Droe wors hang

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Droe wors hang

Post by Vlakvark »

Ek moes vinnig plan maak om ,omtrent 120kg se droëwors te hang.Ek het nie genoeg opvoubare wasgoed rakke om dit te hanteer nie.So ry ek om staal te gaan koop om 'n raam te bou ,en dan van my ''stainless mig welding'' draad oor die raam te span.Kom die idee oor my wat van 'n swembad heining .Hoop nou nie ek's die laaste ou wat die idee kry,en almal doen dit al jare nie .Hierdie raam is 1.8 m en hy het 120kg nat wors op.Dit werk sommer baie lekker.Ek het wel 'n ''Airconditioner '' geïnstalleer vir die hitte .Wil nie so klomp wors verloor nie.

Swembad Heining
http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/42206925_1551931981619056_6259238591319244800_n.jpg

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCN4331.jpg

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCN4314.jpg

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCN4310.jpg

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCN4304_1.jpg
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Droe wors hang

Post by PWV »

Sal 'n draai by jou maak vir 'n kilo of twee!! ++>: ++>:
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Droe wors hang

Post by Vlakvark »

''No ways'' nie so maklik nie .


User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Droe wors hang

Post by FHM »

VV ek doen ook daai manier - het selfde rak in my biltongkamer en hy werk lekker
Jy kan so om die wors n paar Roo-biltonge ook hang en droogmaak vir uncle PWV wat kom kuier... ++>:
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Droe wors hang

Post by tripodmvr »

Netjies gedoen. Jy sal maar die wind moet laat waai - probeer so paar waaiers ook.

Pieter sê hy verkies Kameelbiltong bo Roo. ++>:
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Droe wors hang

Post by Vlakvark »

Die aircon blaas van bo af en dan is daar drie waaiers op die grond .Die kamer se temp is so 20 grade.in die nag is dit nog koel by ons dan sit ons die aircon af.Die kamer se temp gaan dan so laag as 15 grade .Ek wou al kyk of dit sal werk om die wors in die koelkamer te droog ,maar die is te groot maat om in die koelkamer te kry.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Droe wors hang

Post by Vlakvark »

Sal vir oom Pieter Kangaroe stert biltong maak :laugh: :laugh:
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Droe wors hang

Post by Gawie(13mm) »

Netjies!!!
Bly om te sien jy het nog nie verleer om planne te maak daar on OZ nie.
Ek stuur 'n string of twee sitbok biltonge saam met die Oom. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Droe wors hang

Post by PWV »

Vlakvark wrote:Sal vir oom Pieter Kangaroe stert biltong maak :laugh: :laugh:
Lyk my jy het in 'n regte OZ-sie suinige snob verander! ;)
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Droe wors hang

Post by Vlakvark »

Daai senings is lekker as hulle goed gesout is,oom kan heeldag aan hulle kou,en hulle dan oornag op die bedkassie los.Net om hulle die volgende oggend weer aan te vat ++>: ++>:
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Droe wors hang

Post by ruaanb »

Vlakvark wrote:Daai senings is lekker as hulle goed gesout is,oom kan heeldag aan hulle kou,en hulle dan oornag op die bedkassie los.Net om hulle die volgende oggend weer aan te vat ++>: ++>:
eers die tanne insit
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Droe wors hang

Post by jankraay »

ruaanb wrote:
Vlakvark wrote:Daai senings is lekker as hulle goed gesout is,oom kan heeldag aan hulle kou,en hulle dan oornag op die bedkassie los.Net om hulle die volgende oggend weer aan te vat ++>: ++>:
eers die tanne insit
Hahahahaha lekker lag ek nou.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Droe wors hang

Post by Vlakvark »

Hulle is droog 46 x 1 kg pakkies.En nog so 7 kg kort stukkies. 53 kg droëwors van 'n 120 kg wors

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCN4410.jpg

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCN4412.jpg

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCN4408.jpg

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCN4420.jpg

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Vleis%20kamer%20_Rook/DSCN4425.jpg
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Droe wors hang

Post by Johan Nel »

Netjies! Lyk half soos 'n produksielyn wat jy daar aan die gang het.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Droe wors hang

Post by wlm »

Ek weet nie of ek sleg lees nie maar ek sien nie dat jy ons vertel waarvan die wors gemaak is nie. >:D
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Droe wors hang

Post by Vlakvark »

Vleis. >:D



Dit is Red Deer. Drie Red's geskiet onder die lamp op ''Oats'' lande. Twee blaaie en een nek weg gegooi,en baie vleis vir die honde. Het my ongeveer 90 kg vleis gegee.Ek het so 2 kg gevat vir biltong die res het ons gemaal en vet by gesit,en 'n 102 kg se wors gemaak,om droë wors van te maak.Ek het vroeër gesê 120kg maar dit was egter 102 kg waarvan ek so 52 kg droë wors gekry het.
Post Reply