Dagse, wat stel julle voor. Het hom reeds in karingmelk laat le vir n dag
Hoor graag
Thanks
C
Hoe maak ek n wildebees fillet
-
CobusMeyer
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Hoe maak ek n wildebees fillet
Vryf karringmelk af. Neem 1sap van suurlemoen, vars suurlemoen, meng met growwe swart peper, sout, vars knoffel, gemengde kruie, olyf olie en n bietjie crown safari biltong spice. Moenie sout gebruik as jy biltong spice gebruik nie.Bedruip rugstring en marineer vir n paar uur. Moenie die rugstring moer toe braai nie. Bedien met varsgekapte pietersielie bo oor en bietjie marinade.
Of met sampioen sous.
Vars sampioene, Vars pietersielie fyn gekap, botter, knoffel, growwe swartpeper, uie gekap, een koppie room en n halwe pakkie wit uie sop.
Of met sampioen sous.
Vars sampioene, Vars pietersielie fyn gekap, botter, knoffel, growwe swartpeper, uie gekap, een koppie room en n halwe pakkie wit uie sop.
Last edited by joe rocket on Sat Aug 18, 2018 10:49 am, edited 2 times in total.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Hoe maak ek n wildebees fillet
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180818/bb8c71f572e3bbd1df624378ecbd63b2.png
Hierdie was baie lekker met beesfillit.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Hierdie was baie lekker met beesfillit.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Hoe maak ek n wildebees fillet
Een van my gunsteling(eenigste) manier om wilds(alle wild wat ek al fillet gebraai het) om te maak is:
1 olyfolie en sout, of olyfolie en biltong speserye, smeer op vleis
2 gooi vleis op FW kole30cm bo kole en seel dit vinnig hele fillet 3min maks net om te seel.
3 maak bykosse as jy wil los fillet in braaibak en laat kole afkoel (ek wil my hand so 8 sekondes 30cm bo kole kan hou)
4dan braai ek dit verder tot rare/mediumrare afhangend van wie by my is.
As ek alleen is hou ek na stap 2 op
1 olyfolie en sout, of olyfolie en biltong speserye, smeer op vleis
2 gooi vleis op FW kole30cm bo kole en seel dit vinnig hele fillet 3min maks net om te seel.
3 maak bykosse as jy wil los fillet in braaibak en laat kole afkoel (ek wil my hand so 8 sekondes 30cm bo kole kan hou)
4dan braai ek dit verder tot rare/mediumrare afhangend van wie by my is.
As ek alleen is hou ek na stap 2 op
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Hoe maak ek n wildebees fillet
Knorr se italiaanse slaaisous, nie die "light" nie.
1 suurlemoen
Growwe swartpeper
Ses geweer speserye
Knoffel fyn gekap.
Vars pietersiele en koljander fyn gekap.
Gemengde kruie
Marineer rugstring vir 3 dae en draai elke 12 ure om.
Bedruip rugstring terwyl jy braai.
Braai rare of meduim rare die mense wat hulle vleis " weldone" soek kan dit vir 3 minute in die mikrogolf plaas.
1 suurlemoen
Growwe swartpeper
Ses geweer speserye
Knoffel fyn gekap.
Vars pietersiele en koljander fyn gekap.
Gemengde kruie
Marineer rugstring vir 3 dae en draai elke 12 ure om.
Bedruip rugstring terwyl jy braai.
Braai rare of meduim rare die mense wat hulle vleis " weldone" soek kan dit vir 3 minute in die mikrogolf plaas.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Hoe maak ek n wildebees fillet
baie maklik ... vryf olyf olie in, sprinkel met garlic & herb en vryf in, as jy wil laat le vir 'n uur, en sny in lekker pappa 1" medallions. Maak 'n pakkie Royco Spare Rib Marinade aan en gooi oor, laat staan vir so 2 tot 3 ure in dy yskas. Braai op warm vuur medium to rare, biekie growwe swart peper op en laat hom plankie loop. Dit werk met enige wild wat ek probeer het
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Hoe maak ek n wildebees fillet
Nou die dag weer BWB filet gebraai. Dag voor die tyd met olyfolie gesmeer, niks meer nie. In Webber gesit met deksel af. Na eerste omdraai growwe sout oor gesprinkel. "Medium to rare" gebraai. Heerlik. Was baie sak gewee. Al wat miskien kan by kom klein bietje Balsamic Asyn. Te veel marinades vat die lekker geur van die vleis weg. Ek wil die vleis respekteer.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- 30-0Kwes
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am
Re: Hoe maak ek n wildebees fillet
Ek smeer hom net olive oil met growe sout en swart peper. Laat hom dan le vir so paar ure en braai vinnig op baie warm kole. Meer rou as medium.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hoe maak ek n wildebees fillet
ek maak ook so.Giepie wrote:Nou die dag weer BWB filet gebraai. Dag voor die tyd met olyfolie gesmeer, niks meer nie. In Webber gesit met deksel af. Na eerste omdraai growwe sout oor gesprinkel. "Medium to rare" gebraai. Heerlik. Was baie sak gewee. Al wat miskien kan by kom klein bietje Balsamic Asyn. Te veel marinades vat die lekker geur van die vleis weg. Ek wil die vleis respekteer.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Hoe maak ek n wildebees fillet
Ek's ook op jdpretorius se olyfolie, "Royco Spare Rib Marinade" en plankieloop. Ek doen die olyfolie 2-3 dae voor die tyd en die Spare rib marinade net so n uur voor die tyd. Dan warm warm kole. Saam die growwe swart peper sprinkel ek wel effens wit asyn as ek hom klaar opgesny het. Geen eetgery nodig nie. Net een skerp mes en 'n plank en eet hom warm.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR