Jaracal Lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
ablm468

Jaracal Lid

Post by ablm468 »

Manne ek vra verskoning, het nooit myslef soos 'n goed opgevoede boerseun voorgestel nie. Het al baie posts geplaas en met baie manne gepraat.

Ek is mal oor die veld, skiet en die buitelewe, ek geniet Jaracal forum terdee en waardeer al die insette wat die manne gee. Ek het gedink ek is al 'n ou jagter maar sien daar is manne in die veld wat "ouer" as ek is en meer ondervinding as ek het. Dit is 'n voorreg om by julle te leer.

Ons is bevoorreg in Suid Afrika met al ons probleme en politiek om nog te kan jag. Ek besef dit en waardeer dit. Ek waardeer ook mede jagters waarby mens kan leer en lief en leed deel.

Ek bly op die Oosrand werk by 'n bank maar het op 'n plaas groot geword, jag al van ek kan onthou en is mal oor enigiets wat skiet, gewere, boog windbuks ens.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jaracal Lid

Post by Gerhard »

Nou ja toe...

Welkom hier op Jaracal...  ;D

Soos jy weet hierdie is n lekke klomp manne bymekaar wat nie skaam is om kennis en inligting te deel nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Jaracal Lid

Post by Raven »

Hansman wrote: Het al baie posts geplaas en met baie manne gepraat.
Die moderators sal maar al jou posts eers moet afhaal, dan moet jy weer alles oor vra Hansman  ;D  ;D

Teen die tyd weet jy seker al dis 'n lekker kuier plek vir almal, welkom en geniet dit.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jaracal Lid

Post by BLOK »

Baie welkom en soos ek lees werk jy by die bank maw van jou soort het ons nodig, ek lus juis om vir my n groot kaliber geweer te laat bou en dan moet ek hom seker nog op die groot 5 gaan toets. So ja bankamtenare is welkom hier. ;)

Gaan voort soos jy gemaak het en geniet hom

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: Jaracal Lid

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom welkom hier op die forum

BLOUVALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Jaracal Lid

Post by Jagtersdok »

Welkom Hansman
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Dewie
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm

Re: Jaracal Lid

Post by Dewie »

Hallo Oom Hansman

Baie welkom op die forum,ek hoop oom geniet dit hier en leer baie van die ander ooms

Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Jaracal Lid

Post by Monrique (SJ) »

Hansman

Baie welkom by ons en hoop jy geniet dit baie!!!


Groetnis
grumpy

Re: Jaracal Lid

Post by grumpy »

Hansman, welkom en ek sien jy is ook hier op die Oos Rand. Ek dink hier is so baie manne hier by ons dat ons amper bymekaar kan kom en braai!!  :D :D
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Jaracal Lid

Post by C.J. »

Welkom Hansman!

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Jaracal Lid

Post by Frikkiedbr »

Goeie More Oom Hanman,

Ja nee ons leer baie hier oom. Geniet en lekker week verder.

Groete
frikkie
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Jaracal Lid

Post by theedge »

Jy is dan nog steeds welkom ;D ;D
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Jaracal Lid

Post by .::Alwyn-U::. »

Welcome welcome, step into my office ;D
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Jaracal Lid

Post by Francois Marais »

Hansman

WELKOM, hoop jy like.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
ablm468

Re: Jaracal Lid

Post by ablm468 »

Manne dit is lekker vir my om in julle geselskap te wees, alemal het dieselfde belangstellimg, ek hetal baie geleer en lo ek sal in die toekoms ook baie leer.

Hansman
Post Reply