Op die plaas aan gekom het ons eers als af gepak en was daar n paar takies wat afgehandel moes word.
Sakkie het nadat hy in sy nyala kamp gesien het dat daar van die diere se pense los was eers sy voer resep aan gepas om daai probleem aan te spreek.
Daar het ek al klaar gesien dat die jongman se kop reg is op sy skouers.
En dat hy ook n masiewe stel ghoens aan hom het sou hy later aan my bewys !
Met die nodigste werkies af gehandel het is ons gou skiet baan toe dat ons die gewere kan gaan loer of als nog reg is.
Nou omdat ek rerig graag iets groots met die epps wil skiet en ook wil kyk wat maak daai 190 gr kriek bosvelders was hy my gekose wapen
Met Sakkie se hulp het daai Epps n ghong op 200m skoot vir skoot laat sing en was ek reg gewees vir aksie.
Dit was al redelik laat die middag en n goeie vriend van ons oom Dion en my jong man Henrico sou die volgende oggend vroeg by ons aan sluit het ek en Sakkie besluit ons los die jag vir saterdag .
Volgende oggend vroeg het Sakkie gou n paar penkop rooibokke uit geskiet uit die swart rooibok kamp uit.
Hy het n bestelling gehad vir vleis en die ramme moes uit ..
n Wen wen sutuasie. ...wel seker nie vir die rooibokke nie
Ons is toe terug kamp toe waar ek n baie groot bobejaan heeltemal mis geskiet het in die lusern land. ..maar kees hey vir hom vaal geskrik en sal nie gou weer terug kom nie.
Oom Deon en my bul het toe ook net daar aan gekom en ons het gou die skieters en water gelaai , sommer op die trekker en trailer wat oppad was om orals op die plaas te gaan voer.
Nou soos ek gesê het Sakkie het n absolute passie vir sy wild en jag en hy verstaan die werke.
Sy groot trots is sy elande en koedoe bulle.
Nou daar is genoeg koedoe bulle op daai plaas om jou bank bestuurder nagmerries te gee
By elke voerpunt staan daar 5 plus koedoe bulle wat almal 50" duim en van hulle sommer baie meer is!!!!
Oom Dion wou ook n pajama donkie skiet en ons laai hom toe op n plek af wat Sakkie glo hy die beste kans sal hê.
Ek en Sakkie en Henrico is toe verder met die trekker.
Sakkie sê dat ek voor op die trailer moet kom sit want ons het n goeie kans om voor elande te kry, en dan kan ek sommer van die trailer se raamwerk af skiet.
Nou die elande ontwyk my nou al vir meer as n jaar en ek gaan nie so geleentheid verby laat gaan nie.
Nou net soos die man gesê het ry ons toe binne n trop elande vas.
Nou Sakkie wil nie hê ons moet vroulike diere skiet nie omdat hulle dragtig is maar ek mag n jong bul skiet wat omtrent n groot koei grote is vir n baie billikke prys.
Nou ek soek vleis en dit pas my soos n handskoen.
Elande draf so bietjie weg maar gaan steek toe vas tussen die blaarlose mopanies.Ek en Sakkie beloer hulle toe mooi en besluit op n jong bul...maar die man staan eers agter n boom en toe hy agter die boom uitkom toe staan hy met sy gat na my toe...geen skoot daar nie.
Sakkie wys my toe n bul wat heel regs mooi plankdwars staan.
Sakkie gee die "go ahead "....die epps blaf en met daai kriek wat styf teen die linker kant se blad in is en op die regter kant se blad uit is maak daai bul nie 30m voordat hy plat is nie.
Met n baie opgewonde jongman wat baie trots op sy pa is en n geblad skut tussen ons drie sny ons keel en draai die bul reg dat ons kan fotos neem.
Nie ek of Sakkie kan lekker die bul se ouderdom plaas nie ..
Van vêr af lyk hy na n mooi jong bul....basies geen klos nie...Baie klein "dewlap" ens
Maar van naby af sien ons die man se bors en nek is al blou soos n groot bul en het ook al n duk stel horings aan hom...
Ek kry maar altyd hartseer as ek so mooi dier skiet maar die eland steak en huis vleis se vooruitsig troos darm .
IMG-20181022-WA0002.jpg
IMG-20181022-WA0010.jpg
Sakkie kontak toe die kamp dat hulle n ander trekker stuur met so plat laai bank wat hy gepraktiseer het. ..dit werk op die trekker se hidroliese "lift" en werk soos n droom om n karkasse te laai.
Dis warm en daai eland moet in die koelkamer kom.
Sakkie stel toe voor dat ek en Henrico moet verder met die voer trekker en by die boog blind gaan sit.
Sal glad nie omgee om n zebra met die boog te kan skiet nie
Ek sê toe nee...ek gaan eers by die eland help want dis nie reg van my om net sneller te trek en dan te verwag dat al die harde werk daarna deur iemand anders gedoen moet word nie.
Plus ek geniet alle aspekte van jag...die karkas herwinning. ..slag ...alles.
Na n belofte van n pak slae van my vriend af...en dat hy n bleddie fris en jong man is het ek maar geluister. .. ek dink sy klappe kan brand
Ek en Henrico is toe verder met die trekker na n boog blind toe.
LES TWEE.... n slick trick broadhead is bleddie skerp

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.