UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post Reply
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Malan123 »

Het enige manne al met hierdie bipod geskiet? Ek soek bietjie 1stehandse inligting. Lyk nogal na lekker speelding vir my nuwe roer...
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by pietskiet »

Hi Malan123

Ek het so ene nou vir omtrent n jaar gehad. Ek het dit nie baie gebruik nie, maar ten spyte daarvan het daai knippie wat moet inlock in die regterkantste beentjie van die bipod uitgewerk. Die beentjie wou dus nie meer in plek "lock" nie, en dus het my geweer na elke skoot begin collapse na die regterkant toe aangesien die been uit posisie geskop word deur die recoil (ek skiet n 243 met n silencer op!).

Dit het ook veroorsaak dat my skote nie mooi getrack het nie en my groepering het sommer erg gesuffer. Ek het die bipod teruggevat na Wildman Cape Gate en hulle het my egter onmiddellik uitgesort en my geld terug gegee.

Puik diens dus vanaf Wildman ontvang, en ek verstaan UTG het hulle ook gekrediteer en die defektiewe bipod is terug gestuur.

Ek het gehou van die ball-bearing tipe meganisme wat n ou in staat stel om die geweer maklik te tilt - op en af, en links en regs, wat mens nie met die gewone Harris-tipe bipods kan doen nie. Ek het ook gevind dit vat nogals n rukkie om aan die meganisme van die beentjies gewoond te raak wat mens soos genoem in plek moet lock, anders as die standaard Harris se bene wat springloaded is en maklik sommer in posisie "skop".

Hoop dit maak sin en help?

Groetnis
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Malan123 »

Hi Piet. Baie dankie vir die terugvoer, waardeer dit. Die inligting help my baie om besluit te neem. Dink ek gaan eerder wegbly
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by pietskiet »

Ek soek nou self na n nuwe bipod. Dink ene wat harris tipe beentjies het (dus springloaded) maar wat aan n swivel stud kan heg en so n ball-bearing tipe panning meganisme het sal verseker die beste van beide werelde wees.

laat weet my waarop jy uiteindelik besluit?

Groete
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Malan123 »

Ek stem saam. Ek soek net al lank vir 1 wat 360grade kan draai sonder om bene op te lig. Sal baie lekker werk op 'n dagroep bo in die berge.

Sal jou laat weet, dankie vir die terugvoer
User avatar
Bok
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Mon Jun 20, 2011 3:21 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Bok »

ekt ook een nou al so jaar lank op my 6.5creedmoor nog geen probleme met hom ni.

ekt hom ook gekoop vir sy 360 werk mooi.

Groete
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Malan123 »

Ai, nou raak dit ewe skielik weer moeilike besluit. Negatiewe kommentaar tel vir my meer as positiewe kommentaar vir 1 of ander rede. Eks bang ek koop 'n dudd soos Piet. Ek kon nog nie ander bipods kry wat 360 kan draai nie. Weet julle van iets anders?
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Diesel Dog »

Malan123 wrote:Ai, nou raak dit ewe skielik weer moeilike besluit. Negatiewe kommentaar tel vir my meer as positiewe kommentaar vir 1 of ander rede. Eks bang ek koop 'n dudd soos Piet. Ek kon nog nie ander bipods kry wat 360 kan draai nie. Weet julle van iets anders?
Hoekom wil jy die geweer 360 grade draai want dan mik jy nog steeds daar waar jy gemik het voor jy hom gedraai het.

DD
User avatar
Bok
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Mon Jun 20, 2011 3:21 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Bok »

Ekt al so 100 skote ini veld geskiet grond klippe op af ens die uittrek bene het n lock-nut ook wat bene kan lock. Ek sal se hulle is waarde vir geld $44 vir myne betaal. Keuse bly joue

Sent from my SM-A500F using Tapatalk
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Malan123 »

Diesel Dog wrote:
Malan123 wrote:Ai, nou raak dit ewe skielik weer moeilike besluit. Negatiewe kommentaar tel vir my meer as positiewe kommentaar vir 1 of ander rede. Eks bang ek koop 'n dudd soos Piet. Ek kon nog nie ander bipods kry wat 360 kan draai nie. Weet julle van iets anders?
Hoekom wil jy die geweer 360 grade draai want dan mik jy nog steeds daar waar jy gemik het voor jy hom gedraai het.

DD
:) :). Wil hom net 180grade kan draai, maar het ook nogi so 1 gesien nie.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Malan123 »

Bok wrote:Ekt al so 100 skote ini veld geskiet grond klippe op af ens die uittrek bene het n lock-nut ook wat bene kan lock. Ek sal se hulle is waarde vir geld $44 vir myne betaal. Keuse bly joue

Sent from my SM-A500F using Tapatalk
Dankie, waardeer die terugvoer. Sien hulle trek al by R2000 in SA
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Diesel Dog »

Malan123 wrote:
Diesel Dog wrote:
Malan123 wrote:Ai, nou raak dit ewe skielik weer moeilike besluit. Negatiewe kommentaar tel vir my meer as positiewe kommentaar vir 1 of ander rede. Eks bang ek koop 'n dudd soos Piet. Ek kon nog nie ander bipods kry wat 360 kan draai nie. Weet julle van iets anders?
Hoekom wil jy die geweer 360 grade draai want dan mik jy nog steeds daar waar jy gemik het voor jy hom gedraai het.

DD
:) :). Wil hom net 180grade kan draai, maar het ook nogi so 1 gesien nie.
Op 180 grade sal hy goed werk maar hier rondom 90 grade is hy maar weer n monopod.

DD
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Malan123 »

Ek verstaan dit ja. Die idee is vir my dagroepe bo in die berge. In die dag sit mens maar stil as jy roep en as daai jak inkom wil jy nie vroetel of bipod bene optel nie. Al die bipods in ons winkels kan glad nie draai nie. Ek soek iets waar mens darrem die geweer bietjie kan draai sonder om bene op te lig
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Diesel Dog »

Malan123 wrote:Ek verstaan dit ja. Die idee is vir my dagroepe bo in die berge. In die dag sit mens maar stil as jy roep en as daai jak inkom wil jy nie vroetel of bipod bene optel nie. Al die bipods in ons winkels kan glad nie draai nie. Ek soek iets waar mens darrem die geweer bietjie kan draai sonder om bene op te lig
Jou behoefte is vir my heel duidelik . Die teorie en die praktyk werk net nie altyd lekker saam nie , gestel jy is van gemiddelde posture en jy le agter jou geweer en bespied jou skoot vak nou kom die jak in van die teenoorgestelde kant en jy moet jou posisie skuif om hom onder skoot te kry . Daar moet nou n straal van ongeveer 2 meter vry van obstruksies wees vir jou lyf om te skuif sonder om die geweer op te tel . Vir hierdie tipe situasie sou ek eerder oor my dag sak skiet.

DD
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Malan123 »

Ek stem saam jou. Dit is hoe ek dit huidiglik doen. Ek ken my grond though en jakkies stel nie teleur nie. Dis 'n klein plaas so my staanplekke is baie beperk. Ek het 'n baie goeie idee van waar hulle inkom so wil nou bietjie upgrade. Dankie vir jou insette so ver
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by airhunter »

Ek het een nou vir so vier maande op my Creed.
Ek weet dit is min tyd om enige kritiek te kan opbou.
Wat ek egter wil sê van daardie UTG is dat ek baie lekker "herhaalbare" free recoil kan skiet teenoor die Harris tipe wat ek voorheen gebruik het.
Ek het altyd n wip en "torque" beleef met dit en dit is nou baie minder op die UTG. Geen springe waarmee die skut en geweer baklei nie. Met die Harris tipe kan jy beswaarlik die bipod load en free recoil bewerkstellig omdat jy teen die rigiede sisteem load waar met die UTG jy die geweer bloot vorentoe stoot en sonder skouer kontak bly hy "ge load".
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: UTG Heavy Duty Recon 360 Bipod

Post by Malan123 »

Baie dankie airhunter. Dit lyk al hoe meer of Piet dalk 'n dudd gekry het?
Post Reply