Scope ring plasing op scope
-
Marcel308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Wed Dec 06, 2017 11:32 am
Scope ring plasing op scope
Goeie more almal,
Ek wil net graag 'n paar manne se terugvoering kry oos scope ring plasing op die buis van my scope. Ek het nou laas week na 'n lang gewag my geweer gekry, my eerste een en die scope en alles sommer self gemount by die huis.
Ek is baie gemaklik met die eye relief ensovoorts, wil net seker maak by die manne wat meer weet as ek op die plasing van die ringe ok is?
Ek sal julle terugvoering baie waardeer!
Marcel.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Scope ring plasing op scope
Daai scope lyk vir my kwaai agtertoe. Hoe is die eye relief as jy by n skietbank sit met die geweer?
Goed, beter, 6millimeter!
-
Marcel308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Wed Dec 06, 2017 11:32 am
Re: Scope ring plasing op scope
Hi Geno,
Hy lyk vir my ook baie ver agtertoe maar die sight picture wat ek kry is baie goed.
Ongelukkig was ek nog nie op die skietbaan met hom gewees nie, ek beplan hopelik om hierdie naweek te gaan. As ek die geweer oplig en teen my skouer sit is daar redelik spasie tussen die scope en my oog, maar ek is maar skrikkerig vir blou ogie kry op die skietbaan.
Die agterste ring is nou die heel eerste slot op die rail, dink jy ek moet hom maar vorentoe skuif slot per slot op die rail tot ek sight picture verloor?
Dankie vir jou hulp ek waardeer.

- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Scope ring plasing op scope
Hoe het jy jou eye relief bepaal?
-
Marcel308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Wed Dec 06, 2017 11:32 am
Re: Scope ring plasing op scope
Jacques, ek het die scope op die rail gesit, maar nog los gehou en dan net uit 'n staande posisie die geweer gelig na 'n skiet posisie toe en dan die scope gesuif tot waar ek sonder om te sukkel 'n goeie groot sight picture gekry het as ek die geweer lig na daai posisie toe.
Ek moet by sê dat ek direk toe ek hom daar gekry het het ek die scope vas gemaak. Moes ek eerder maar nog hom vorentoe geskuif het om te kyk of ek die scope verder weg kan kry sonder dat die prentjie verander?
Jammer vir die dom vra maar soos ek sê dis my eerste geweer en het basies maar met youtube tutorials myself gehelp oor ek dit graag self wou doen.

- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Scope ring plasing op scope
Jou idee is reg, maar ek dink ook die scope is te ver agter. As die geweer daar lê op X-bag en agterste sakkie en jy sit asof om te skiet, hoe lyk jou " eye relief "dan?
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Scope ring plasing op scope
+1Geno wrote:Daai scope lyk vir my kwaai agtertoe. Hoe is die eye relief as jy by n skietbank sit met die geweer?
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Scope ring plasing op scope
Hi Marcel,
Vat masking tape en plak dit agter aan die bo kant in die lengte van jou kolf. Kry iemand om jou te help, dan maak jy jou oë toe en shoulder jou geweer asof jy gaan skiet, laat die person dan 'n pen vat en loodreg van jou oog af op die masking tape 'n merkie maak van jou oog se posisie. Doen dit so 3 keer en kry die plek op die masking tape wat elke keer met jou oog op line. Vat dan 'n A4 papier en sit hom dwars oor daai merkie op die masking tape dat 'n A4 gedeelte na jou scope wys. Vat nou 'n flits en skyn hom voor in jou scope in dat die lig deur jou scope op die papier val. As jou scope nou lekker los sit in die ringe en jy skuif hom vorentoe en agter toe dan sal jy sien die focus punt op die papier word of groot en dof of skerp en klein. Onthou jy as kind as jy papier of gras met 'n vergroot glas aan die brand gesteek het, moes jy die vergtoorglas so posisioneer dat die fokus punt skerp is, nou as jy jou scope vorentoe en agter toe geskuif het en daai focus punt lyk so skerp en klein behoort jou eye relief reg te wees.

Gian,
Ek het hom glad nie so getoets op die x-bag dat dit half dupliseer wat by die skietbaan gaan gebeur nie. Ek sal dit vanaand uit toets.
Jacques daai klink na 'n mooi plan ek sal dit verseker probeer vanaand, wanneer ek die klein gefokusde punt gekry het sal ek die eye relief toets uit staan skiet posisie uit en ook op die x-bag soos wat Gian voorgetsel het.
Baie dankie julle ek sal terug voer gee van hoe dit uitgewerk het.

Sorry Jacques net een laaste vraag, wanneer ek die scope so skuif met die flits om die focus punt te kry, moet my scope op minimum of maksimum vergroting wees terwyl ek dit doen of het dit nie veel van 'n impak op hoe suksesvol dit gaan wees nie?
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Scope ring plasing op scope
Sorry man ek moes genoem het, sit jou parallax op infinity en jou scope se vergroting op Max.Marcel308 wrote:Sorry Jacques net een laaste vraag, wanneer ek die scope so skuif met die flits om die focus punt te kry, moet my scope op minimum of maksimum vergroting wees terwyl ek dit doen of het dit nie veel van 'n impak op hoe suksesvol dit gaan wees nie?
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1185
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Scope ring plasing op scope
Leupold se eye relief is goed, jy kan maar vorentoe skuif. As jy iewers gaan sit of lê en optraende skiet gaan daai scope jou verseker byt !
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
Marcel308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Wed Dec 06, 2017 11:32 am
Re: Scope ring plasing op scope
Dankie Jacques ek het so gedink maar wou net seker maak.
Dis waarvoor ek bang is Willie, is nie lus dat hy my byt nie.
Ek gaan vanaand verstellings maak en Jacques se metode gebruik, sal more deel hoe dit uitgekom het.

- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Scope ring plasing op scope
Daar leer ek iets nuuts, baie oulik, dankie Jacques !JacquesT (Stompe) wrote:Hi Marcel,
Vat masking tape en plak dit agter aan die bo kant in die lengte van jou kolf. Kry iemand om jou te help, dan maak jy jou oë toe en shoulder jou geweer asof jy gaan skiet, laat die person dan 'n pen vat en loodreg van jou oog af op die masking tape 'n merkie maak van jou oog se posisie. Doen dit so 3 keer en kry die plek op die masking tape wat elke keer met jou oog op line. Vat dan 'n A4 papier en sit hom dwars oor daai merkie op die masking tape dat 'n A4 gedeelte na jou scope wys. Vat nou 'n flits en skyn hom voor in jou scope in dat die lig deur jou scope op die papier val. As jou scope nou lekker los sit in die ringe en jy skuif hom vorentoe en agter toe dan sal jy sien die focus punt op die papier word of groot en dof of skerp en klein. Onthou jy as kind as jy papier of gras met 'n vergroot glas aan die brand gesteek het, moes jy die vergtoorglas so posisioneer dat die fokus punt skerp is, nou as jy jou scope vorentoe en agter toe geskuif het en daai focus punt lyk so skerp en klein behoort jou eye relief reg te wees.
Jammer vir die inchip
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Marcel308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Wed Dec 06, 2017 11:32 am
Re: Scope ring plasing op scope
More almal,
Ek het gisteraand die raad gevolg wat gister gegee is en het met Jacques se metode getoets om my oog lyn te kry van staan posisie en skietbank posisie af.
Daai flits storie werk baie goed en is bitter eenvoudig as mens eers die A4 papier kan kry om regop te staan...
Ek is verbaas hoe vêr ek uit was met my oorspronklike plasing van die scope, en die "goeie" sight picture wat ek gehad het. ALLES is nou net soveel beter.
Kan nie genoeg dankie sê vir julle raad nie. Scope is nou vorentoe en die ringe is ook een slot op die rail vorentoe.
Hoe lyk hy nou?
Ek het gisteraand die raad gevolg wat gister gegee is en het met Jacques se metode getoets om my oog lyn te kry van staan posisie en skietbank posisie af.
Daai flits storie werk baie goed en is bitter eenvoudig as mens eers die A4 papier kan kry om regop te staan...
Ek is verbaas hoe vêr ek uit was met my oorspronklike plasing van die scope, en die "goeie" sight picture wat ek gehad het. ALLES is nou net soveel beter.
Kan nie genoeg dankie sê vir julle raad nie. Scope is nou vorentoe en die ringe is ook een slot op die rail vorentoe.
Hoe lyk hy nou?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Scope ring plasing op scope
Meganies gesproke, hoe verder jy die ringe uitmekaar kan monteer, hoe beter ondersteuning bied dit vir voorste en agterste lens gedeeltes van die teleskoop.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: Scope ring plasing op scope
Daai lyk vir my baie goed. Ek hou daarvan as die spasie tussen die verstelknop en die ringe dieselfde is.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Scope ring plasing op scope
Dit lyk stukke beter Marcel.
-
Marcel308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Wed Dec 06, 2017 11:32 am
Re: Scope ring plasing op scope
Baie dankie aan almal vir die terugvoer en Jacques vir sy praktiese raad. Ek gaan hom sondag skiet baan toe vat en inbreek, sover is ek baie gelukkig moet hoe dinge voel en lyk.
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Scope ring plasing op scope
[quote="Marcel308"]More almal,
Ek is verbaas hoe vêr ek uit was met my oorspronklike plasing van die scope, en die "goeie" sight picture wat ek gehad het. ALLES is nou net soveel beter.
Dit is net n bewys van Leopold se goeie "non critical eye relief" sisteem.

The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1185
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Scope ring plasing op scope
nou nog net jou ringe laat lap
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
Marcel308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Wed Dec 06, 2017 11:32 am
Re: Scope ring plasing op scope
airhunter wrote:Marcel308 wrote:More almal,
Dit is net n bewys van Leopold se goeie "non critical eye relief" sisteem.
Ek stem heeltemal saam is baie impressed met die Leupold se "clarity" en natuurlik die "eye relief". As jy Jacques se metode volg en jou oog lekker in sy sweet spot kry is dit asof jy uit jou pad uit moet gaan om 'n minder as ideale beeld te kry.
Die scope is 'n gewone Leupold VX1 3-9x40 met die LRP reticle op, het nie veel meer nodig vir 'n lekker bos geweer nie.