Geweer oorbring Nieu-Seeland toe

Post Reply
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Geweer oorbring Nieu-Seeland toe

Post by Rem »

Middag/More Manne,

Ek is tans in NZ en wil my geweer oorbring.

Ek het al op n vorige draad gelees dat dit baie moeite is maar ek het met NZ polisie gepraat en dit klink nie van hul kant af of dit n groot probleem is nie? Kan iemand my help waar ek dalk iets mis of waar daar groot koste betrokke is? Le die probleem met SA polisie of iets?

Ek sit met vraag of dit die moeitewerd is om my geweer oor te bring en of ek net een hier moet koop na my lisensie gedoen is?

Ek wil nie nog onnodige geld uitgee wanneer daai roer van my eintlik net hiernatoe kan kom nie.

Weet iemand wat die koerier koste is en wat mens als kan insluit? kruit, primers, punte dies ens?

Dankie
Herries23
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Fri May 13, 2016 8:43 am

Re: Geweer oorbring Nieu-Seeland toe

Post by Herries23 »

Dag Rem,

Ek het my geweer oorgebring Australië toe. Jy moet net 'n uitvoerpermit kry van die SAPS af. Dit kan gedoen word, of self, of deur iemand wat daarmee werk. Ek het 'n kontak as jy belangstel. Koste was 2 jaar gelede R1600 vir die uitvoerpermit. Begroot so maand vir die uitvoerpermit.

As jy eers die uitvoerpermit het kan jy die wapen oorskuif. Ons het destyds teruggegaan SA toe en ek het toe die geweer saam met my op die vliegtuig gelaai as bagasie.

Ek weet nie hoe mens die geweer/e sal oorstuur as dit nie saam met jou gaan nie.

Hoor dan maar net hoe dit werk wanneer jy daar in NZ land want daar sal dan 'n proses wees om die wapens weer in die hande te kry.

Sterkte!









Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Finder20
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Tue Jun 27, 2017 8:30 am

Re: Geweer oorbring Nieu-Seeland toe

Post by Finder20 »

More manne,

Verskoon as ek high jack maar wil graag ook byvoeg, wat dink julle manne is die kanse van n geweer in bring Engeland toe kyk hulle is mos ongelooflik streng as dit kom by vuurwapens. Maar aan die ander kant skiet die Engelse Bisley al vir jare en doen ook nie te sleg in skiet kompetisies nie, selfs met die feit dat dit bitter moeilik is om n vuurwapen te kan besit. So my vraag is hoe gemaak met die Engelse want as ek luister na my vriende wat daar bly nie een het n vuurwapen nie is dit glo jy moet betrokke raak by n skiet klub en seker vorm van beterokkenheid kan toon en dan ernstig motiveer eers vir n hael geweer en dan na jare se deelname kan jy oorgaan na n geweer of so iets maar soos ek se die manne is on ervare as dit kom by die process.

Luister graag....

Groete Finder
Veteran - British Army - Brigade Recce Force
22LR CZ 452 Lux Modified
6.5 Creedmoor Howa Varmint APW Carbon X
308 Howa Varmint KRG Whiskey-3
300 PRC Howa Varmint APW Carbon X
375 H&H Bergara B14 Timber
9mm Para Glock 17 GEN 5
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Geweer oorbring Nieu-Seeland toe

Post by Frederik »

Finder oor die algemeen is vuurwapen besit in Engeland nie te sleg nie behalwe vir handwapens en as jy baie wapens het. Haelgeweer sover ek het dit het is lag lag om te kry. Hulle het papier werk om te doen vir vuurwapens maar darem werk die sisteem.

Rem, as jy gaan oorvlieg soos wat Herrie gemaak het great as jy dit gaan ship verwag maar 'n baie stywe rekening veral vir net een geweer.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Geweer oorbring Nieu-Seeland toe

Post by tripodmvr »

Dit wat Fredrik sê is baie waar. Tensy dit 'n baie waardevolle geweer is en of sentiment jou dryf, dan is dit myle beter om daar iets te koop. As ek kyk na vuurwapen pryse in Oz, dan moet jou SA geweer werklik iets besonders wees om dit te wen.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Re: Geweer oorbring Nieu-Seeland toe

Post by Charles.308 »

Nee wat los geweer in SA en koop in NZ, koste is te duur
Uivoerpermit
Vervoer koste
Invoer permit
CUSTOM gelde $$$$$$
Alles tel op en dan nog hier in NZ is jagte anders as in SA, alles hang af wat jy hier wil skiet , bos jag hier (tropiese weer) skiet jy 50M so jou loop is 18"-20" -jou scope klein vergrooting want jy skiet naby.
Nou as na berge gaan kan jy langer loop gebruik , maar dan weer reën alles nat, so houtkolf is uit, daarom sal ek sê koop geweer hier wat klaar setup het vir hulle jag.
Maar ja dit kan gedoen word, daarom staan my Musgrave.308 RSA nou al n jaar in SA, sal seker later verkoop.
Hoop dit help.
Charles
NZ
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Geweer oorbring Nieu-Seeland toe

Post by Rem »

Jis manne,

Dankie vir die raad. Ja dit is maar moeilik. Die geweer wat ek wil oorbring is my custom 300wsm. Lank vir hom gewag en skiet werklik beter einge iets anders wat ek al geskiet het.

Bygese is dit n Laminated kolf en die nat weer gaan nie my nie gelukkig maak met hom nie.

Ai ok. Tikka Tac A1 dan of Howa HCR

Tjorts
Dirk

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Post Reply