Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by tau »

Môre Manne

My seuntjie is volgende jaar Graad.3 en wil begin met Windbuks skiet as sport.

Wat moet ek koop of kry vir hom?
Los ek eers dat hy beskibare teorusting van skietskool gebruik?

Watse wapens gebruik die kinders?

Ek weet niks van windbukse nie, behalwe die knaknek wat ek as kind die voëls geterroriseer het.

Dankie
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Eugene »

Tau, Jan Swanepoel is die man met wie jy moet praat. My 2c (uit ondervinding) is om van die begin af maar die regte ding te koop en klaar te kry.
Aim small, miss small
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5144
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Pvdw »

Tau hier by ons weet ek bly die CZ 200 baie populêr as intree pcp. Hulle word soos soetkoek verkoop as daar 2de hands beskikbaar is juis vir die skool kinders.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by tau »

Eugene wrote:Tau, Jan Swanepoel is die man met wie jy moet praat. My 2c (uit ondervinding) is om van die begin af maar die regte ding te koop en klaar te kry.
JPS ?

Dankie
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by tau »

Pvdw wrote:Tau hier by ons weet ek bly die CZ 200 baie populêr as intree pcp. Hulle word soos soetkoek verkoop as daar 2de hands beskikbaar is juis vir die skool kinders.
Wat kos die wapens?

Dankie
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by tau »

https://www.safarioutdoor.co.za/product ... sport-sl03

Genugtig, dit is meer as 'n Howa!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by tau »

Wat noem mens die skiet wat die kinders doen?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Geno »

10m 3P as ek reg onthou.
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Eugene »

tau wrote:https://www.safarioutdoor.co.za/product ... sport-sl03

Genugtig, dit is meer as 'n Howa!!!
Yip. Dink net as jy nou eers die verkeerde een gekoop het en jy moet weer koop.....
Aim small, miss small
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Hein22 »

Sorry, sien dit was vir spot skiet en nie net lekker nie...

Post deleted...
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Gawie(13mm) »

tau wrote:https://www.safarioutdoor.co.za/product ... sport-sl03

Genugtig, dit is meer as 'n Howa!!!
Ja, maar hy skiet net so lekker soos 'n HOWA. ;D

Jy kan hul tweedehands optel vir onder 6K.

Dan moet sluitstuk vir hervulling en 200 Bar duiksilinder bykom.

So volledige pakkie gaan jou tweedehands soveel kos soos 'n nuwe geweer alleen.

Maak net seker dat die tenk nie te oud is nie en dat die druk en viseule inspeksies op datum is.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Harambe »

In my dae het ons sommer met 'n springer geskiet. En ek kon vuurhoutjies raakskiet. Maar jy wil nie he jou kind moet verlee wees oor sy toerusting nie, so begin maar worsbroodjies verkoop of iets jong!
Of so iets
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by JPS »

Tau,

jammer nou eers hier geloer, maar besige tyd van die jaar vir my.

vir sport skiet vir skool kan hy enige drie (eintlik 4) beoefen.

Ppp - wat pistool skiet is
breeknek oftewel veer soos hy by skole genoem word.
sporter - dis basies die PcP winbuks of
presiesie - dit is olimpiese standaard met skiet pak en skoene.

soos hulle bo genoem word in volgorde so klim die kostes eksponensieel...

skuts skiet 2 disiplinies as jy dit so kan noem: 10m wat basis staan is uit die vuis uit. vir 40 of 60 skote afhangend van die afiliasie waar jy skiet. en 3P wat lé, Kniel en staan is (20 skote op elkeen vir totaal uit 600) My voorstel vir jou sou wees om met ‘n cz200T te begin. makliker as breeknek veral vir die kleiner kinders. die 200T is ook ligter as die MPR wat beskikbaar is ook. die MPR kos so 15-17K teenoor die 200T was so om en by 8.5K kos. as die man dit geniet en aanhou skiet sal jy hom hier by gr7-8 opgradeer na MPR to glo ek.

baie lekker sport vir die kinders om te beoefen. dit is wel redeplke duur sport maar hulle word gesien en erken hulle eie prestasies (soos golf seker) en jou etniese agtergrond hou jou (nog nie) terug vir kwota speler in ‘n span nie. jy moet self werk vir jou score en sekere minimum telling vereistes word gestel vir kleure ens.

My seun was geseend (met hulp van manne hier op Jaracal en maatskapye soos G&G, CMh en Safari se borgskappe) om vir die SA skole span in VSA deel te neem laas jaar en dan in die Junior Wêreld Kampionskappe in Duitsland die jaar. So ek sal regtig vir jou aanraai om hom aan te moedig ss hy skiet as sport wil beoefen op skoolvlak.

jy is meer as welkom om my te kontak op pm of op my cell as jy verdere inligting soek.

ps. gaan kyk op Saara.org.za of op sanssu.co.za of daar nie dalk tweede handse gewere en kit beskikbaar is nie. of dalk op die air rifle website ook.

mooiloop
Jan
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Ammion »

Alhoewel aanvanklike koste vir ‘n PCP hoog is, moet jy die volgende in gedagte hou:
- selfs die beste (duurste) pellets is goedkoop (minder as R200 / 500)
- lug is goedkoop
- indien iets verkeerd gaan is dit gewoonlik ‘n veer of seel (spring of o-ring) - beide is goedkoop
- jy kan nie ‘n luggeweer se loop uit skiet nie
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by tau »

JPS wrote:Tau,

Môre Jan

Baie dankie vir die info. Ja as hy op 8 begin skiet met die CZ tot 15 is dit darem nie so erg nie. Ek sal eers kyk hoe baie hy rerig belangstel na so paar maande.
Ammion wrote:Alhoewel aanvanklike koste vir ‘n PCP hoog is, moet jy die volgende in gedagte hou:

Watse sights gebruik hulle?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 614
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Klein Chris »

Jy en/of jou seun sal moet besluit wat se dissipline hy en/of jy wil skiet. Dink in die Kaap word 3P, SFT/FT en HFT geskiet. Elke dissipline het sy eie unieke uitdagings en toerusting kostes, en ja die toerusting kostes laat mens na jou asem snak.

Gaan kyk na elke dissipline en maak n ingeligte besluit - goedkoper op die lange duur. Airrifle.co.za sal jou meer kan inligting gee

Vir n beginner oorweeg eerder n pcp. n Springer is n bliks@m om te skiet. Dit kan of gaan jou moedeloos maak >:D . Ek skiet self FT met n springer en wil gereeld die geweer in n rivier gooi. Kry net nie n rivier met water in nie :-[

Groete
Skiet bly maar lekker
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by JPS »

tau wrote:
JPS wrote:Tau,

jammer nou eers hier geloer, maar besige tyd van die jaar vir my.

vir sport skiet vir skool kan hy enige drie (eintlik 4) beoefen.

Ppp - wat pistool skiet is
breeknek oftewel veer soos hy by skole genoem word.
sporter - dis basies die PcP winbuks of
presiesie - dit is olimpiese standaard met skiet pak en skoene.

soos hulle bo genoem word in volgorde so klim die kostes eksponensieel...

skuts skiet 2 disiplinies as jy dit so kan noem: 10m wat basis staan is uit die vuis uit. vir 40 of 60 skote afhangend van die afiliasie waar jy skiet. en 3P wat lé, Kniel en staan is (20 skote op elkeen vir totaal uit 600) My voorstel vir jou sou wees om met ‘n cz200T te begin. makliker as breeknek veral vir die kleiner kinders. die 200T is ook ligter as die MPR wat beskikbaar is ook. die MPR kos so 15-17K teenoor die 200T was so om en by 8.5K kos. as die man dit geniet en aanhou skiet sal jy hom hier by gr7-8 opgradeer na MPR to glo ek.

baie lekker sport vir die kinders om te beoefen. dit is wel redeplke duur sport maar hulle word gesien en erken hulle eie prestasies (soos golf seker) en jou etniese agtergrond hou jou (nog nie) terug vir kwota speler in ‘n span nie. jy moet self werk vir jou score en sekere minimum telling vereistes word gestel vir kleure ens.

My seun was geseend (met hulp van manne hier op Jaracal en maatskapye soos G&G, CMh en Safari se borgskappe) om vir die SA skole span in VSA deel te neem laas jaar en dan in die Junior Wêreld Kampionskappe in Duitsland die jaar. So ek sal regtig vir jou aanraai om hom aan te moedig ss hy skiet as sport wil beoefen op skoolvlak.

jy is meer as welkom om my te kontak op pm of op my cell as jy verdere inligting soek.

ps. gaan kyk op Saara.org.za of op sanssu.co.za of daar nie dalk tweede handse gewere en kit beskikbaar is nie. of dalk op die air rifle website ook.

mooiloop
Jan
Môre Jan

Baie dankie vir die info. Ja as hy op 8 begin skiet met die CZ tot 15 is dit darem nie so erg nie. Ek sal eers kyk hoe baie hy rerig belangstel na so paar maande.
Ammion wrote:Alhoewel aanvanklike koste vir ‘n PCP hoog is, moet jy die volgende in gedagte hou:
- selfs die beste (duurste) pellets is goedkoop (minder as R200 / 500)
- lug is goedkoop
- indien iets verkeerd gaan is dit gewoonlik ‘n veer of seel (spring of o-ring) - beide is goedkoop
- jy kan nie ‘n luggeweer se loop uit skiet nie
Watse sights gebruik hulle?
Tau,

Vir skole skiet gebruik hulle diopter sights ( gaaitjie visier)
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Jaco V »

More almal
My ondervinding was bietjie anders, my seun se skool het paar gewere gehad, ek het hom so kompetiesie of twee met die skool se gewere laat skiet om te kyk of die "niki" sal hou.
Na so 2 maande het die afrigter vir my laat weet sy dink ek kan maar koop.... :o :o So half bitter-soet nuus gewees met die kostes in gedagte :-X
Ek het maar besluit om dadelik die MPR roete te gaan, my seun was 11 toe hy begin skiet het in die sporter klas, ek sal voorstel jy gee die veer klas 'n mis...jou kind gaan in alle geval later sporter skiet as hy dit geniet. En dan sal ek ook voorstel om dadelik die MPR te koop, dit is maar die beter opsie en jy kan hom upgrade as entry level presisie geweer sou jy wou.
Hy was 14 toe hy presisie toe geskuif het.

Sterkte met die besluit
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13618
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Capt. Yoda »

As jy kan sal ek ook n MPR hak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Hein M. »

Mornings buurman

Skakel met Pine by LS Wolseley. Jou man kan daar by hom inskakel. Dit is die beste manier om betrokke te raak by luggeweerskiet. Ek het springers as julle sou belangstel. Baie akkuraat op 30m.

Groetnis!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by tau »

Hein M. wrote:Mornings buurman

Skakel met Pine by LS Wolseley. Jou man kan daar by hom inskakel. Dit is die beste manier om betrokke te raak by luggeweerskiet. Ek het springers as julle sou belangstel. Baie akkuraat op 30m.

Groetnis!
Ek glo dit is waar hy gaan skiet. My vrou sou reël met iemand wat reeds daar skiet.

Dankie
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by tau »

My seun was gelukkig genoeg om by buurdorp plek te kry om te skiet. My vrou vat hom, ek was nog glad nie betrokke en gaan dit eers so los. Hy moet self aangaan en kyk of hy daarvan hou.

Hy hou baie van die afrigter en het gister sy eerstekeer geskiet. Dit is postool en nie geweer.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190117/1a71806d82665aa8b511250b8201ecfb.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190117/9e036adf49867083ab0f6ca04a70d379.jpg

Dankie vir almal se advies. Ek gaan nog baie kort, ek weet nog steeds niks van die sport of toerustingImage
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Harambe »

Lyk beter as van my NHSA teikens met die Glock 19
Of so iets
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by Hein M. »

Baie goed vir 'n begin! Onthou die man is nog net 9 jaar oud... Hy gaan een van die dae kook, want hy kry puik afrigting ;)

Groetnis!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hulp asseblief met seun wat wil begin windbuks skiet

Post by tau »

Ok ek was vandag self daar op les nommer 4. Sy verbetring is drasties en vir 8 jaar oud het hy vandag 79/100 geskiet. Ek weet gelukkig niks so ek kan net smile en wave en geen werklike bydrae maak behalwe net sit en kyk.

Ek kan sien dit verg redelike toewyding en daar vlieg nie net 100 skote en jy gaan huistoe nie.

Die afrigter/skool waar hy skiet doen 10 m pistool, so ons sal maar eers daar bly. Die afrigter het vreeslik baie geduld ek is dankbaar hy kon by so iemand uitkom.

Post Reply