Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Enige iets tov messe.
Post Reply
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Post by HennieL »

Vriende,

Almal word uitgenooi om die Bloemfontein Mesmakersklub se jaarlikse messkou te kom bywoon. Die skou sal d.v. soos gebruiklik, op Saterdag 3 November gehou word (dis elke jaar op die eerste Saterdag van November...)

Daar sal baie messe te koop aangebied word - kom kuier saam met ons in Bloemfontein, en kom haal daardie spesiale jagmes (of knipmes) wat jy al so lank aan jouself belowe ++>: Toegang is slegs R30.00 per persoon (en kinders onder 16 is gratis), en sluit 'n gelukkige trekking vir 'n handgemaakte mes in.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Post by HennieL »

Vir besoekers aan Jaracal wat nie die "poster" kan sien nie - Die skou word in die skool saal van die Primere skool Universitas (beter bekend in Bloemfontein as Tjokkies), gehou (Die adres is: Ross straat 15, Universitas). Die deure open 08:30 die oggend, en ons beplan om so 15:00 klaar te maak.

Daar sal deur die dag 'n mesmaak kompetisie gehou word tussen die hoofseuns van twee Bloemfonteinse hoërskole, en daar sal ook 'n smee (forging) demonstrasie gehou word, asook 'n "Hoe om 'n mes te maak" aanbieding, so enigeen wat dalk dink om vir hom/haarself 'n mes te maak sal baie kan kom leer - en ja, daar is vroulike mesmakers ook wat gaan uitstal...

Jou toegangskaartjie laat jou ook toe om in aanmerking te kom om 'n handgemaakte mes in 'n gelukkige trekking te wen - alles vir net R30.00

Sien julle Saterdag ++>: ;D
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Post by HennieL »

Hier's so 'n lusmakertjie van 'n paar messe wat uitgestal gaan word:

Knipmesse deur Eddie Scott:
ES_1.JPG
'n Jagmes en skede deur Hennie Landman
HL_1.jpg
Twee jagmesse deur Hennie Geyer
HG_1.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Post by HennieL »

'n Jagmes deur Tiaan Groenewald
TG_1.JPG
en, die Trekmes wat gewen kan word vir R30.00
Trekmes.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Post by Riaan Kriel »

HennieL wrote:Hier's so 'n lusmakertjie van 'n paar messe wat uitgestal gaan word:

Knipmesse deur Eddie Scott:
ES_1.JPG
Mensig maar die Damascus-messe is iets besonders... trek maar altyd my oog ><)
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Post by HennieL »

Riaan Kriel wrote:Mensig maar die Damascus-messe is iets besonders... trek maar altyd my oog ><)
Riaan ja, mooi was nog nooit lelik nie ;D

Hierdie messe is van 'n vlekvrye poeierstaal damaskus, genaamd Damastaal, gemaak. Die staal word uit Swede ingevoer, en kos so tussen R5000.00 - R10 000.00 per meter vir 'n staaf wat so 4-5mm dik en so 40mm wyd is - en dan moet die mes nog gemaak word... beslis nie die soort knipmes wat jy vir die handlanger sal leen nie ::)
Post Reply