Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Post Reply
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by knipmes »

Ek weet nie of hierdie onderwerp al miskien bespreek is nie Indien wel, jammer.

Seker so 25 jr gelede toe Sunnyside in Pretoria nog normaal was, het ek n geweerwinkel naby Sunny Park besoek. Daar het n bejaarde vrou ingekom en navraag gedoen oor Ballistol. Sy het aan erge artritis gely en al wat verligting gebring het was a Ballistol wat sy aan haar hande en gewrigte gesmeer het. Haar oorlede man het altyd die Ballistol gekoop maar sy het nie geweet waar hy dit gekry het nie.

Die winkel eienaar as ek reg onthou Johan Gerber, het toe n pakkie Ballistol met kapsules in aan haar verkoop. Blykbaar het Ballistol ook ander medisinale eienskappe

Is daar dalk iemand wat iets hievan weet, dit gebruik en baat hierby gevind het?

Groete
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by Viking »

Die storie word vertel dat soldate in die 2e Wereld oorlog die olie gebruik het om snye en skietwonde te ontsmet en te behandel....sommiges het dit ook gedrink vir maagaandoenings ( ek sou nie so ver wil gaan nie - dan kan kasterolie seker net so goed werk)

Dit kan soms verwar word met 'n produk Neo Ballistol wat medisinale eienskappe het.


• BALLISTOL: 1,001 USES...
• Lubricates hinges, door locks, padlocks, scissors, pocket knives, bicycle chains, roller skates or blades, sliding doom and windows.
• Cleans silver and brass.
• Lubricates moving mechanical parts of typewriters, video cameras, printing calculators, etc.
• Rejuvenates wood surfaces, especially antique furniture.
• Cleans and impregnates leather boots, saddles, jackets, motorcycle clothing, saddle bags, holsters, slings and belts.
• Keeps battery terminals free of corrosion and neutralizes spilled acid.
• Removes tar and insect stains.
• Winterizes motors, neutralizes acidic residues from fuel combustion in engines, prevents engine knocking when added to fuel.
• Helps extract water from fuel tanks, shines gel coat on fiberglass boats, protect electrical contacts on boats and trailers, lubricates plastic and metal zippers, lubricates fishing reels, and inhibits corrosion from salt and salt water.
• Removes traces of lead, copper and tombac from bores and chambers of firearms.
• Seals and protects wooden stocks of firearms, neutralizes acidic residues in black powder guns.
• Removes hard-baked soot from glass doors of fireplaces and woodstoves, frees calcium-locked faucets.
• Removes ballpoint pen ink from smooth surfaces.
• Cleans the strings and fret-boards of guitars and other stringed instruments.
• Increases performance of C02 model airplane motors.



Neo Ballistol Oil - the main features at a glance: :

is suitable for skin care for hands, feet and the whole body,
will successful applied as massage oil,
is easy to massage in and soothes itching,
regenerates and relaxes the stressed skin,
moves quickly into the skin,
is also suitable for sensitive skin,
make dry, brittle and scaly skin soft and elastic,
is ideal for nail care,
prevents nail fungus,
prevents shear off of fingernails and toenails,
make brittle nails elastic again,
prevents the ingrown of the nails,
prevents bedsores,
acts disinfecting,
is ideal for wound care,
interacts as a protective liquid glove in rough work,
is composed of proven herbal ingredients in medical quality and pure white oil,
contains many essential oils like mint oil and aniseed oil,
is made without preservatives,
is recommended by dermatologists,
proven since 80 years in many different applications.
Last edited by Viking on Fri Dec 07, 2018 1:39 pm, edited 1 time in total.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by Thunderhead »

Ek drink kapsules as ek sukkel met sooibrand en as my maag deurmekaar is.Ek het al olie gebruik in die veld vir uitslag baie goed gewerk.
User avatar
Jakkie07
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by Jakkie07 »

knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by knipmes »

Baie dankie almal wat geantwoord het
Ek gaan die Neo Ballistol probeer Groete
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by jdpretorius »

Knipmes, heeltemal van die onderwerp af ... so biekie nostalgies want lanklaas van iemand gehoor wat ProShot in daardie jare geken het. Die ouens wat daar gewerk het was my pelle en ons het baie ammo op daai baan uit geskiet.
Lekker dag.

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by knipmes »

jdpretorius wrote:Knipmes, heeltemal van die onderwerp af ... so biekie nostalgies want lanklaas van iemand gehoor wat ProShot in daardie jare geken het. Die ouens wat daar gewerk het was my pelle en ons het baie ammo op daai baan uit geskiet.
Lekker dag.

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Ja ,as jy oud word is dit goeie herinneringe. Die Manne van die Hoostad Pakke en Klere in Du Toit staat Sarel Engelbrecht, James Fourie, en Johan Gerber wat later bygekom het. Johan het toe sy eie besigheid Pro Shot begin. Sarel het Leef en Werk en Formalito begin. James het n plaas gekoop in Oos Transvaal. Andrew Swan van Perrins. Hy is in sy winkel vermoor. Ek baie keer daar oor etenstye gaan kyk en gesels. Andrew het my op n keer laat weet hy het Lapua punte vir die 9,3 ingekry. Ek het vandag nog so n klompie van die hierdie 286gr Lapua Mega punte oor. Sy seuns het die besigheid na sy dood oorgeneem maar dit het toe nie lank daarna nie toegemaak.
Later ook Jo v d Lierde en sy vrou by VLT goeie vriende geword
So kan ons oor heelwat van die goeie dae en kennisse, geweer winkel, ens praat
Die ou kennisse word al hoe minder

Ons bly dalk naby mekaar ek woon ook nou in die"Ooste"
Groete
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by jdpretorius »

Ook in die ooste.
Die ou manne raak nou baie dun.
Weet nie of jy Swannie Swanepoel ontdou nie, hy't nog my 222 her-kamer na 223 en my pa het vir hom so mou en dan n paar kolwe gemaak. Van die ou manne het nog baie mooi werk en checkering gedoen wat ek nie meer dees dae sien nie.
Ek was nie so hand op die blaas met Johan Gerber nie, ma was goeie vriende met "klein" Johan (meer my ouderdom gewees) tot sy dood toe die Putco bus hom op die Molotto pad in sy 1400 bakie dood gery het. Ek en Jacques (Wat opleiding daar gegee het) was en is nog groot pelle. Hy het klein Johan se sussie op n kol gedate. Jacques en Alf (van Oscar Arms) is saam Iraq toe vir so 4 jaar. Alf het terug getrek Engeland toe na sy eerste dogterkie se geboorte. Siggi Liebner en sy vrou Sharon het soms saam ons daar geskiet en gehelp om ons hand wapen skiet te verbeter. Het so 2 jaar of wat terug weer iets raak gelees van Ziggi, hoop dit gaan goed met hom
Goeie dae, toe ons nog wild en jukkerig was.
Lekker dag daar

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by knipmes »

Die wereld is maar klein as jy oud word. Ja ek onthou vir Swannie Hy het daar in Irene gewoon en by die Dept van Landbou gewerk
Van die "jong manne" kan ek nie onthou nie. Siggie Liebner en sy vrou Sharon onthou ek ook goed Ek het laas gesien hy is by Gallery Shooting betrokke Maar weet niks verder van hom af nie.
Mooi dag verder
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by Alwin »

As ek reg onthou het Pro-Shot 2 winkels gehad. 1 in die Arcadia winkelsentrum, met binneshuise skietbaan en die ander Sunnyside. Dit was aan die linkerkant van Troye str, net verby Esselen str.

Ballistol en Neo-Ballistol is bekend vir skoonmaak-, beskermende- en medisinale eienskappe. Ek het omtrent die tyd laasjaar 'n spysverteringsprobleempie gehad wat tot aanhoudende diaree gely het. Al die medikasie en spesiale dieet het min gehelp. Toe voer 'n vriend vir my 'n paar Ballistol kapsules per dag en die probleem is opgelos. Ek glo daai goed werk! Jy kan natuurlik die middel skoon uit die botteltjie drink ook... ++>:
Last edited by Alwin on Tue Dec 11, 2018 7:37 pm, edited 1 time in total.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by jdpretorius »

Alwin, ek dink jy kan heel reg wees, dit was soveel jare terug.

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by knipmes »

Goeie dag
Dankie vir die moeite om te antwoord.
Weet iemand dalk waar ek deesdae die Neo Ballistol kapsules in Pretoria kan koop?
Ek het op die I/ net by Safari & O gekyk maar hulle het net die Universal in vorraad.
Groete
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Gebuik van Ballistol geweerolie as medisyne

Post by knipmes »

Na baie tel oproepe het ek by N Yale in JHB wat die verspreiders is uitgekom Goeie diens en verwysing na n handelaar
Groete
Post Reply