Dit goed gedink om so bietjie terugvoer te gee oor die Silver mountain solo elektroniese teikens.
Ons het die afgelope twee naweeke op hulle geskiet en getoets op 300m, 600m, 800m en 900m.
Die afgelope Saterdag op die Witwatersrand bisley (F Ope) liga by Heidelberg het 4 skuts die hele wedstryd op een van die Silver mountain SOLO teikens geskiet.
Daar was net net onder die 200 skote deur 4 skuts geskiet op die teiken op 300m, 600m en 900m. die volgende was gebruik:
6mm Dasher
6.5x47 Lapua
6.5x284 Norma
260 Rem
284 Win
Dit was baie aangename skiet, geen probleme met skyf trekkers nie, geen challange van skote nie en als het 100% vlot verloop. (wel behalwe vir my skootjie deur die teikenraam op 900m - Ek het my 800m setting opgehad
Die teikens is regtig aan te beveel, een baie goeie kenmerk van die silver mountain ET is die feit dat hy die spoed van die koeel deur die teiken weergee vir jou op jou Ipad / Tablet / Selfoon wat ookal jy gebruik by die skietpunt om na die skoot plasing te kyk. Ons het duidelik gesien waar twee skote van een van die skuts se skote hoog op die teiken was teenoor sy algemene waterlyn, dat byde die skote met oor die 100vps viniger by die teiken aangekom. So mens kan soos die een skut opgemerk het eerder een van die ET's koop voor 'n Labradar en jy het die beste van beide werelde. Dink net watter akkurate leertjie toetse sal mens nou kan skiet met die teikens.
Die ET's is definatief in my opienie die vooruitgang wat ons voor gewag het in die skiet bedryf. En dit is nie net vir Bisley of F ope nie. Dit sal vir enigeen van nut wees. Veral vir die manne wat alleen skiet en nie toegang het tot weermag bane waar teikens getrek kan word nie en vir manne wat spasie het op plase of toegang het to skietbane waar hulle die teikens kan opsit, selfs vir skiet klubs. Ek weet paar van die wat verkoop is het 2 of 3 manne hom saam gekoop wat ook goeie idee is.
Die Silver Mountain SOLO ET gebruik 8 sensors, so tel selfs op waneer jy vanaf ander skietpunt skuins na die teiken skiet. So as iemand op jou teiken skiet sal hy dit uitwys vir jou.
Ek sal later fotos plaas van hoe die unit verpak is (regtig klein en kompak) en jou maak jou eie teiken raam om te gebruik of kry iemand om een te bou of kry een gebou uit Aluminium by die verskaffer van die Solo Teikens wat in double cab bakkie se bak pas.
CMH (adverteerder hier op Jaracal) is die agent vir die Silver mountain SOLO ET's en julle kan hulle gerus direk kontak vir pryse ens. (Herme se nommer is 072 ses 5 nul nul 7 5 agt )Ek weet die eerste 12 wat geland het is verkoop voor hulle aangekom het en daar is 7 van die volgende 12 oppad ook klaar met nuwe base, maar hulle sal nog bestelling plaas. belangrik is dat hulle ook voledige stelle ekstra parte aanhou plaaslik vir ingeval daar skoot loop heltemal waar hy nie moet nie
Groete
Jan

