243?
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: 243?
Ek laai 100gr PMP bruin punte teen 2890fps. Op bosveld afstande is penetrasie net genoeg vir 'n groot vlakvark beer. Met iets soos 'n 90gr mono of bonded punt sou ek sê 'n rooihartbees is beslis binne die perke.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: 243?
Lefty, sonder om nou in die etiese ding in te gaan, maar ek ken manne wat elande skiet met 243. Maar hulle kan skiet! Dit gaan maar oor die moer agter die roer. Persoonlik dink ek mens moet 243 tot medium wild beperk. Hoe oud is jou lighties? Koop vir hulle 'n 6.5mm en sit 'n lekker silencer op. Dit sal jou ook rustiger maak
-
RevA
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
Re: 243?
Op vlaktes gemaklik n gemsbok. Binne 100m as die bok reg staan en jy jou geweer ken kan mens kudu skiet.
Groete Andreas
- 6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500