Wil graag bietjie hoor wie op die forum jag al 375 Rugers? Hoe is hulle performance en slaankrag? Ek oorweeg sterk om vir my een te kry, en die Howa se prys is MOOI!
Ek wil hom prim?r gebruik as werksgeweer vir medium-swaarder bosveldwild soos wildebeeste, zebra's, koedoe's en elande. Ek kry my 338 Tikka Hunter met sy houtkolf
te jammer om heeltyd veld toe te vat. Ek het al baie opgelees oor die 375 Ruger, die manne in amerika reken dis 'n lieflike kaliber en die wat hom al in afrika gebruik het
reken hy is dodelik, selfs op buffels en kameelperde. Ek moet bieg, ekt al heelwat met 'n ander maat se 375H&H gejag, en daar is niks wat 'n wildebeesbul lekkerder skiet nie!
Wat is die opinie van die mense wat weet? Wil ook weet hoe herlaaiers vriendelik hy is?
Wil ook graag weet, is hier dalk al manne wat 204 Rugers skiet? Ek oorweeg ernstig om my Ruger M77 in 22-250 te laat re-barrel na 270 Sabi vir bosveldgebruik, en die 22-250
dan te vervang met die 204 vir jakkalse en speel op die baan, en ook so nou en dan 'n lekker kopskoot as die situasie vra daarvaaor.
aangewend word sal selfs in die regte hande 'n springbok kan seermaak.
Ek is 'n redelike ervare jagter maar is nuut op die forum en vra graag die manne wat weet se raad!
Groete,
Rooijakkals


