maar beste is maar om by hulle seker te maak.
Sent from my SM-A300F using Tapatalk
Ek sou se as jy 'n battery wat dieselfde groote is maar meer amp/hour het sal defnitief beter wees. Want soos ek verstaan beskadig mens jou starter as jy hom probeer gebruik en die battery is pap.
Maar beste is maar om by hulle seker te maak.
Sent from my SM-A300F using Tapatalk
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3953
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
2018 YZ 450 FX wat op sy wildste gestel isvossie1 wrote:
Wat ry julle
Jy glo seker 'n .308 het meer krag as 'n 7mm STW?Alwin wrote:Ek vermoed 'n 300cc 2-slag fiets gaan nog meer perde maak as daai YZ450...
Die nuwe generasie 4 slag motorfietse se probleem is nie krag nie, dit is om die krag op die grond te kry en nie net te wheelspin nie.
Vossie jy het verseker die verkeerde "naweek of intermediate" bike gekoop.
Jy moes eerder 'n YZ 250 FX of WR 250 F gekoop het. 'n vars 250 F gaan jou bitter lank hou en aangesien jy reeds die geld op 'n YZ 450 F spandeer het kan jy 'n lae uur 250 F koop.
Jy kan nooit na die top 10 by 'n resies se bikes kyk nie. Self dieper die veld in verseker. Hier word bikes gery om so vinnig vanaf punt a - B te gaan en het geen tyd vir gemak nie. As jy naweke soos 'n bojaan wil klip paaidtjies en stadig ry saam met jou vriende en elke nou en dan stop en chat gaan jy 'n 300 3 stroke met 'n elektriese verkoeling fan moeilik klop. Die 250 4 slag is nie soos nie ou generasie wat om elek tweede drai staan en kook nie hulle kom ook met elektrise fan's.
Ek glo in Yamaha daar is geen taaier 4 slag engine daar buite vir resies ry nie. My een is baie beter as ek. Ek het swaarder Springe in om my gewig en ry styl te help. EK het die naweek albei my rimme helse duike ingeslaan sonder om te val op van die baan te gaan die KYB suspensie is tans die beste beskikbaar dar buite.
Die Husky en KTM 300 is baie goeie fietse, maar steeeds baie bike vir 'n weekender. Kyk of jy iewers 'n 250 f kan toets.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
En hier vertel ek die manne jy ken bikestau wrote: gaan jy 'n 300 3 stroke met 'n elektriese verkoeling fan moeilik klop.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Dit is soos jy se Tau, ek wou eers n wr450f koop toe val die deal deur die mat, daai 450 is kwaad!! soos jy se jy sukkel om hom op die grond te hou en wheelspin is aan die orde van die dag. Ek is maar n weekend warior,ry saam die vrou en kids maar geneiet n lekker bosbou pad, berg klim saam vriende so nou en dan. Ek gaan nie my fiets verkoop nie sal hom hou vir Mozabiek en bietjie ver ry. N man kan nog n mooi 250 optel vir 20-40K. Ek moet se ek is mal oor die krag onder my stert maar ek kan nie daai krag reg gebruik nie. Dankie vir die info manne
Last edited by vossie1 on Tue Apr 09, 2019 8:02 am, edited 1 time in total.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Ek sou nie sommer 'n 4 stroke fiets vir 20-40k koop nie. Hy gaan baie ure he en hulle is duur as hulle eers probleme begin gee. 'n 2 stroke in goeie kondisie vir 40k, ja, en dan dalk nog so 5k om hom in ekstra goeie shape te kry.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Hi Hein ja ek gaan beslis vir n 2stroke gaan, baie goedkoop soos jy se
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by vossie1 on Tue Apr 09, 2019 8:15 am, edited 2 times in total.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3953
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Exactly.Hein22 wrote:Ek sou nie sommer 'n 4 stroke fiets vir 20-40k koop nie. Hy gaan baie ure he en hulle is duur as hulle eers probleme begin gee. 'n 2 stroke in goeie kondisie vir 40k, ja, en dan dalk nog so 5k om hom in ekstra goeie shape te kry.
'n 4 stroke wat opgepas word is onverbeterbaar. As een jaffel iewers vir 5 ure nie die airfilter verander nie is die barrel en bearings beskadig en klaar op 'n 4 stroke. Onthou die ding suig vreeslik baie lig deur sy longe. Ek het nou net my filter na 3 ure resie gewas, en die stof was bitter min gewees. Dit is verskriklik. "n 2 slag kry ook skade, maar om die motor oor te doen is darem baie goedkoper. As jy jou 4 slag oppas en gereeld olie vervang doen hulle maklik 250 ure. Dit saam met die feit dat jy nie 2 slag olie hoef te koop en meng nie maak dit 'n goedkoper bike om te besit. My groot pel het 'n 2016 Wr 450F waarmee hy resie ry en Yz 250 x vir Enduro's en speel. As jy die aankoop prys uitlos kos die 2 slag baie meer om te gebruik oor 'n jaar periode. DIt is nou vir meer ernstige ry die man is darem nog top 3 in WP senior ampioenskappe.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3953
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190409/02a11062cabd22840465727e5e9f58d9.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190409/72106856285246a156db8603c0d2c672.jpg
So lyk hy na 3 ure se resies ry en voor ek hom met warm water en seep was. Dan is daar nog meer sand wat uitkom. So as iemand nie sy filters skoonmaak nie is dit die einde van die engine.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190409/72106856285246a156db8603c0d2c672.jpg
So lyk hy na 3 ure se resies ry en voor ek hom met warm water en seep was. Dan is daar nog meer sand wat uitkom. So as iemand nie sy filters skoonmaak nie is dit die einde van die engine.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Ek het drie filters vir my fiets gekry, sit altyd n nuwe een in na ek ry dan prep ek weer die ander een en so roteer ek dit lekker.
Last edited by vossie1 on Tue Apr 09, 2019 8:56 am, edited 1 time in total.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3953
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Dan is jy reg. Kry nou Motul 7100 100 % synthethic olie en daai YZ gaan bitter lank hou. EK verander olie elke 8 ure max en voor elke resies en na elke resies. Die koste daarop in die greater scheme of things is so min en dit hou die clutch se morsige carbon uit jou main bearings.vossie1 wrote:Ek het drie filters vir my fiets gekry, sit altyd n nuwe een in na ek ry dan prep ek weer die ander een en so roreer ek dit lekker.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Dankie Tau ek gebruik juis Motul 7100
- tau
- Hero Member

- Posts: 3953
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
oooooo so nou wil jy 'n KTM koop want jy het te min strooi in jou lewevossie1 wrote:Dankie Tau ek gebruik juis Motul 7100
Vossie koop 'n Yamaha YZ 250 FX of Wr 250 F jou airfilters gaan interchangable wees, oil filters is dieselfde, wiele kan jy oor en weer verander en petrol is ongemeng 95 UNL etc.
Maak jou lewe maklik en sorgvry.
Last edited by tau on Tue Apr 09, 2019 9:23 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8008
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Ek wou ook krag onder my gat hê maar het nie die budget vir 'n ouer 4 slag gehad nie. Die 300 is baie maar met die groen spring in die power valve maak hy wel die fiets effe rustiger en die krag van die 300 is baie meer linieêr, amper soos 'n 4 slag. Na 'n jaar se ry met die groen veer het ek oorgegaan na die geel en toe sommer die rooi veer om te voel hoe dit is. Die rooi sê hulle is van die duiwel want as jy sy oor draai moet jy vashou of die fiets glip onder jou uit.
Die 300 is seker te veel maar ek is nie spyt oor ek 'n 300 gekry het nie. Ek het ook hierdie gesprek met Tau gehad en sy raad was waardevol. Op die ou einde het my budget bepaal dat ek 2 slag moet gaan. Die ander ouens wat ek soms mee saam ry het 'n 250F en dan is daar 3 x 450F fietse. Behalwe vir die man met die 250 is die ander (my ingesluit, al sou mens dit nie sê nie
) almal hier by 110kg of meer. Ek moet bieg dat ek nog nie op die 250 gery het nie maar dit is in die beplanning om te voel hoeveel krag hy maak.
Die bikes met minder krag gaan jou nie so gou in die moeilikheid laat beland as jy eweskielik 'n hand vol throttle gryp nie en dit is ook darem nie lekker om die throttle die heeltyd hier op 'n 1/4 oop te hou met die groter bikes nie
Gebasseer op die laaste sin sou ek sterk oorweeg om saam met Tau te gaan en 'n nuwer yz250FX te kry wat by jou 450FX pas
Dan is daar sommer ook vir my 'n bike om te ry as ek kom kuier 
Die 300 is seker te veel maar ek is nie spyt oor ek 'n 300 gekry het nie. Ek het ook hierdie gesprek met Tau gehad en sy raad was waardevol. Op die ou einde het my budget bepaal dat ek 2 slag moet gaan. Die ander ouens wat ek soms mee saam ry het 'n 250F en dan is daar 3 x 450F fietse. Behalwe vir die man met die 250 is die ander (my ingesluit, al sou mens dit nie sê nie
Die bikes met minder krag gaan jou nie so gou in die moeilikheid laat beland as jy eweskielik 'n hand vol throttle gryp nie en dit is ook darem nie lekker om die throttle die heeltyd hier op 'n 1/4 oop te hou met die groter bikes nie
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Hoe lyk julle ouens se ry plek? Ek kan uit my erf uit ry en binne 3km is ek op die grondpad. Dan kan on gemaklik so 150km sirkel roete doen met baie speelplek tussen in. Hoofsaaklik maar minedumps, mielie land tweespoor paadjies en dan ook oop hoeveld vlaktes. As ek die bike op die bakkie laai is daar baie meer opsies binne 150km radius maar verkies maar om uit die garage uit op te klim en ry.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3953
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Ek het 2 motocross/special test bane op my ons plaas wat so 2;30 na 2;08 as ek fiks is vat per lap. Dan het ek ook so 10km se paaitjies en 'n klei myn om in te speel. Ek ry na werk in die aande so uur x 2 keer per week tans. Ek trek aan in die garage en ry dan 200m in my baan inHein22 wrote:Hoe lyk julle ouens se ry plek? Ek kan uit my erf uit ry en binne 3km is ek op die grondpad. Dan kan on gemaklik so 150km sirkel roete doen met baie speelplek tussen in. Hoofsaaklik maar minedumps, mielie land tweespoor paadjies en dan ook oop hoeveld vlaktes. As ek die bike op die bakkie laai is daar baie meer opsies binne 150km radius maar verkies maar om uit die garage uit op te klim en ry.
Dit gaan baie minder oor oefen en meer oor om te ontspan. Ek is darem nou daar waar ek 'n 3 ure resies kan race en nie net oorleef nie. Ek was lanklaas so.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8008
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: YAMAHA YZ450FX
Tau, ek sou nie sê jy oorleef net nie
https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/53461886_1297031983792707_2805562681736560640_o.jpg?_nc_cat=104&_nc_ht=scontent-jnb1-1.xx&oh=8808be113f9d12162267d2365f748f25&oe=5D39D9AB
https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/53192386_1297036043792301_5822052551704444928_o.jpg?_nc_cat=105&_nc_ht=scontent-jnb1-1.xx&oh=45325891bca159910157c9bb107673cb&oe=5D0338F2
Ek kry nie nou die foto van Tau van laas naweek se race waar hy ook op die agterwiel oppad verby iemand is nie