7x64
- deserthuntr
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Mon Mar 03, 2014 1:44 pm
7x64
Hallo Manne. Vir een of ander rede maak hierdie kaliber vir my sin. Die van julle wat hom ken, hoe ervaar julle die kaliber? Kry nêrens enigeiets slegs oor die kaliber te lees nie. Wil graag 140gr punte teen +- 2900fps skiet vir kopskote in die Kalahari en 175gr punte teen 2700fps in meer bosveld areas. Hoe ervaar julle sy akkuraatheid en het hy baie terugskop (vergelykbaar met die 30-06)? Enige inligitng sal waardeer word. Dankie.
CZ Varmint .308
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 7x64
My 7x64 het 'n kolf wat eers op 'n plankgeweer was. Hy het vir my minder voelbare terugslag as my 30-06 en my 303. Goeie jagsukses sover met hom gehad. Skiet 150TSX vir jag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Raditipa
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Wed Aug 03, 2016 4:44 pm
Re: 7x64
Ek is baie lief vir my Musgrave 7x64bren. Dit was my eerste roer, geld was maar skraps daai tyd en die idee was dat ek hom vir als sou gebruik. Vandag deel hy die kluis met n paar maats maar hy is nogsteeds die roer wat die meeste saam gaan plaas toe. Ek het altyd 175gr Nos Partitions in die bos geskiet en toe later 160gr Rhino. Deesdae hou ek van n 150gr Barnes TSX as n all rounder. Jy sal nie n fout maak met n 7x64 nie!
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
-
Macros999
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Sat Apr 07, 2018 6:25 pm
Re: 7x64
My CZ 7x64 is ook my gunsteling. Voel vir my die 7mm maak meer sin as die 30 calibers. Baie akkuraat, en vinnig genoeg vir die vlaktes sonder om jou te karnuffel soos die 7RM. En kan swaar genoeg punte skiet om die groter goed aan te pak.Raditipa wrote:Ek is baie lief vir my Musgrave 7x64bren. Dit was my eerste roer, geld was maar skraps daai tyd en die idee was dat ek hom vir als sou gebruik. Vandag deel hy die kluis met n paar maats maar hy is nogsteeds die roer wat die meeste saam gaan plaas toe. Ek het altyd 175gr Nos Partitions in die bos geskiet en toe later 160gr Rhino. Deesdae hou ek van n 150gr Barnes TSX as n all rounder. Jy sal nie n fout maak met n 7x64 nie!
Rk skiet die 140 en 160gr Accubonds vir jag, en die ELDm 162gr vir teiken... Daai ELDm is awesome!
En regtig, almal het 'n 3006, so die kaliber gee jou bietjie iets om oor te praat want baie mense weet van die kaliber, maar hulle is nie so volop soos die 308s en 3006e nie.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
CZ452 .22lr, CZ550 7x64, .303, 12Br Browning 525, Glock19
-
Kotze .204R
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Mon Jul 06, 2015 9:58 am
Re: 7x64
My vriend het 1 in die mark n BRNO met baie extras vir R14000. Wynand 08drie 7435378
375 Ruger Howa
308 BSA Bisley
260 Tikka CTR
.22 BRNO
.223Norinco
12BR CBC
Glock27
.38sp
308 BSA Bisley
260 Tikka CTR
.22 BRNO
.223Norinco
12BR CBC
Glock27
.38sp
- Raditipa
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Wed Aug 03, 2016 4:44 pm
Re: 7x64
Macros999 wrote: Rk skiet die 140 en 160gr Accubonds vir jag, en die ELDm 162gr vir teiken... Daai ELDm is awesome!
En regtig, almal het 'n 3006, so die kaliber gee jou bietjie iets om oor te praat want baie mense weet van die kaliber, maar hulle is nie so volop soos die 308s en 3006e nie.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Ek skiet nie meer baie papier met my 7x64 nie maar het self n klompie van die 162gr ELDm's gekoop om te toets, hulle lyk nogal nice met n 0.670 G1 BC.
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
-
jooste
- Full Member

- Posts: 166
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Re: 7x64
Ek het eers net met my 9.3x62 geskiet totdat ek my CZ 7x64 Brenneke gekoop het.
Nou skiet ek hoofsaaklik net met die 7x64.
Rede: vrek akkuraat met 150gr Barnes TTSX. Hierdie geweer groepeer klawers op 200m.
Sy trajek op 100m, 200m en 300m is van so n aard dat ek my teleskoop net van nul na 2 draai op 200m en nul na 3.5 op 300m.
Lekkerste kaliber ooit in my opinie.
Skiet van springbok tot eland met 7x64.
Groete

Nico Jooste
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: 7x64
Ek het 'n baie mooi Brno met ZKK 600 aksie in 7x64Bren vir my oudste gekoop as 21ste geskenk. Aanvanklik het ek gedink ek het verkeerd gekoop omrede ond effe moet hom gesukkel het met herlaai. "n 308 HOWA sou seler baie makkilker herlaai en reguit geskiet het.
Die laaste jaar en 'n half bly my seun op Graaff Reinet en het hy moeite met daai roer gedoen. Hy het homself gate uit geniet met aanfanklikke sukkel en al. Nou skiet daai roer 'n barshou. Gonge lui gereeld op 500. en soms op 630m en dis met 'n 3k scope. Hy speel nou met 150gr Privi teen 2800ft as ek reg onthou en Jag met 130gr Kriek teen so 2880ft/s
Vir alle prakriese redes skiet hy so plar as 270 en slaan so hard soos 30-06. Ek glo dit was toe regte roer vir my seun.
Die laaste jaar en 'n half bly my seun op Graaff Reinet en het hy moeite met daai roer gedoen. Hy het homself gate uit geniet met aanfanklikke sukkel en al. Nou skiet daai roer 'n barshou. Gonge lui gereeld op 500. en soms op 630m en dis met 'n 3k scope. Hy speel nou met 150gr Privi teen 2800ft as ek reg onthou en Jag met 130gr Kriek teen so 2880ft/s
Vir alle prakriese redes skiet hy so plar as 270 en slaan so hard soos 30-06. Ek glo dit was toe regte roer vir my seun.
- deserthuntr
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Mon Mar 03, 2014 1:44 pm
Re: 7x64
Jislaaik baie dankie manne vir al julle terugvoer, ek waardeer dit baie. Dit lyk my nie daar is enige negatiewe dinge ontrent dié kaliber nie. Weet hulle kan maar 'n bietjie moeilik wees met lading ontwikkeling maar as jy hom eers het dan skiet hy buitengewoon goed. Sien die manne kry goeie groepe met 140, 160, 162, 168, 170 en 175gr punte. Dis heeltemaal goed genoeg vir my. Het vandag een raakgeloop, nuut teen 'n bargain. So ek sien nou uit. Sal volgende week die aansoek klaarmaak en inhandig. Baie dankie weereens vir julle insette. Sal julle omgee om julle ladings te deel asb?
Dankie.
Ian
Dankie.
Ian
CZ Varmint .308
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
-
jooste
- Full Member

- Posts: 166
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Re: 7x64
My CZ 7X64 Brenneke lading is as volg:
150gr Barnes TTSX
S365 - 53.3gr
87mm TPL
CCI250
Norma dope
Groepering - 8mm op 100m.
Onthou - elke geweer het sy eie resep. Baie gevaarlik om ander ouens se ladings te gebruik.
Vra maar eerder die gurus se hulp met ladings vir jou geweer.
Groete
Nico Jooste
150gr Barnes TTSX
S365 - 53.3gr
87mm TPL
CCI250
Norma dope
Groepering - 8mm op 100m.
Onthou - elke geweer het sy eie resep. Baie gevaarlik om ander ouens se ladings te gebruik.
Vra maar eerder die gurus se hulp met ladings vir jou geweer.
Groete
Nico Jooste
Nico Jooste
- deserthuntr
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Mon Mar 03, 2014 1:44 pm
Re: 7x64
Dankie Nico
Wat is jou spoed? Herlaai darem al 'n paar jaar. Sal my eie ladings ontwikkel, veral met S365 weet mens nie wat jou Lot gaan maak nie...
Wat is jou spoed? Herlaai darem al 'n paar jaar. Sal my eie ladings ontwikkel, veral met S365 weet mens nie wat jou Lot gaan maak nie...
CZ Varmint .308
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
- deserthuntr
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Mon Mar 03, 2014 1:44 pm
Re: 7x64
Dankie Nico. Wil graag kyk na 170gr punte vir die bos. Daardie kombinasie van jou gaan lekker werk in die Kalahari vir my...
CZ Varmint .308
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
-
jooste
- Full Member

- Posts: 166
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Re: 7x64
Plesier.
Kan net noem dat ek hierdie kombinasie vanjaar suksesvol in bos en vlakte gebruik het waar ek blesbokke, springbokke en blouwildebees op vlakte geskiet het en ook rooibok, elandbul en koedoebul in bosveld geskiet het.
In my opinie is die 150gr Barnes TTSX so goed soos enige 170gr plus punt. Baie sterk so breek nie op nie asook goeie ontplooiing (mushroom) met bo 95% gewig retensie.
Alles gaan mos maar oor skootplasing.
Groete
Kan net noem dat ek hierdie kombinasie vanjaar suksesvol in bos en vlakte gebruik het waar ek blesbokke, springbokke en blouwildebees op vlakte geskiet het en ook rooibok, elandbul en koedoebul in bosveld geskiet het.
In my opinie is die 150gr Barnes TTSX so goed soos enige 170gr plus punt. Baie sterk so breek nie op nie asook goeie ontplooiing (mushroom) met bo 95% gewig retensie.
Alles gaan mos maar oor skootplasing.
Groete
Nico Jooste
-
Macros999
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Sat Apr 07, 2018 6:25 pm
Re: 7x64
Ek wil nou nie hi-jack nie - maar ek sien baie mense (soos jooste hier bo) laai die 7x64 tot op 87mm TPL - heelwat langer as "boek" lengte van 84mm. Werk dit beter vir julle, het nog maar net rondgespeel tot op 85mm want ek was maar altyd te bang ek laai hom tot in die lands...
CZ452 .22lr, CZ550 7x64, .303, 12Br Browning 525, Glock19
-
jooste
- Full Member

- Posts: 166
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Re: 7x64
Hi
My CZ se keel is lank en die patron is 1mm weg van die landing. Werk baie goed vir my.
Ek het verskillende TPL's gebruik tydens lading ontwikkeling. Almal was oop op die teiken maar 87mm het n pragtige klawer op 100m gegee. Ook baie akkuraat op 200m en 300m.

Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: 7x64
Het n Brno ZKK 600 7x64 gekry vir die langer afstande.
Ek laai tans 154gr hornady interbond teen 2900fps met 54.5gr S365, 86mm TPL en skiet een gat op 100 en eks baie tevrede.
Ek het n 8mm-06 vir die bos.
Het laasnaweek Hartebeeste gesoek en die skote sou lank wees. Het die 8mm by die huis gelos en die 7mm gevat. Hartebeeste was nerens te vinde nie toe loop ek n koedoe koei raak op 70m. Dit was baie ruig en ek kon nie kopskoot kry nie. Skiet haar toe ver agter die blad middel lyf om vleis skade te beperk. Kaliber groote gat in vel R5 gat in altwee ribbes en 2x kaliber gat in die oorkantse vel.
Ek het die agterkant van die longe getref en vleis skade was minimaal. Maar ek is seker dat altwee blaaie weg gegooi sou word mits ek daar geskiet het.

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5