Sights vir Glock19

Post Reply
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Sights vir Glock19

Post by Riaan Kriel »

Middag manne

Glo julle kan my so bietjie raad gee.. By wie kan ek fibre-optic sights vir 'n glock koop en laat opsit?

Ek gaan vrydag Johannesburg/Pretoria toe en wil dit laat doen, verkieslik moet dit dieselfde dag opgesit kan word ook nog.

Groete
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Supacow »

Rescomp handgun technology
Plesier ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Gian_dP »

Riaan Kriel wrote:Middag manne

Glo julle kan my so bietjie raad gee.. By wie kan ek fibre-optic sights vir 'n glock koop en laat opsit?

Ek gaan vrydag Johannesburg/Pretoria toe en wil dit laat doen, verkieslik moet dit dieselfde dag opgesit kan word ook nog.

Groete
Rescomp of Hailstorm behoort jou te kan help. Bel dalk net voor die tyd om te bevestig dat hulle voorraad het.

http://www.rhtechnologies.co.za/c84/Contact-Us.aspx

http://www.hailstormza.com/Contact-Us_ep_5.html

Andersins Jizni
http://www.jizni.co.za/content/10-contact-us
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Riaan Kriel »

Dankie vir die raad manne.

So vinnig gekyk na hulle(Rescomp) en Dave Sheer.. weet net nie of Dave Sheer dieselfde dag/terwyl jy wag die verandering kan doen nie.
Sal nou na die ander ook loer.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Harambe »

Dit neem ongeveer 2 minute vir die voorste visier en seker so 5 minute vir die agterste een. Ek glo as jy mooi vra sal hulle dit daar en dan kan doen. Dit het my natuurlik omtrent 'n uur gevat want ek het nie 'n ding gehad om die agterste visier mee in te druk nie en ek moes toe op die ou end met 'n stukkie koper ek 'n hamer BAIE VERSIGTIG die ding aanmoedig.
Of so iets
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Riaan Kriel »

Dankie vir die antwoord, wat sou julle aanbeveel is die beste opsie om voor te gaan - Die tritium of die fibre-optic?

Die pistool is vir EDC sowel as deelname aan IDPA kompetisies
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Harambe »

Tritium sal werk by IDPA maar fiber-optic gaan nie werk in die nag nie.
Of so iets
Marius@J
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Fri Mar 06, 2015 6:12 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Marius@J »

Meeste experts sal Tritium aanbeveel op 'n selfverdediging wapen. Ek sal nie sê hulle is verkeerd nie, maar ek het van fibers na tritium en terug na fibers geskuif op myne.

Soos wat ek nou hier sit is die son rooi op die horison. As ek buite staan, is fibers nog beduidend meer sigbaar as tritium. Om die waarheid te se, hulle kom selfs meer tot hulle reg as in helder daglig.

As ek in die huis instap, is dit so dat mens al ligte sou aansit. Sonder ligte maar met oop vensters kompeteer groen fibers en tritium goed met mekaar, afhangend van van waar af die lig inkom en waarheen ek mik. (Rooi fibers raak weg.) In die gang, of met toe gordyne wen tritium. As ek die lig aansit en ek staan reg onder hom, is rooi fibers vir my baie duidelik. Soos wat ek onder die lig uitbeweeg word groen 'n bietjie helderder, en as ek so 2m onder die lig uit is begin tritium tot sy reg kom.

As ek die ligte afsit, en die lig op die pistool aansit, kompeteer die lig wat van voor af deur die groen fiber kom goed met die tritium visier.

Word vervolg...
Marius@J
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Fri Mar 06, 2015 6:12 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Marius@J »

Die son is nou heel onder, sonder enige rooi skynsel in die weste. Fibers is (vir my oë) nog baie helder...
Marius@J
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Fri Mar 06, 2015 6:12 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Marius@J »

Tritium is nou meer sigbaar as rooi fibers. Groen fibers is nog goed genoeg vir 'n bietjie dry-fire oefening...
Marius@J
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Fri Mar 06, 2015 6:12 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Marius@J »

Daar is die tritium en groen fiber nou ewe helder. Dit is nou sterk skemer daarbuite. Al die huise om my se ligte is al aan, en meeste mense is al by die huis.

Van nou af tot moreoggend sal tritium 'n beter opsie wees.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Riaan Kriel »

Baie dankie vir 'n interessante en deeglike verduideliking Marius. Die effek van die beligting in die omgewing glo ek het 'n duidelike effek op die sigbaarheid van die sights.

Verstaan ek reg dat van jou en Harambe in die sterk skemer tot donker is die tritium die beter opsie maar indien gebruik gemaak word van 'n WML is die fibre weer die beter keuse?
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by saswart »

Wees net seker dat wannneer jy jou pistool vir selfverdediging gaan gebruik, dat dit dan tydens die tydperke is soos genoem of dat jy ligte aansit net voor jy skiet...Ek se dit nou tong in die kies.

Kry vir jou iets wat in alle omstandighede ten minste sal werk. Soos die man hierbo noem sal 'n fiber dalk nie sigbaar wees in donker nie. Dit sou my raad wees jy wil nie in die aand wil wonder waar jy wil skiet nie. As alternatief kry 2 stelle, een wat jy slegs gebruik vir IDPA en ander een vir elke dag. Nog beter kry vir jou nog 'n pistool.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Harambe »

STOP DIE LORRIE OUENS.

Nou hoef jy nie eers te wik en weeg nie. Kry sommer net 'n stel met Tritium EN Fiber Optics:
https://guns-tactics.co.za/shop/tg231g1/
Of so iets
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Gian_dP »

Riaan Kriel wrote:Baie dankie vir 'n interessante en deeglike verduideliking Marius. Die effek van die beligting in die omgewing glo ek het 'n duidelike effek op die sigbaarheid van die sights.

Verstaan ek reg dat van jou en Harambe in die sterk skemer tot donker is die tritium die beter opsie maar indien gebruik gemaak word van 'n WML is die fibre weer die beter keuse?
Ek het ook hieroor gewonder. Indien dit te donker is om die fibre te sien, is dit nie ook te donker om jou teiken te sien nie? Ek was nog vir lisensie, maar my gedagte tans is fibre met 'n WML.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Riaan Kriel »

Harambe wrote:STOP DIE LORRIE OUENS.

Nou hoef jy nie eers te wik en weeg nie. Kry sommer net 'n stel met Tritium EN Fiber Optics:
https://guns-tactics.co.za/shop/tg231g1/
Dit lyk na die regte ding, dankie Harambe.
Sien die manne is in die kaap, moet dan net iemand hier kry wat hulle kan opsit
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Alwin »

Harambe wrote:STOP DIE LORRIE OUENS.

Nou hoef jy nie eers te wik en weeg nie. Kry sommer net 'n stel met Tritium EN Fiber Optics:
https://guns-tactics.co.za/shop/tg231g1/
Die kombinasie van die 2 tipes in 1 visier is waarskynlik die beste. Ongelukkig is daar nog vrae oor die duursaamheid van die Truglo TFO visiere.

Persoonlik verkies ek die optiese vesel (of tritium) net in die voorste visier en die agterste ene pikswart. Te veel goed wat my oog trek is verwarrend, veral onder druk.

As jy teverede gaan wees met optiese vesel voor en swart agter, is RHT se visiere waarskynlik die beste opsie teen 'n baie gawe prys. (Omtrent R1000 geinstalleer.)

Baie mense gebruik hierdie visiere vir EDD. Die optiese vesel werk wel nie in die donker nie, maar as dit te donker is om die visiere te gebruik, is dit waarskynlik ook te donker om jou teiken te identifiseer. Dra 'n lig in die donker!
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Harambe »

Kyk, daar mag gevalle wees (as jy erg gelukkig is) waar jy uit stikdonkerte moet skiet na iemand wat onder 'n straatlig staan. Mens moet nooit dink so-en-so situasie gaan nooit gebeur nie.
Of so iets
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Sights vir Glock19

Post by Alwin »

Harambe wrote:Kyk, daar mag gevalle wees (as jy erg gelukkig is) waar jy uit stikdonkerte moet skiet na iemand wat onder 'n straatlig staan. Mens moet nooit dink so-en-so situasie gaan nooit gebeur nie.
Enigiets is natuurlik moontlik. Wees voorbereid vir snaakse gevalle ook.

Nogtans gebeur die meeste gedokumenteerde SV skietgevalle op afstande waar visiere nie juis baie bruikbaar is nie. Wees daarvoor ook voorbereid, saam met die moontlikheid dat jy lang skote sal moet kan skiet.
Post Reply