Dies vir 243Win?

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Dies vir 243Win?

Post by Hein M. »

Hallo aan almal!

Ek wik en weeg tussen RCBS en Redding dies vir my 243.  Enige kommentaar op watter een minder "doughnut-vriendelik" is?

Hein Mostert
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Dies vir 243Win?

Post by Hein M. »

Het besef dat hierdie thread te lank gaan word.. ;D

Dus het ek vanoggend 'n Redding de Lux die set gekoop.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
tafjak

Re: Dies vir 243Win?

Post by tafjak »

Hein

Jy sal nie terugkyk nie! Ek het gewag om miskien iets beters by die ander te hoor, maar reken Redding is die beste waarde vir geld. Laai met dieselfde ou en ek kry darem iets dood daarmee. Net besig om te laai en hier is doppe met tot 15 skote tussen hulle en kon nie een doughnut kry nie, maar moet noem dat ek "mild" laai.

Onthou dat die expander ball die doughnut verraai.

Taffie
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Dies vir 243Win?

Post by Tomcat »

Taffie

Jy moet onthou jy laai met baie goeie doppe. Gaan die die-set dougnat vriendelik wees met PMP doppe ook? Gaan dit oor jou dies of oor die doppe?

Tomma
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Dies vir 243Win?

Post by Hein M. »

tafjak wrote: Hein

Jy sal nie terugkyk nie! Ek het gewag om miskien iets beters by die ander te hoor, maar reken Redding is die beste waarde vir geld. Laai met dieselfde ou en ek kry darem iets dood daarmee. Net besig om te laai en hier is doppe met tot 15 skote tussen hulle en kon nie een doughnut kry nie, maar moet noem dat ek "mild" laai.

Onthou dat die expander ball die doughnut verraai.

Taffie
Taffie,

Voel nou sommer beter oor die kopie!  Baie dankie!  Ek neem aan jy neck-size jou doppe?

Tomma,

Die doppe se kwaliteit is seker bepalend.  Het al so 'n 1000 PMP doppe versamel ;D  Ek woon gelukkig in 'n 243-omgewing.  Ek sal ook maar gematigde ladings laai en sodoende die doppe se leeftyd probeer verleng.  Het darem al 50 Wincester doppe ook.

Hein M.
Last edited by Hein M. on Mon Jun 15, 2009 7:32 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Dies vir 243Win?

Post by Mac »

Taffie, Hein & Tomma,

Beskou hierdie as n'klip in die bos of n' dom vraag, ek kan nie eintlik saampraat oor die doughnuts nie, skiet n' 270,  ;D maar as jy n' goeie die set gebruik, Redding of Forrest, nekke  word detrim en gesny, en "annealed" elke 3 - 5 skote, en net n' neck sizer en body die gebruik word reken ek dat amper enege dop redelik tot baie lank sal hou,

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Dies vir 243Win?

Post by Hein M. »

mac21 wrote: Taffie, Hein & Tomma,

Graham,

Ja, ek het net huidiglik net ervaring van 223, maar my opinie is dat warm ladings 'n dop se (vinnige) ondergang is.  Met die regte fine tuning en gematigde ladings sal jy verder kom.  Maklik vir my om sulke edele woorde te spreek, maar 'n jakkalsjagter moet seker partykeer meer druk agter die pil sit om platter te skiet.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
tafjak

Re: Dies vir 243Win?

Post by tafjak »

Tomma

Ek reken die druk sal baie te doen h? met aanwesigheid van die doughnuts. Die tipe dop sal seker nie 'n verskil maak nie. Ek kom ook agter hoe langer die koe?l(veral flatbase koe?ls) hoe gouer die doughnut. Kry 'n outside neck reamer en sny die doughnut aan die buitekant weg en probeer om net so 3mm te necksize.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Dies vir 243Win?

Post by Hein M. »

Graham,

Hier is 'n interessante link oor anneal.  Hoe doen jy dit?

http://carteach0.blogspot.com/

Hein M
Last edited by Hein M. on Tue Jun 16, 2009 6:24 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Dies vir 243Win?

Post by Mac »

Hello hein,

Ek gebruik ook maar die flammetjie met n'bak water,maar het nou nie van die die fancy pen geweet nie, moet seker uitkyk vir een, maar my kop, trek nou eintlik na die oond metode, klink vir my nogal logies. Dankie vir die link, nogal interesant.

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Post Reply