Namibië : Stap vir stap.

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Namibië : Stap vir stap.

Post by Krobb »

Môre almal
Ek het twee jaar terug in Nam gaan jag en ons groep is pynloos deur die grens by Vioolsdrif soontoe en terug. Ek is maar so in die bondel daardeur en die ander manne wat saam was het als gereël so ek is ook nie 100 persent met al die stappe nie. En klink my hulle verander elke nou en dan die reëls.
Kan iemand op die forum asb. Stap vir stap uitsit wat als nodig is van die uitnodiging tot die vleis laat goedkeur by die staatsveearts.

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Namibië : Stap vir stap.

Post by Kalahari »

Hallo Krobb

Weet nie of jy al die onderwerp gelees het nie, maar dit is 'n begin. Het jy al op die "search" funksie probeer?
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=65160
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Namibië : Stap vir stap.

Post by Krobb »

Dankie kalahari ek het daardie post gelees en dit laat my nog steeds met meer vrae as antwoorde.
Ons gaan Julie Namibië toe en ons papiere permitte en paspoorte en un abridge geboorte sertifikate is in plek.
Die rede hoekom ek vrae is ek is bang ons kom op die grens en dan kort ons iets dan sit ons turf.
Praat vandag met my pel wat saamgaan, sy goed is ook reg. Ek vra hom toe oor die un abridge geboorte sertifikate. Seg hy nee, geen probleem hy het sommer die oorspronklikes.
Wat toe nie reg is nie!
Die details van albei ouers is op die un abridge een.
Ek is ook nie heel seker oor die vleis inspeksie by die staatsveearts voor n mens terugkom nie. Hoe , waar en wanneer?
As jy als en als bymekaar gooi dan is dit n redelike deurmekaarspul en dit is baie maklik om êrens iets te mis wat jou duur te staan gaan laat kom.
Daarom dat ek so stap vir stap lys gevra het van iemand wat werklik weet wat aangaan sodat ek dit dan vir n finale "check" kan gebruik.

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Namibië : Stap vir stap.

Post by JohanvB »

Stukkie nou uit nuutse Tafelberg SA JAG nuusbrief.


"Hunting in Namibia

We have just been informed that the Namibian authorities suddenly require you to bring along copies of the following documents for temporary importation of your firearms if you intend to go hunting there.

A copy of your passport (the page with your personal data)
A copy of your firearm licence (the front and back sides on the same page please)
A copy of your invitation to go hunt in Namibia.
The authorities at the border posts do not have facilities to make copies. Please prepare these copies in advance and take them along."
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Namibië : Stap vir stap.

Post by Born2Late »

Kontak dalk vir oom Koos Barnard met n PM. Hy behoort vir jou al die stappe mooi uit te sit.
Groete.
Beyers C
Newbie
Newbie
Posts: 32
Joined: Thu Apr 14, 2016 12:20 pm

Re: Namibië : Stap vir stap.

Post by Beyers C »

Klein bietjie ekstra gekry van SAJWV

We have just been informed that the Namibian authorities suddenly require you to bring along copies of the following documents for temporary importation of your firearms if you intend to go hunting there.
• A copy of your passport (the page with your personal data)
• A copy of your firearm licence (the front and back sides on the same page please)
• A copy of your invitation to go hunt in Namibia.
The authorities at the border posts do not have facilities to make copies. Please prepare these copies in advance and take them along.
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Namibië : Stap vir stap.

Post by Suidwes »

Hier is my ervaring met my eerste jagspan vir 2018.

Namibia kant:
1. Die boer/jagplaas moet die Invitation to hunt Biltong vorm van Ministry of envirionment and tourism invul.
2. Scan en mail die ingevulde form vir die onderskeie jagters.
3. Handig vorm in by MET (N$100.00 per Form). Maak seker die word gedoen voor jou jagters land. Die probleme wat jy het as die na n jag wil gedoen word is oneindig en baie keer onsuksesvol met boetes...
4. Onthou om vir aparte kwitansies te vra as die jagters nie almal by dieselfde grens of tyd uitgaan nie!

SA Kant:
1. Abridged Geboorte Sertifikaat (ek self het nog nie met die gesukkel met my jagters nie, sien egter die manne noem dit)
2. Dan die kopie van jou passport met jou personal data
3. kopie van geweer lisensie. Beide voor en agter op een sy van bladsy.
4. Dan die kopie van die inv to hunt wat die boer vir jou gemail het.
5. Ekstra paar rand kontant....Dit is immers Afrika.

Die uitgaan proses as die jag klaar is:
1. Boer moet die permitte wat hy by MET gekry het voltooi. Beide die blou en wit kopie. Boer hou die blou kopie. Wit kopie en kwitansie van MET gaan saam met jagter.
2. Die SA vleis permit moet gevat word na die naaste veeartseny kantoor, waar jy betaal (N$50.00) en kwitansie kry. Weereens..As jagters apart terug gaan, kry aparte kwitansies.
3. Vleis inspeksies gebeur op die grens
4. Sien volgende jaar!!! Dan het die bostaande seker weer verander...

NB!!!!!!Jy kan nie betaal op die grens by veeartseny(N$50.00), hulle gaan jou terugstuur!!!!!!!!

Hoop dit help.
Lekker jag almal en veiligheid eerste Asseblief.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Namibië : Stap vir stap.

Post by Boesman10 »

Daar is altyd 'n ander opsie......

Jy pak jou bakkie, jaglisensie, bestuurslisensie & geweerlisensie. Ry Beaufort Wes toe. Jag. Kry vleisvervoerpermit en ry huis toe. :-). Minder permitte. Geen vleisinspeksies. Geen grensposte. Baaaaaie minder kilometers. Jy skiet dieselfde spesies en afstande as in Namibia. Baie meer klippe. Baie minder sand. :-)
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Post Reply