Dag roep het die taak gedoen

Post Reply
User avatar
Termiet
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Fri Dec 11, 2009 12:53 pm

Dag roep het die taak gedoen

Post by Termiet »

Screenshot_20181207_001524.jpg
Hallo manne

Hier is 'n stel jakke tussen my en buurman. Nag roep kom hul nie in nie en al 3 keer probeer die jaar. Bure gaan ook uit saans want jakke lê bedags aan my kant op koppie maar gaan suip by hom. Daar was al 'n pak honde in en jakke raak weg. Helikopter al gehad en jakke raak weg. Jy hoor hul elke aand in selfde area maar die koppie sit langs die Sondag rivier wat ook baie oor groei is op plekke.

Na bure 9 groot skape verloor het onlangs toe pak ek 4pm om dag roep te gaan doen want alles is nou al probeer. Kry my plekkie en roeper is uit.

Speel klein varkie sag
Wag 10min
Klein varkie harder
Wag 20min

Hier kom die twee mooi aangeloop.
Hulle kom toe van buurman af van windpomp waar ek weet hul suip. Hulle werk so al lank die rivier se wal en raak weg op seker plekke tussen die bosse. Teef steek vas en sy val. Reun hardloop in rivier in. Ek sit dood stil roep niks. 10min later sien ek hier kom reun uit ruik ruik waar sy teef is... Daar lê altwee na alle ander probeer slae.
Reun is so 6-7 jaar oud en teef so 4-5 jaar oud.
Ek het varkie gekies as nuuskierig want nooit het ander roepe op hul gewerk nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Dag roep het die taak gedoen

Post by jankraay »

Goed gedoen!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
.270 Man
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Wed Apr 29, 2015 2:18 pm

Re: Dag roep het die taak gedoen

Post by .270 Man »

Wel gedaan
.270 Sako with K98 action
carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus
;D ;D ;D
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Dag roep het die taak gedoen

Post by Witpietskiet »

Baie geluk, n dag roep laat die bloed vinnig pomp as jy hulle sien in kom.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 982
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Dag roep het die taak gedoen

Post by partner »

Goed gedoen. Baie geluk.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Dag roep het die taak gedoen

Post by johans »

mooi storie.
mense dink baie keer as n ou 30jakkalse op n aand of 2 skiet op n wilds of saaiplaas dis indrukwekkend.
maar om so skelm paar wat al so baie metodes ontduik het uiteindelik te kry is vir my die real deal.veral in die omgewing waar jy bly
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Dag roep het die taak gedoen

Post by pieter h »

Goed gedoen altyd lekker gevoel as hul Val.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Dag roep het die taak gedoen

Post by Geno »

Baie mooi. Dag roepe is altyd lekker opwindend!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Dag roep het die taak gedoen

Post by Frederik »

Baie geluk netjies en lekker storie.
Post Reply