MAXDEX nagsig - wat dink julle ?

Post Reply
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

MAXDEX nagsig - wat dink julle ?

Post by jdpretorius »

Soek biekie julle opinie asseblief oor die Maxdex nagsig ... dit is nou wel nie 'n ATN nie maar dit lyk of hy kan werk vir voor-sit in die nag en jy hom kan ruil op jou gewere

prys lyk ook nie te mal nie

ek luister graag

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: MAXDEX nagsig - wat dink julle ?

Post by Rudie »

Ek gebruik nou al vir die laaste twee jaar 'n Maxdex . Ek kan nie vergelyk met ATN nie want ek het nog nie met een geskiet nie.

Die Maxdex maak jou geweer baie swaar en vat 'n bietjie tyd om gewoont te raak aan die manier van skiet. Jy het 'n bietjie tonnel vissie in die aand so jy kan nie op hoë vergroting skiet nie. Ek kan myne op 'n maksimum van 6 vergroting skiet daarna val die resolusie baie af en die beeld is baie swak.

Laas jaar het ons by die 20 Bosvarke met die Maxdex geskiet op afstande tussen 50 en 120m sonder om te twyfel waar die skoot moet sit. Alles was kopskote gewees op die oor of van voor af in die brein.

Hele paar jakkalse het ook voor hom geval maar dit raak moeilik as jy verder as 150m moet skiet agv die vergroting wat net tot by 6 kan gaan.


Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: MAXDEX nagsig - wat dink julle ?

Post by jdpretorius »

Dankie Rudie, dit gee vir my mooi die hele prentjie.
Ek oorweek hom vir bosvarke van uit 'n skuiling, dalk sal hy werk vir 'n paar van daai ongediertes ook.
Wat my wel pla is die ekstra gewig met die groot ekstra ding bo-op jou scope en effe beperkte afstand natuurlik.

Ek sien 'n paar manne het hier so 2 jaar terug ook oor hom gepraat met taamlik die selfde sentiment

as ek moet eerlik wees is dit maar net 'n heuk wat gekrap wil word .... bosvark rib op die kole bly dam maar lekker >:D
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: MAXDEX nagsig - wat dink julle ?

Post by Rudie »

Vir Bosvarke is hy ideaal. As jy meeste vanuit 'n skuiling skiet dan pla die ekstra gewig nie regtig nie.



Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: MAXDEX nagsig - wat dink julle ?

Post by jdpretorius »

Rudie wrote:Vir Bosvarke is hy ideaal. As jy meeste vanuit 'n skuiling skiet dan pla die ekstra gewig nie regtig nie.



Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Dankie Rudie

PS. daai Lynx skiet nog pragtig ! ;D
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply