Gunsite e pos

User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Biltong »

Ek hoor graag kommentaar.
[img width=339 height=480]http://i1230.photobucket.com/albums/ee4 ... G_0001.jpg[/img]
[img width=339 height=480]http://i1230.photobucket.com/albums/ee4 ... G_0002.jpg[/img]
[img width=339 height=480]http://i1230.photobucket.com/albums/ee4 ... G_0003.jpg[/img]
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Gunsite e pos

Post by DawieKotze »

Die brief is gedateer 02 June 2011 !!!!

Dit klink vir my dit gaan 'n storie wees van "Jy het ges?...." en "Ek het ges?" ! SAGA vs SAJWV!! Maar tenminste weet ek nou wat SAJWV se standpunt is en soos Fred dit daar stel - lyk dit vir my ook na 'n storm in 'n teekoppie!!

Ek sal die vereniging bly ondersteun in alle pogings om die goedkeuring van lisensies te bespoedig sonder dat hy aanspreeklik gehou kan word. Hulle het baie goeie regshulp en eks seker daai manne sal dit nie toelaat nie. Die ultimate vir my sal wees om die persoon een maal te "lisensieer" en nie elke vuurwapen daarna nie. Elke 10 jaar kan die persoon "herlisensieer" word??

Die egos loop hoog in die jagterspolitiek!! Dis baie jammer dat ons nie son kan laat skyn op goed bedoelde pogings nie!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Gunsite e pos

Post by 243Songdaug »

Madako - nes jy is ek 'n trotse SA Jagters lid!!!

As ons darem die dag dit tot die regering kan laat deurdring om eerder die persoon as die geweer te lisensieer - dan het ons GROOT gewen. 

SA JAGTERS doen groot werk vir die jagtersgemeenskap - hetsy jy 'n lid is aldan nie. 
Dont tell me, show me......
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Spanner »

Ja dis maar 'n swakheid van ons volkie - dit laat my dink aan die grap van jare gelede :

Drie broers is op 'n skip.  Die skip sink en hulle alleen spoel uit op 'n verlate klein eiland.  Binne 'n week het hulle drie kerke en vier politike partye gestig ...

Regtig hartseer ...
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
grumpy

Re: Gunsite e pos

Post by grumpy »

Ek is nie nie n lid van die SAJWV nie. Die kostes en fooie is baie hoog. Ek wil nie op hulle skiet dae ens gaan nie. Ek behoort aan n skiet klub en dit is genoeg vir my. Dit kos my R 300 vir die jaar, geen extra kostes as ek elke naweek gaan skiet nie. As hulle fooie en kostes nie so duur was nie dan sou hulle BAAIIEEEE meer lede gehad het.

Ek gaan jag vir vleis om biltong te maak ens. Ek wil nie voorgese word wat om te doen nie of dat ek soveel keer saam met hulle moet gaan skiet nie. Wat ek gehoor het by ouens wat aan die vereeniging behoort stel ek nie belang nie. Eerstens is daar te veel politiek, na vergadering is dit net n gesuipery en nee, ek stel nie belang.

Ja, ek drink iets as ek lus is vir dit maar drink nie om te sien wie kan die meeste drink nie!

Ek vra net, hoekom moet daar altyd so iets gebeur.

Ek sal wragtag nie omgee om aan n vereeniging te behoort saam met ouens op die forum. Hier is regtig bakgat manne wat baie behulp saam is en nie bang is om hulle kennis te deel nie.

Net my opinie.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Gunsite e pos

Post by 243Songdaug »

Ai Grumpy ou maat - ek is baie teleurgesteld om so iets te lees. Gaan nounou met jou praat oor die drank euwel - kom ek antwoord eers 'n paar ander vrae wat jy het.

SAJWV is duur? Jip, R600 per jaar is 'n klomp geld, maar ek kyk so daarna - 2 pakke punte is duurder as 'n jaar se lidmaatskap.  Die voordele wat ons as lede kry is ongelooflik baie.  Ek en al die SAJWV lede op Kathu betaal as volg:  R360 -Lidmaatskap aan die plaaslike skietklub, R720 per jaar om te behoort aan 'n moederliggaan - al ons klubs moet aan 'n Moederliggaam behoort en om lid te wees van 'n klub SAL jy aan die moerderliggaam ook behoort, R535 SAJWV lidmaatskap en dan R55 ekstra indien jy toegewyde status het.

Ons skiet 1 keer per maand - inskrywingsfooi R30 tot R60 per persoon - juniors betaal halfprys.  Dit is egter so dat sommige klubs/takke onredelike ho? inskrywingsfooie hef - lede mag en kan dit met hul kommitee opvat en laer pryse beding/afdwing.  Klubs moenie hul hoofinkomste uit inskrywingsgelde maak nie.  Indien dit gebeur is dit tyd vir 'n nuwe kommitee - die lede bepaal wie bestuur HUL klub/tak.

Lidmaatskap aan die/'n Plaaslike klub:  Dis presies tot waar jy kan vorder - plaaslik.  Van ons lede in ons klub het besef dat ons erg beperk is - plaaslike klubs kan jou net soveel bied, jy kan nie provinsiaal of self nasionaal erkenning verwerf nie - ons wou MEER h?.  Binne SA Jagters kompiteer ons op takvlak, Profinsiale vlak en ook op Nasionale vlak.  Lekker man, baie lekker.
 
SA Jagters vereis slegs van sy lede met Toegewyde status om 2(TWEE) verenigings aktiwiteite per jaar te doen - dis die minimum wat deur wet 60 van 2000 voorgeskryf word vir toegewyde persone om hul status te behou.  SA Jagters skryf geensins voor dat jy aan enige tak/vereniging aktiwiteite moet deelneem nie - dis elke lid se eie vrye keuse.

Ek wil sover gaan om te s? dat dit 'n takspesifieke probleem is - dit gaan beslis nie in alle takke so nie.  Die vieslike stigma wat rondom drank en gewere klou irriteer die blou hel uit my uit - ek, nes jy is ook lief vir my Whiskey, brannewalie(al laat pyn dit my regterarm dat ek nie kan slaap nie), bier en ook so 'n wyntjie by geleentheid.  

Toe ek so vier jaar terug aktief ingeklim het in die skietsport het ek dit aan almal laat verstaan dat drank nie geduld sal word tydens skietdae nie - het nog net 1 geval gehad waar ek 'n persoon vriendelik moes versoek om die baan te verlaat.  
Last edited by Guest on Sat Jun 25, 2011 7:07 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Gunsite e pos

Post by 243Songdaug »

Binne SA Jagters is daar 'n defnitiewe gedragskode kode - indien enigeen wat aan die vereniging behoort deur sy swak gedrag of optrede die vereniging se beeld in 'n swak lig stel kan daar disipliner teen die persoon opgetree word.

Grumpy - dis sulke ouens wat ons edel sport 'n swak naam gee - ons moet hulle met wortel en tak uitroei.  Ek woonin die rigting van 14 verskillende skietverwante vergaderings per jaar by en jy kan nou my vrou vra - ons kom nugter huistoe.  Party keer dik die m@er in vir die kommitee wat nie wil verstaan wat jy probeer vermag nie, ander kere dik van die lag, maar nooit gesuip nie.

Ek en my kommitee maak 'n punt daarvan om 'n voorbeeld te wees vir die res van die tak - dis makliker om 'n voorbeeld as 'n voorskrif te volg.

Groete - uit 'n vrek koue Noordkaap.
Songdaug
Dont tell me, show me......
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gunsite e pos

Post by James Wilson »

grumpy wrote: na vergadering is dit net n gesuipery en nee, ek stel nie belang.

Ja, ek drink iets as ek lus is vir dit maar drink nie om te sien wie kan die meeste drink nie!

Ek vra net, hoekom moet daar altyd so iets gebeur.
Grumpy, jy klink kwaad.  ek wil jou graag aanmoedig om drankmisbruik deur lede van SA Jagters na skietoef of vergadering aan te meld. ek dink die reaksie deur die top bestuur sal aan jou standaarde voldoen.

nou die kwessie wat jy noem dat SA jagters verwag jy moet soveel keer skiet en soveel keer dit of dat doen.  alhoewel hulle dit van jou verwag is dit maar eindelik wat weer van hulle(geafilieerde skietverenigings) deur die owerheid van verwag word.

ek is n lid van SA Jagters. ek haak maar gereeld met hulle en somige reels asook bestuurstyle.  maar van al die verenigings het ek met hulle die meeste in ooreenkoms.
wat betref hulle maandelikse tydskrif sien ek hulle bederf nou n goeie ding met hulle maandelikse "brandpunt" bespreking. een van die redaksie skryf n openings rede oor n sogenaamde brandpunt. in die stuk raak hy dan so n bietjie kontaversieel of maak aanmerkings wat hy weet mense gaan ontstel en woeps, kan jy raai, daar is n lekker warm debat.  goedkoop sensasie as jy my vra.  in die nuutste uitgawe praat hulle oor bloedsmeer as tradisie. ag hemel dit is al tot vervelens toe bespreek.

SA Jagters het gevra almal moet saam die regering hof toe vat. die tyd het egter uitgeloop en die ander manne het net gestry en gekerm oor die wet. toe vat SA Jagters die bul by die horings en vat die regering hof toe, met sukses. my jaarfooi en baan fooie dra by tot die betaling van die regs kostes. as SA Jagters nie die regte vereniging is nie moet die manne maar vir my se wie het meer bereik en dan bedank ek en gee my geld aan daai vereniging. tot dan kap ek maar aan by SA Jagters al is ek nie aldag tevrede met hulle nie.  Terloops ek glo vas die top bestuur kort sommer heelwat jong bloed.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Jaco Bezuidenhout »

James

Stem 100% saam met jou.

Groete
Jaco
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Dawid »

Grumpy

Ek verstaan nie waarom jy so omgekrap is nie.....

1. Die manne drink na die vergadering.

2. Besef jy watse stress gaan daai manne deur gedurende so n vergadering....hulle veg teen die regering se wapenbeleid hoor.

3. Hulle drink want hulle kan , hulle het geld om so te kan drink of goeie bankbestuurders.

4. Hulle jaarlikse ledegeld is opbetaal en nou vier hulle dit.

Dis soos skiet Grumpy....oefen oefen en nogmaals oefen........as jy nou begin oefen kan jy dalk die manne wat so hard drink eendag join......wie weet..??

Groetnis..... :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beretta »

Grumpy
Ek stem saam met jou.Ek wil net weet wie gee sajagters n mandaad om namens die meerderheid te praat.Ek kan julle verseker dat al my papiere en motiverings by mekaar was toe ek dit ingehandig het.Lyk my daar is baie exo, abc, cna komitees in daaardie plek.Hoekom moet ek my deur hulle laat voorkryf wat om tedoen ons lewe in n demokrasie en nie in n komitee nie.Hoekom is hulle bang vir saga gaan hulle hulle shine verloor.Ek wil weet hoeveel lede hulle het gaan lees gerus op hulle potshot en kyk hoe dit verskil.O ja spanner jy is reg met wat jy se soos reeds hier bo genoem kyk na al die komitees binne sa jagters.Ek behoort ook aan n skiebaan  en ek  kanie nie sien hoekom ek weer moet betaal nie.Dit maak nie saak hoeveel geld jy het of nie daar mag nie teen oor jou gediskrimineer word nie. Dus is daarie wet volgens my is nie grondwetlik nie.Die bloed smeer storie ook as jy wil gesmeer word doen dit as jy nie wil nie los dit die  wat maak dit tog saak dit is dieselfde storie jag jy n bok of skiet jy n bok ek het nog nooit een gesien wat nie geskiet of gejag was nie Soos die hoender en die eier storie.My punt weer eens as jy nie betaal nie kan jy nie toegewyd wees nie.Indien dit nie so is nie se vir my watter organisasie dit doen ek wil aan hulle behoort.
Groete
Beretta
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gunsite e pos

Post by James Wilson »

Beretta wrote: Indien dit nie so is nie se vir my watter organisasie dit doen ek wil aan hulle behoort.
en daar is jou antwoord. daar is nie so n organisasie nie. alamal het kostes veral n organisasie wat met n helse duur hofsaak teen n euwel regering besig is.  niks is verniet nie.

niemand het vir SA Jagters n mandaat gegee nie. net soos niemand aanvanklik die guts gehad het om iets te doen nie. toe almal nog him en ha toe tree SA Jagters op. nou is baie mense kwaad daaroor. ???
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Gunsite e pos

Post by 243Songdaug »

Jagbehep - skiet jy hierdie jaar op die Soutpan tydens die 2011 President Skiet op 17 September?

Ek sal beslis daar wees - kyk uit vir 'n silwer dubbelkajuit ford - (4 liter PRET!!!) swart getinte ruite - glo vroulief en kleinman sal my vergesel.  Kom groet gerus.

Songdaug
Dont tell me, show me......
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Gunsite e pos

Post by tripodmvr »

Die manne wat so anti establishment is. Dink julle die volgende in.

Geen wetgewing oor vuurwapens wat swak bestuur word nie (die ou bedeling). Jy is reeds lid van 'n jagorganisaie. Nuwe wet word ingestel wat strenger vuurwapenbeheer instel. Jou organisasie baklei vir 'n billike bedeling en om jou proses te vergemaklik. Jy voel dankbaar teenoor jou organisasie en ondersteun hulle sover jy kan.

Dit is die situasie waarin baie van ons ons bevind. Ons was en is nog vrywillige lede en voel ons word beskerm deur ons lidmaatskap. Verder bevorder ons die waardes en norme wat hulle voorstaan en dra dit aan ons eie en ander jong mense oor. Ons voer dus ook ons demokratiese regte uit en voel nie verplig om lede te bly nie. Lojaliteit is 'n edele ideaal wat egter vandag al hoe minder waardeer word. Verstaan dan ook waar baie lede se reaksie en lojaliteit vandaan kom en hou op om te veroordeel as julle aan die ander kant van die draad staan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gunsite e pos

Post by James Wilson »

net so tripod

243, ek sal hierdie jaar daar skiet. ek behoort aan die Cheeta tak(hertzogville) maar bly in Christiana. ek het my intree kursus daar by Danie243 naby soutpan gedoen.

ek ry n silwer colt 3 liter met baie swart getinte ruite, groette
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beretta »

Tripod
Ek weet nie wat jy bedoel met die manne wat anti  establihsment is nie.Ek wil net vir jou dan vra het jou establishment bestaan voor die nuwe wetgewing en het hulle met dit saam gestem.Indien nie hoekom het hulle toe nie n hof saak gemaak nie.Miskien is ek verkeerd maar as n estabilshment n lid n fooi vra kan ek nie sien hoe dit vrywillig kan wees nie.As jou establihsment dan so edel is hoekom staan hulle en die ander organisasies nie saam nie.Verder kan ek jou verseker ek staan nie ander kant die draad nie.Antwoord net vir my dan die vraag HOEKOM MOET EK  BETAAL OM TOEGEWYD TE WEES.Gaan lees gerus die afrikaanse woorde boek hulle se om toegewyd te wees beteken om jou daar aan toe te wy nou net omdat ek nie aan die establishment behoort nie sit ek anderkant die draad ek twyfel.
Groete
Beretta
My Bkkie het nie getinte ruite nie ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Gunsite e pos

Post by tripodmvr »

Beretta wrote: Tripod
Ek weet nie wat jy bedoel met die manne wat anti  establihsment is nie.Ek wil net vir jou dan vra het jou establishment bestaan voor die nuwe wetgewing en het hulle met dit saam gestem.Indien nie hoekom het hulle toe nie n hof saak gemaak nie.Miskien is ek verkeerd maar as n estabilshment n lid n fooi vra kan ek nie sien hoe dit vrywillig kan wees nie.As jou establihsment dan so edel is hoekom staan hulle en die ander organisasies nie saam nie.Verder kan ek jou verseker ek staan nie ander kant die draad nie.Antwoord net vir my dan die vraag HOEKOM MOET EK  BETAAL OM TOEGEWYD TE WEES.Gaan lees gerus die afrikaanse woorde boek hulle se om toegewyd te wees beteken om jou daar aan toe te wy nou net omdat ek nie aan die establishment behoort nie sit ek anderkant die draad ek twyfel.
Groete
Beretta
My Bkkie het nie getinte ruite nie ;D
Jy moet jou vaandel dra wat jy aangetrek het toe jy begin het om te velde te trek teen die jagorganisasies. Ja my establishment het bestaan voor die nuwe wetgewing, maar die parlementere meerderheid het dit ingestem. 'n Hofsaak sou geen doel gedien het nie synde dit nie teen die parlement kan gaan nie. Die hofsaak verwys na onkonstitusionele regulasies wat i.t.v. die wetgewing ingestel is. Die jagorganisaies vra 'n fooi om te kan bestaan en dwing jou nie om lid te word nie - jy het dus vrye keuse = vrywillig. My teenvraag is waar is jou organisasie wat jou saak beveg of moet jy hom nog op die been bring? Die keuse van vrye assosiasie berus ook by die organisasies en ek kan nie voorskryf hoe hulle moet saamwerk nie - ek kan slegs 'n wens uitspreek - so werk demokrasie. Nog 'n teenvraag - hoekom betaal jy om 'n voertuig op die pad te laat ry - die wet vereis dit. Netso vereis die regering dat om toegewyd te wees jy aan 'n organisasie moet behoort - die hoender eier situasie. Raak suur vir die regering, sluit aan by enige organisasie van jou keuse en veg so voort. Jy se die organisasies kan nie saamwerk nie, maar jy wil dan nie eers saam met iemand saamstaan teen die vyand nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Dawid »

Jagbehep! wrote: net so tripod

243, ek sal hierdie jaar daar skiet. ek behoort aan die Cheeta tak(hertzogville) maar bly in Christiana. ek het my intree kursus daar by Danie243 naby soutpan gedoen.

ek ry n silwer colt 3 liter met baie swart getinte ruite, groette
Jagbehep

Ek en die familie is ook nou by daardie tak.....Watse skiet is dit by Soutpan ?
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gunsite e pos

Post by James Wilson »

tripod se dit so oulik. raak vir die regering kwaad nie die ouens wat hulle beveg nie.

Dawid dit is die prsesident skiet.  as jy ook aan die tak behoort dan doen jy sejer meeste van skiette daar by Ernst buite Bloemhof?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Beretta »

Tripod
Dankie vir jou reply jy sien ek dra my vaandel trots.Toe die hof saak aan was was daar nie meer n meerderheid in die parlement nie.Soos die wet nou staan dwing hulle my om lid te word.Ja ek wil saam staan teen die vyand se net vir my wie die vyand is.Die argument oor om die voertuig op die pad tehou twyfel ek sterk daaraan.So my wens is net net om te weet hoekom moet jy betaal om toegwyd te wees en as jy nie betaal nie dan is jy nie meer toegewyd nie.Verder wil ek net by jou weet hoeveel mense jou organisasie verteen woordig (aangesien jy vra of  ek nog een op die been moet bring).Miskien begin ek een by huntex volgende jaar en se vir die mense hulle sal al hulle llesensies kry as ek my endosement op gesit het dit is mos hoe die demokrasie werk.O ja voor ek vergeet die saps sal nie enige vorms of papier laat weg raak nie my endosement is mos op.
Groete
Beretta
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gunsite e pos

Post by James Wilson »

Berretta, jy wil dus verniet aan n organisasie behoort?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Gunsite e pos

Post by 243Songdaug »

Dawid.

Die skiet op Soutpan op 17 September sal die Jaarlikse President Skiet wees - die top 100 skuts wat deur die jaar gekwalifiseer het word 1 keer per jaar genooi na die President skiet.

Om te kwalifiseer moet 'n SAJWV lid deelgeneem het aan een van die SAJWV Streeks President Skiete wat landswyd in elke streek/profinsie van die land aangebied is.  

Indien jy naby woon is jy meer as welkom om die dag te kom kyk - slegs skuts wat 'n amptelike uitnodiging vanaf Inyathi Park ontvang het neem deel aan die skiet.  Dis regtig 'n belewenis en regtig die moeite werd om by te woon.

Die punte wat die top skuts hierdie jaar registreer het is ongelooflik goed.  (Ek het 'n Streeks Platinum balkie verwerf wat beteken dat ek nie net 'n goue balke in beide die Bosveld en Vlakte tabel moes behaal het nie - ek moes 'n minimum van 85% op beide tabelle geskiet het  - maw meer as 230 uit 270 op beide tabelle.)  My 470.14 uit 'n moontlike 540 kon my slegs 'n 44ste plek verseker.

   
Last edited by Guest on Mon Jun 27, 2011 11:29 am, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Gunsite e pos

Post by 243Songdaug »

Baretta - lees asseblief aandagtig.

Het sopas met SA Jagters gepraat en dit lyk so.

Om jou toegewyde status by SAJWV te verkry en te behou doen as volg - kostes aangedui:

Aansluitingsfooi - eenmalig:  R350 (Indien jy reeds lid is van 'n CHASA verwante vereniging, halfeer jou aansluitingsfooi)
Jaarlikse ledegelde:  R535
Doen die toegewyde jagters kurses:  ?R350(dit wissel van tak tot tak, maar darem nie te veel nie)
Skiet die toegewyde jagters tabel:  9 skote  @ R 65 (Ons veronderstel jy skiet 'n 308 waarvoor jy herlaai en jy skiet 'n
                                                  minimum van 27/45 sommer met die eerste probeerslag) 
Vul die aansoek om Toegewyde status in en pos aan Inyathi Park R200

Om jou status te behou:
Jy moet jaarliks voor einde OKT jou Toegewyde Jagter aktiwiteitsverslag invul en aan SA Jagters stuur.
Jy moet lid wees van 'n geakkrediteurde vereninging

Dit kos jou dus:  ?R1500

Om jou status te behou gaan jou jaarliks ?n paar minute en ?n e-pos kos en dan moet jy natuurlik lid bly ? indien jy sou bedank as lid van SA Jagters word jou toegewyde status by SAJWV gekanseleer.

Waarvoor word die R200 gebruik wat jy moet betaal tydens die aansoek om toegewyde status?
*  Jou sertifikaat
* Jou lapel wapen ? wat jy op ?n baadjie kan vaswerk om jou status aan te dui
*  ?n admin fooi om jou versoek te verwerk en jou te registerer as ?n toegewyde Jagter
* die druk van jou nuwe kaartjie(wat sover ek weet reeds meer as R65 beloop)

Hierdie is ?n eenmalige lopie wat jy nooit in jou lewe hoef te herhaal nie ? solank jy net jou lidmaatskap op datum hou.
Dont tell me, show me......
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Gunsite e pos

Post by James Wilson »

243,  ek wil net hier vir dawid se dat as ek die skiet bywoon, dit slegs as n toeskouere sal wees ;)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Gunsite e pos

Post by Dawid »

Sal bietjie uitkyk vir daardie datum..miskien gaan loer ek ook om te sien hoe,wat,waar en wat maak die manne op so n kompetisie.

Ek ken net van diensskiet kompetisies.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Post Reply