Ek het 'n Beretta A301 semi-auto.
Ek wil graag by julle hoor wie van julle skiet ook A300/A301?
Ek het hulp nodig om die geweer te strip om skoon te maak.
Ek kan die basiese fore-end en loop af haal, maar dis tot waar dit gaan.
Ek wil graag die basiese komponente uit die aksie haal om daar binne te kan skoonmaak.
Ek weet die sneller meganisme kan ook apart uitgehaal word.
Ek wil nie alles tot in die fynste veertjie en skroefie uithaal nie, net basies.
Ek is net bang as ek my eie kop volg is die geweer vol outomaties as ek klaar is
Groete


