Namibië & Vleispermitte
- hennief
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am
Namibië & Vleispermitte
More kêrels
Ons gaan einde Junie jag naby Stampriet. Vleispermitte en die res van die papierwerk is klaar voltooi soos gewoontlik.
Nou is daar 'n WhatsApp wat die rondte doen wat blykbaar kom van 'n boer in Namibië wat sê hulle laat nie meer meer as een vleispermit toe per voertuig nie. Ek weet nie of dit voorheen die reëling was nie, maar ons het nog nooit probleme hiermee gehad nie.
Weet iemand hoe die reëls vanjaar werk? Hulle is mos maar lief daarvoor om dit kort kort te verander.
Groetnis
Hennie

300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Hennie
Hier is twee weke gelede vriende van my weg wat gejag het. Daar was 3 Sa vleispermitte met twee persone en een jagpermit in een voertuig terug oor die grens sonder probleme.
Die probleem kom mos maar in met die verskillende interpretasies van die "volk" op die grens
Daar kan jy mos of deurgly soos seep of vashaak soos 'n Angorabok in 'n haak en steek.....
Johan
Hier is twee weke gelede vriende van my weg wat gejag het. Daar was 3 Sa vleispermitte met twee persone en een jagpermit in een voertuig terug oor die grens sonder probleme.
Die probleem kom mos maar in met die verskillende interpretasies van die "volk" op die grens
Daar kan jy mos of deurgly soos seep of vashaak soos 'n Angorabok in 'n haak en steek.....
Johan
- hennief
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am
Re: Namibië & Vleispermitte
Dankie Johan
Ons vat dit dan maar soos dit kom.
Ons vat dit dan maar soos dit kom.
300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Elkejaar is daar nuwe planne aan die Nam kant begin van die seisoen.
As jy by Nam kant kom met net een jag permit maar 5 manne het gejag gaan jy probleme kry. As jy nie brief van vrystelling(wildsplaas) en extra permit wat getalle meer as voorgeskryf word het kan toon nie gaan hulle jou vleis vat en beboet.
As jy iets anders as Kudu, Gemsbok, Springbok en VLakvark jag moet die plaas 'n extra permit uitneem en vir jou gee. DIe permit kos R50 of iets. EK het laasjaar met ons plaas se Vrystellings sertifikaat amper my blesbokke verloor op die grens. EN die man wou niks weet van my permitte en dat die plaas toegespan is etc.
Ek ry Donderdag oor en het RSA permitte en Nam jag permit. My vraag is of Noordoewer nou inspeksies doen of nie. Net soos laasjaar is daar weer gerugte jy moet Keetmans, Marienthal of Karasburg in werks ure omgaan by veeartseny.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Wat is die situasie met ammo. Ek verstaan (hoorsê) dis verminder na 80 rondtes per kaliber of dan geweer ?
Enige iemand met korrekte inligting rondom dit sal waardeer word. My dfo het geen idee nie.

Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

-
Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Nog n nuwe ding is nou copys van jou paspoort en lisensie en 2 copys van jou uitnodigings brief.
Verander seker daagliks om net te kyk of iemand nie tog n bribe wil betaal nie. Ek weier draai liewer om. Kon darem 4 copys maak vir R20 (seker ook maar bribe) en kon na n uur en 15 min verder.
Namibie sal maar na die goed moet kyk as hulle voorkant nog jagters wil inkry.
Hierdie jaar was my laaste maal dat ek n geweer oor grens gaan neem.
Lekker jag
Verander seker daagliks om net te kyk of iemand nie tog n bribe wil betaal nie. Ek weier draai liewer om. Kon darem 4 copys maak vir R20 (seker ook maar bribe) en kon na n uur en 15 min verder.
Namibie sal maar na die goed moet kyk as hulle voorkant nog jagters wil inkry.
Hierdie jaar was my laaste maal dat ek n geweer oor grens gaan neem.
Lekker jag
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Dankie vir daai inligting jak..
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
- hennief
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am
Re: Namibië & Vleispermitte
So laat weet ek vir vriende van die inligting wat jy gedeel het. Die ouens maak nogal kleur copies en vat saam grens toe...Jaktrap wrote:Nog n nuwe ding is nou copys van jou paspoort en lisensie en 2 copys van jou uitnodigings brief.
Verander seker daagliks om net te kyk of iemand nie tog n bribe wil betaal nie. Ek weier draai liewer om. Kon darem 4 copys maak vir R20 (seker ook maar bribe) en kon na n uur en 15 min verder.
Namibie sal maar na die goed moet kyk as hulle voorkant nog jagters wil inkry.
Hierdie jaar was my laaste maal dat ek n geweer oor grens gaan neem.
Lekker jag
"Nee meneer, ons soek wit en swart copies"
R80 vir copies per man later kon hulle darem deur.
300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Hennie,
Jou pelle is nog gelukkig!
SARS (Paarl) wou gister nie my gesertifiseerde ID copies vat nie - hulle maak hulle eie....
Staatsdepartemente doen deesdae NET SOOS HULLE WIL!!

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Namibië & Vleispermitte
Is die probleme nie iets wat vir NAPHA vertel moet word nie. info@napha.com.na
Alhoewel ons amper locals is is ons tog internasionale jagters. Ek onthou hulle vat die manne vinnig vas by die lughawe as hulle daar probeer bribe, hulle kan seker dit by die grensposte ook seker doen.
Alhoewel ons amper locals is is ons tog internasionale jagters. Ek onthou hulle vat die manne vinnig vas by die lughawe as hulle daar probeer bribe, hulle kan seker dit by die grensposte ook seker doen.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Dankie Jaktrap vir die heads-up met afskrifte.
Die grens is belaglik.
Ons het alle dokumente in duplikaat gevat.
Die man by die hek het so lekker smirk op sy gesig gehad en Oom voor ons redelik gemors.
Toe hy ons wil begin rondneuk en ons het al die afskrifte toe raak hy onbeskof en vra hoekom kom jag ons in sy land.
Hy was uit daarop om ons kwaad te maak dat hy ons kan gas gee as ons kwaadraak.
Ons is Donderdag nag oor en het op ons plaas in vlakte gaan jag waar daar geen sein is nie. toe ons Saterdag in dorp kom staan my skoonsus rooigesig want Karasburg natuurbewaring weier om jagpermit tegee vir ons sonder RSA vleis permit. So ons vleis word nou daar bewerk en ons het met 'n leë sleepwa teruggekom.
Hulle probeer werklik dat jou jag so moeilik moontlik moet wees.
Ons het alles wettig gedoen en dokumente gehad. Steeds word jy soos 'n skirk hanteer.
Ons jag elkejaar 1-2 keer in Namibie, elkejaar verander hulle die reëls en wat hulle soek so jy is nooit seker wat hulle van jou soek nie.

- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Ai tog. Ons ry oor n maand, in verlede nog nooit moeilikheid gehad nie. Ek wens hulle wil net konsekwent wees en al die vereistes publiseer dat mens nie al hierdie verrassings kry nie.tau wrote:Dankie Jaktrap vir die heads-up met afskrifte.
Die grens is belaglik.
Ons het alle dokumente in duplikaat gevat.
Die man by die hek het so lekker smirk op sy gesig gehad en Oom voor ons redelik gemors.
Toe hy ons wil begin rondneuk en ons het al die afskrifte toe raak hy onbeskof en vra hoekom kom jag ons in sy land.
Hy was uit daarop om ons kwaad te maak dat hy ons kan gas gee as ons kwaadraak.
Ons is Donderdag nag oor en het op ons plaas in vlakte gaan jag waar daar geen sein is nie. toe ons Saterdag in dorp kom staan my skoonsus rooigesig want Karasburg natuurbewaring weier om jagpermit tegee vir ons sonder RSA vleis permit. So ons vleis word nou daar bewerk en ons het met 'n leë sleepwa teruggekom.
Hulle probeer werklik dat jou jag so moeilik moontlik moet wees.
Ons het alles wettig gedoen en dokumente gehad. Steeds word jy soos 'n skirk hanteer.
Ons jag elkejaar 1-2 keer in Namibie, elkejaar verander hulle die reëls en wat hulle soek so jy is nooit seker wat hulle van jou soek nie.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Pakkie geduld
Afskrifte:
Passpoort
Geweer lisensies
uitnodigings brief
drie van alles
Tel jou rondtes tot op die nommer. EK het 93 patrone en 7 doppe in my kussie gehad.
Fabrikaat van jou ammo is wat op die doppe staan.
Dit is regtig hartseer.
Afskrifte:
Passpoort
Geweer lisensies
uitnodigings brief
drie van alles
Tel jou rondtes tot op die nommer. EK het 93 patrone en 7 doppe in my kussie gehad.
Fabrikaat van jou ammo is wat op die doppe staan.
Dit is regtig hartseer.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Namibië & Vleispermitte
Lyk my Noordoewer is lus vir krap.
Ek het my swaer van al die afskrifte vertel en hulle het gemaak en saamgeneem na Ariamsvlei grenspos. NIKS gevra of gesoek van afskrifte soos by Noordoewer nie. SO dit is nou paar beamptes vy Noordoewer wat ons wil rondneuk en vir hulle vriende geld maak.
Ek het my swaer van al die afskrifte vertel en hulle het gemaak en saamgeneem na Ariamsvlei grenspos. NIKS gevra of gesoek van afskrifte soos by Noordoewer nie. SO dit is nou paar beamptes vy Noordoewer wat ons wil rondneuk en vir hulle vriende geld maak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Namibië & Vleispermitte
Ek benader maar enige regering beampte met die volgende siening. Hy sien jou op 'n myl kom en dis nou sy tyd om baas te wees. Hy moet homself ook besig hou vir 8 ure, hoe beter dan as om jou te vrustreer? Lank voor dit my beurt is sien daai man al vir my voete sleep na ek op my sewende rugwerwel lê en wag het in die ry. As dit my beurt is begin ek eers groet en tjol praat. Sommer ook nuuskierig oor wat ook al ek daar rond sien. As dit tyd is vir papiere is ek dom en stadig en soek en soek nog so 'n bietjie. Iewers deur die proses kry die man die dom boertjie jammer en help soos hy moet of verloor geduld en maak my goed klaar sodat hy iemand kan vrustreer wat dit waardeer. Either way kom ek 95% van die die tyd weg met een besoek. Dit vat bietjie langer maar is vinniger as 'n tweede besoek.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P