OOSKAAP KOEDOE BUL

User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by PITSMIT »

My baas se koedoe vd naweek wat verby is.   7x64       162gr hornady sst        292m

[img width=560 height=374]http://i1223.photobucket.com/albums/dd5 ... koedoe.jpg[/img]

sal nog die gewig en horinglengte by hom hoor hy is nog op die plaas het net vir my die foto gemail

geskiet naby glenconner tussen uitenhage en wolwefontein
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by Freek »

Pragtig, baie geluk!  Dit is mooi dik horings daai...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by PITSMIT »

yes freek

ja die ou by wie hy geskiet het het monster koedoes  dis n omheinde plaas en die grootste een wat nog op daai plaas geskiet is het aan die hak gehang 227kg net met die vel aan  die horings was 57"
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by Monrique (SJ) »

Jackie

Baie mooi ene!  Ek skat hom so op 52'' en so 175kg.  Kom ons kyk hoe ver is ek uit!

Groetnis
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by iceman1982 »

46"
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by PITSMIT »

sj
gaan jou laat weet as ek iets van hom hoor hy werk seker nog vleis dat dit hik op die oomblik

ice man
ek dink daai ding is naby aan daai 51-52" ding hy het lekker diep spirale en lang punte bo

maar mooi bly maar mooi
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by iceman1982 »

Ek hou nogsteed met 46"-48" .
Daai draaie lyk nie vir my diep nie.
Laat asb weet. Wil bietjie kyk of ek my kop moet laat lees of wat.

Groete,
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by Stefan764 »

Ek is saam met Ice op hierdie een. 48" max en 155kg uitgeslag

Baie mooi bul Pit en baie mooi foto ook!

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by PITSMIT »

stef

ja dis nie my bul nie dis my baas s'n ek was ongelukkig nie by nie was besig die naweek met ander goed maar ek sal hom hoor as ek hom sien
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by SmitH »

Stem aam so tussen 46"en48" en gewig omtrent 155kg en 165kg maar dit bly maar n mooi dier
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by MEERKAT »

45 - 47dm

152kg

Mooi oos kaap Bul
Mooi loop
MEERKAT
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by SmitH »

PITSMIT BY WIE HET HY OP CLENCONNER GESKIET

Groete
Smith
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by PITSMIT »

smit

hy het by johan viljoen geskiet op die krompoort pad
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by Nico Harris »

ek sal my hoed eet as daai kudu oor 48duim is.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by DawieKotze »

En wiet ges? die Ooskaap het nie groot koedoes nie??

So bietjie van die punt af - maar ek raak baie bemoerd as ek sien die oorsese "agente" verkondig wyd en syd van spesiale spesie "Eastern Cape Kudu Hunts"!!  ??? Watse ding is dit?? Sov?r ek weet is daar net een spesie wat in SA voorkom en dis die Suidelike kudu!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by iceman1982 »

madako wrote: So bietjie van die punt af - maar ek raak baie bemoerd as ek sien die oorsese "agente" verkondig wyd en syd van spesiale spesie "Eastern Cape Kudu Hunts"!!   ??? Watse ding is dit?? Sov?r ek weet is daar net een spesie wat in SA voorkom en dis die Suidelike kudu!
Modako,
Die Oos Kaap Kudu is wel n sub-spesie van die Southern Greater Kudu wat in die Limpopo en Transvaal voor kom. Rowland Ward wil net nie die sub-spesie aanvaar nie. So , volgens die boeke is daar net een spesie. Waar ek my beroepsjagters kursus gedoen het, het hulle die Bloed en Vesel toetse gedoen, en dit het wel bevestig dat die Oos Kaap Kudu n ware sub-spesie is. Selfs met die proef van DNA wil Rowland Ward niks weet nie.

Groete, 
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by theedge »

SmitH wrote:
Stem aam so tussen 46"en48" en gewig omtrent 155kg en 165kg maar dit bly maar n mooi dier
Ja Hier gooi ek hom ook in die klas Sal se sy nek gooi sy gewig weg Laat weet asb sal laaik om te weet 48.5 165
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by DawieKotze »

iceman1982 wrote:
madako wrote: So bietjie van die punt af - maar ek raak baie bemoerd as ek sien die oorsese "agente" verkondig wyd en syd van spesiale spesie "Eastern Cape Kudu Hunts"!!   ??? Watse ding is dit?? Sov?r ek weet is daar net een spesie wat in SA voorkom en dis die Suidelike kudu!
Modako,
Die Oos Kaap Kudu is wel n sub-spesie van die Southern Greater Kudu wat in die Limpopo en Transvaal voor kom. Rowland Ward wil net nie die sub-spesie aanvaar nie. So , volgens die boeke is daar net een spesie. Waar ek my beroepsjagters kursus gedoen het, het hulle die Bloed en Vesel toetse gedoen, en dit het wel bevestig dat die Oos Kaap Kudu n ware sub-spesie is. Selfs met die proef van DNA wil Rowland Ward niks weet nie.

Groete,   
Dis nuus vir my - gee asb die details van die relevante studie uitslae en wie dit gedoen het. Waar kan ek die inligting bekom?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by Nico Harris »

sci het hom  as n sub spesie verklaar en eks vam die mening hulle prt lekker !
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by JPS »

iceman1982 wrote:
madako wrote: So bietjie van die punt af - maar ek raak baie bemoerd as ek sien die oorsese "agente" verkondig wyd en syd van spesiale spesie "Eastern Cape Kudu Hunts"!!   ??? Watse ding is dit?? Sov?r ek weet is daar net een spesie wat in SA voorkom en dis die Suidelike kudu!
Modako,
Die Oos Kaap Kudu is wel n sub-spesie van die Southern Greater Kudu wat in die Limpopo en Transvaal voor kom. Rowland Ward wil net nie die sub-spesie aanvaar nie. So , volgens die boeke is daar net een spesie. Waar ek my beroepsjagters kursus gedoen het, het hulle die Bloed en Vesel toetse gedoen, en dit het wel bevestig dat die Oos Kaap Kudu n ware sub-spesie is. Selfs met die proef van DNA wil Rowland Ward niks weet nie.

Groete,   
Iceman,
Waar val die Koedoe's van KZN dan in??

Groete
JP
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by iceman1982 »

JP,
Jong, daai KZN kudus is soos blou bul ondersteuners. Jy weet hulle is daar , maar waar hulle vandaan kom kan niemand jou vertel nie.
SCI het hom as n sub spesie verklaar, maar Rowland Ward wil niks weet nie.

JP, as jy meer wil weet , kan jy vir Jacques Greeff probeer in die hande kry of hom email. Hy is in die Oos Kaap, en sy advertensie is elke maand in die Magnum onder die, "If you have not hunted the Eastern Cape...."
Dis waar ek my kursus gedoen het, en is 99% dat hulle gese het dat hulle die toetse laat doen het. Laat weet asb as jy informasie kry. Nogal n interessante storie.

Groete
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by Geno »

47" - 48",
Mooi duk horings...

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by PITSMIT »

K?rels
ek sal maar moet intree hier.  was gisteraand by sy huis en hy het my gese die karkas het uitgeslag 162kg  en ek persoonlik het die horings gou gemeet gisteraand en hulle meet 53.8"  linkerhoring en 53.2" regterhoring

die foto is bedrieglik daai krulle is dieper as wat hulle lyk en die horings is baie dik.  dis jammer hy sit so ver agter die kudu want dit gee nie perspektief aan die kudu se grootte nie

as julle wil inligting he oor die spesies vd kudu kan julle Prof. Pieter van Niekerk bel by 0824617522.  Hy is fakulteithoof by die universiteit hier in PE vd fakulteit  Wild en wildplaasbestuur. Hy is ook die nasionale voorsitter van CHASA en julle sal sy rubriek in die Jag en Wld tydskrif kan volg elke maand.  Hy skryf elke maand n stuk vd tydskrif en n hele rukkie terug het hy hierdie spesifike onderwerp in detail uiteengesit.

hy is ook n baie goeie vriend van my en in dieselfde kerk as ek so ons het al redelik gepraat oor die onderwerp van subspesies.

hulle het al ekstensiewe navorsing oor die debat gedoen en hulle bevindinge is dat daar net twee spesies bestaan nl die greater kudu wat aan die suidelike afrika voorkom en die lesser kudu ( afr  boskruiper) wat in midde afrika voorkom.  wat wel die verskil is tussen verskillende streke in suidelike afrika se kudus is die plantspesies wat die diere in daardie omgewing het om te eet.  Agv dit kry een gebied se kudus meer minerale en voedingstowwe uit hulle plantspesies as die ander gebied se groep en dit bepaal hulle liggaamsgroei en horinglengte.

selfs in die ooskaap verskil die kudus se grootte van distrik tot distrik en dis dan almal sogenaamde "ooskaap kudus"  dit gaan alles oor die voedingstowwe wat daai distrik se kudus uit hulle verskeie plantspesies kry

harris gaan jy daai hoed met of sonder jam eet hehehe ;D ;D

skakel gerus vir Prof Pieter  ek ag hom definitief as n kenner want jag is ook een van sy groot passies
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by Geno »

Die is die enigste twee soorte koedoes wat ek van weet:

Greater Kudu
[img width=560 height=420]http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_2909.jpg[/img]

Lesser Kudu
[img width=560 height=420]http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_4567.jpg[/img]

SCI sal onderskeid tussen enigiets tref net om meer spesies in hulle patetiese ou boekie te kry.
Rowland Ward is die enigste rekord boek wat ek ooit sal ondersteun.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: OOSKAAP KOEDOE BUL

Post by PITSMIT »

Geno

op die nr ou maat ek weet prof pieter is ook nie n groot sci fan nie

dis baie mooi voorbeeld van die twee spesies

waar het jy daai boskruipertjie gejag
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply