Ek eet vleis omdat ek van vleis se smaak hou, so ek is nie mal oor n klomp speserye en kruie nie so hierdie vleisie het net sout gekry.
Dit is verseker die lekkerste vleis wat ek in n lang tyd geeet het, dis vir my n mengsel van smaak tussen lam en bees.
Die vleis proe verseker nie na wild nie en die vet proe meer na beesvet en ook amper n beenmurg smaak, dit smelt in n mens se mond. Baie bly ek het na die manne se advies geluister en die takbok opgesny soos skaap en nie die vleis gemors met biltong en droewors nie.
Ek is net spyt ek het net 4 tjops gebraai, want toe ek weer sien toe eet my vrou en dogtertjies alles op.
So vanaand braai ek weer
