Mes slyp tegnieke en apperate.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Mes slyp tegnieke en apperate.
Hallo manne en mannine.
Ek het gister aand bietjie tyd beskikbaar gehad en begin toe posts op Jaracal lees oor die onderwerp, ook later vir youtube geraadpleeg.
Die topic word dalk bietjie holrug gery, maar ek wil seker maak.
Ek wil nou hier n paar stellings/afleidings/vrae maak, dan kan julle kenners my reghelp of bevestig dat ek nie die pad byster raak nie. Op Jaracal het ek op n heel paar kundiges afgekom. Eers het ek gedink ek kry goeie raad, toe kry ek te veel en begin twyfel. (van die posts kom van 2012 af)
1. Daar is 2 fases nl; a) eers die hoek van die lem reg kry, en dan b) die lem skerp maak.
2. Die eerste fase moet verkieslik by die huis gedoen word met Lansky? of belt sander? Wat gebruik julle?
3. Fase 2 gaan jy obviously ook by die huis doen, maar ook in die veld tydens jou slag. Watse apperaat gebruik julle? Is dit hier waar keramiek steentjies in die game kom? Hierdie moet seker mos nou n kleinerige draagbare item wees wat sonder 220V werk.
4. Die hoeke. Die gemiddeld lyk my is om eers die lem teen 17grade te vorm en dan teen 20grade skerp te maak. Klink dit reg?
5. Staal van lem; As ek n mes koop, vir watter nommers/kodes moet ek kyk op die lem om te weet of
dit redelike goeie staal is?
6. Watse metriaal gebruik jy om te "stop"? Leer, hout, of wat.
Ek sal darem ook like om 'n "bang skerp" mes te hê (term wat ek geleer het op jaracal)
Groete.

Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Ek het eltyd lansky gebruik nou gebruik ek v-sharp clasic 2! werk vinnig en maklik
ek het 9 slagmesse, 3 swart 3 rooi en 3 oranje
Oranje teen 30 grade vir vleis van die been af kry ook my jagmes word ook hier geslyp
Swart teen 25 grade opsny in biltong/vleis split my Leatherman is ook hier lekker skerp en raak nie gou stomp nie
Rooi Filleting messe slyp teen 20 grade maak baie netjiese egalige snitte.
dan met my lansky hou ek die knipmes teen 17 grade vrek skerp! kan met hom skeer as jy regtig wil gebruik hom maar min.

-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Dis baie messe. Hoe hou daai belt buckle?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Dolf, die doel bepaal die gereedskap. Die vaardighede bepaal die instandhouding. En liefde bepaal die moeite wat jy bereid is om te doen.
As dit 'n goeie mes is met goeie staal en as jy lief is daarvoor, is dit die moeite werd om goeie slyp toerusting te kry. As jy soos die gemiddelde jagter 'n skerperige mes soek wat dalk so 'n bietjie gebruik sal word vir biltong sny en om miskien n keel af te sny, kan jy heeltemal goed wegkom met een van die goedkoper maar beter messe, ek dink bv aan Tramontina. As jy kommersiële werk moet doen kry jy Mundial en n fyn bandskuurder.
Dit is 'n enorme bevrediging om 'n mes met die hand vlymskerp te slyp maar dit vat tyd en geld totdat die hande doen wat die kop dink. Daarom is goed soos Lansky so gewild. Bly asb net weg van bandskuurders op goeie messe want hulle vreet te veel staal te vinnig, maak holtes en laat dalk selfs die staal warm word.
Outydse koolstofstaal doen baie goed, slyp redeliik maklik en hou 'n snyvlak. Koop 'n Okapi en oefen op hom, daar is nie veel wat jy kan verkeerd doen nie.
Los steentjies soos die Lansky het 'n nadeel dat die steentjies te kort is vir lang lemme.
My persoonlike voorkeur is vir Japanese waterstene , maar dit is skaars en duur en redelike spesialis werk.

Wel ek hou nie van mes slyp terwyl ek slag nie!Supacow wrote:Dis baie messe. Hoe hou daai belt buckle?
Belt buckle hou baie goed!!! Gaan nie weer een hoef te koop nie!!
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Dolf, oor jou vrae: ek het nou al drie keer probeer om ewe mooi elke vraag te antwoord, net om elke keer 'n verkeerde knoppie op hierdie nuwe foon raak te druk. Ek sal dus nie skryf wat ek al kwytgeraak het nie

Die basiese beginsels werk so: kry 'n mes met goeie staal en sorg dat hy goed skerp is voor jy veld toe gaan. Vat 'n slypstokk(ie) van keramiek of staal saam om die snyvlak skerp te hou terwyl jy werk. Buck of Muella of Cold Steel is goed genoeg en nie woes duur nie. As jy die mes gereeld skerp hou is die nie nodig om na fase 1 terug te gaan nie.
Dit is nie nodig om met verskillende slypvlakke te werk nie. Ja, dit maak 'n verskil maar vir alledaagse gebruik en as jou mes hard werk is dit 'n tydsame frustrasie om heeltyd weer die spesifieke grade te hou en te vestig. (As iemand my hier kan reghelp sal ek dankbaar wees!)
Jou vraag oor die strop: enige sagte materiaal werk want die snyvlak moet net poleer word. 'n Strop werk ook net op n mes wat alreeds baie skerp is. Kyk asb dat jy in lang en reguit, egalige hale werk. Die heen-en-weer slepery met 'n ronde beweging soos in die flieks is enige snyvlak se vinnige einde want dit maak die snyvlak rond.
As jy regtig sukkel bied ek aan om eenmalig 'n mes vir jou te slyp. Of jy kan op Stella 'n draai kom maak, dan doen jy dit self.

Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Dankie Ds ek sal een Nagmaal naweek kom uitspan in Stella [thumbs up]Ds J wrote: As jy regtig sukkel bied ek aan om eenmalig 'n mes vir jou te slyp. Of jy kan op Stella 'n draai kom maak, dan doen jy dit self.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Ek het so Lanksy altyd in my sak as ek gaan jag en slag. Die res van die tyd is dit in die kombuis laai. Die werk vir my om die pens hakkie te slyp, messe, leathermans en geratte lemme (serated). Ek gebruik die yster/carbide hoek amper nooit. Dalk op 'n ou slg mes wat ek nie so baie foor omgee nie. Of 'n tuin skêr. Die keramiek hoek gebruik ek net om lemme opteskerp terwyl ek slag, werk kosmaak.
https://encrypted-tbn2.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcTxYmBFv9GWXIPeOeYbeobEtIk8-mAQ3azD-b-qOS8KHedaq7pN
Die nuwe en beter messe van koolstof damaskus gee ek baie meer liefde. Ek het ongelukkig nie Japanese water stene nie
Maak net glad/skerper op die keramiek hoek. Hulle het nog nie 'n slyp nodig nie. Sal dit sommer na Tinus toe vat dat hy dit ordentlik doen.
https://encrypted-tbn2.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcTxYmBFv9GWXIPeOeYbeobEtIk8-mAQ3azD-b-qOS8KHedaq7pN
Die nuwe en beter messe van koolstof damaskus gee ek baie meer liefde. Ek het ongelukkig nie Japanese water stene nie
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Ek het met 'n onlangse vakansie in die Kaap vir my 'n Japanese "whetstone" of dan waterslypsteen gekoop. Ek is so effe O-K oor skerp messe. Nou ja ek het nou geld uitgehaal en moet die ding leer. Soos enige ding Japanees is daar baie tradisie, kultuur en vakmanskap daaraan verbonde. Laaank gelede was daar so sê ding van Jap-crap, goed wat nie goeie kwaliteit was nie. Ek dink net die invoerders het ons 'n rat voor die oë gedraai. In my soeke na kennis oor hulle messe, die slyp daarvan, die maak ens het ek op 'n ryk van uitmuntende trotse vakmanskap afgekom! "Seiichiro Mizuta, craftsmen, salesman and partner of the Echizen Japan Knife Consortium, which have been making the very highest quality blades since 1337"
Toe ek die steen koop vertel die man my dat hy 'n mes het wat deur 'n vakman gemaak is wat begin deur die rou erts te versamel en dit dan te smelt en vorm tot die finale produk.
Nou ja ek kan getuig dat die wêreld van water slyp 'n nuwe dinamika bring vir skerp messe. So as jy tyd het begin met die reis.
Toe ek die steen koop vertel die man my dat hy 'n mes het wat deur 'n vakman gemaak is wat begin deur die rou erts te versamel en dit dan te smelt en vorm tot die finale produk.
Nou ja ek kan getuig dat die wêreld van water slyp 'n nuwe dinamika bring vir skerp messe. So as jy tyd het begin met die reis.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
'n Mes is werklik skerp wanneer jy n vryhangende haar kan afkap ...Carl wrote:Ek het met 'n onlangse vakansie in die Kaap vir my 'n Japanese "whetstone" of dan waterslypsteen gekoop. Ek is so effe O-K oor skerp messe. Nou ja ek het nou geld uitgehaal en moet die ding leer. Soos enige ding Japanees is daar baie tradisie, kultuur en vakmanskap daaraan verbonde. Laaank gelede was daar so sê ding van Jap-crap, goed wat nie goeie kwaliteit was nie. Ek dink net die invoerders het ons 'n rat voor die oë gedraai. In my soeke na kennis oor hulle messe, die slyp daarvan, die maak ens het ek op 'n ryk van uitmuntende trotse vakmanskap afgekom! "Seiichiro Mizuta, craftsmen, salesman and partner of the Echizen Japan Knife Consortium, which have been making the very highest quality blades since 1337"
Toe ek die steen koop vertel die man my dat hy 'n mes het wat deur 'n vakman gemaak is wat begin deur die rou erts te versamel en dit dan te smelt en vorm tot die finale produk.
Nou ja ek kan getuig dat die wêreld van water slyp 'n nuwe dinamika bring vir skerp messe. So as jy tyd het begin met die reis.
Versigtig vir die vinger wat die haar vashou. Die mes is nie bekommerd waardeur hy gly nie
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Ek het eenkeer n skaapskeerder dopgehou.
Sy sker was so skerp dat hy die wol teen die sker kon hou en dan liggies daarop blaas en die wol was afgesny. Ek kon dit nog nooit regkry nie. Nie eens met my Lansky nie.

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Ek stem dat daar wel 2 hoeke op die lem moet wees maar ek reken dat beide deur die vervaardiger reeds daar moet wees. Ja jy as gebruiker kan verseker die finale grade verander soos jy goed dink maar die grade van die hollow of flats kan jy tog niks aan doen nie????1. Daar is 2 fases nl; a) eers die hoek van die lem reg kry, en dan b) die lem skerp maak.
- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Guide to the Best Knife Steel
http://knifeinformer.com/discovering-th ... ife-steel/

Gooi lood!!!!
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Daar is nie noodwendig twee snyvlakke nodig nie. Kyk bv na die japanese swaarde en die Moran-snyvlak. Dit is ronde snyvlakke en werk puik.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Die algemene ontwerp is maar 2 sny vlakke, maar daar is bv 'n Japanese mes ontwerp vir groente sny wat slegs een snyvlak het die Usaba - die mes is dan ook links- of regshandig en het 'n effe konkaaf weg van die sny vlak. Dit maak reguit sny moeilik en word gewoonlik gebruik deur 'n persoon wat baie jare se opleiding het.Ds J wrote:Daar is nie noodwendig twee snyvlakke nodig nie. Kyk bv na die japanese swaarde en die Moran-snyvlak. Dit is ronde snyvlakke en werk puik.
Soos die een vir R8000
http://www.korin.com/HNE-DSHHMKU_MM.jpg
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
https://www.futurama.co.za/warthog-mult ... gJT5_D_BwE
Werk baie goed en kom met 'n leather strop. Grade van slyp is in 'n kits verstelbaar.

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Passop net dat hierdie messlypbesigheid nie so ontaard dat jy te jammer is om die mes te gebruik nie, want hy gaan stomp raak.
Ondervinding het geleer dat vleismesse wat vir slagdoeleindes (vleiswerk) gebruik word, grof geslyp moet wees. As jy jou nael oor die lem trek, moet jy die "hakies" voel. Dan sny hy soos 'n warm mes deur botter! 'n Mesmaker het my geleer dat 'n plankie, waarop 'n stuk skuurpapier geplak is, die beste slypsteen is terwyl jy vleis werk.
Ek glo as jy die mes vir ander doeleindes gebruik, bv. leer sny of biltong sny, gaan jy anders tewerk. Dan moet hy so skerp wees dat wanneer 'n haar daarop val, hy deurgesny word

ZKK
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Goeie more Manne.
OP hierdie bladsy is n foto van n jig om messe se bevels met n fyl te maak
(http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... &start=400)
As jy nog nie die angles konstant met die hand kan hou op n slypsteen nie, stel ek voor jy bou so jig, maar met die volgende verandering.
In stede van n fyl, vat jy sommer n ronde 20mm hout dowel (plus minus 1 meter lank, koop sommer 3) en draai wet-and-dry skuurpapier om die punt.
Maak vir jou 3 stokke, met 400 grit, 1000 grit en 2000 grit skuurpapier.
Klamp jou mes aan die tafel vas en gebruik jou jig om die messe skerp te maak.
Ek het sommer n App op die selfoon afgelaai wat die hoek van jou dowel kan meet.
Vir algemene gebruik wil mens jou mes se sekondere bevel (dit is nou die snyvlak) teen 20 grade per kant slyp.
Jy kan n mes tot 10 grade per kant slyp (Japanese sushi messe), dit gee vir jou n skerper mes maar jou edge is baie minder robuust, en jy gaan meer gereeld moet skerpmaak.
So vir n begin, hou by 20 grade
(NB, die hoek is nie die enigste faktor wat bepaal hoe maklik n mes sny nie, die dikte van die edge is ook belangrik).
Strop werk baie goed om n mes werklik skerp te kry.
Plak n stuk leer op n plat stuk hout, en behandel die leer met n buffing compound.
As jy niks anders het nie, dink ek brasso sal ook werk.
werk saggies, en moenie die lem in die leer forseer nie, dan maak jy die edge weer stomp.
Daar is heelwat youtube videos wat wys hoe om n mes te strop.
N vel 1000 grit wet-and-dry skuur papier wat op n plank of verkieslik glas of stuk graniet geplak is, maar ook n baie goeie (en goedkoop) slyp steen.
my persoonlike opinie is dat n jig baie beter werk (en baie goedkoper) as die komersiele slypers werk.
Jy het n baie langer stroke, en jy vervang net die skuurpapier as dit klaar is.
Maar........10 ouens gaan elkeen vir jou 10 verskillende opinies gee.

Ek het ook so gedink tot ek die nuwe metode ontdek, as die sny vlak perfek geslyp is op so 1500 steen en gepoleer is op 4000+ steen sny daai mes makliker deur vleis as een met growwe tande. Ek het al gesien dat ouens 'n tamatie skywe sny sonder om dit vas te hou.PWV wrote:Ondervinding het geleer dat vleismesse wat vir slagdoeleindes (vleiswerk) gebruik word, grof geslyp moet wees. As jy jou nael oor die lem trek, moet jy die "hakies" voel. Dan sny hy soos 'n warm mes deur botter!
Ja ek stem ek het nog nie dit gedoen met my vleis verwerkings messe nie want hulle is nie duur en van die regte staal nie. Indien die mes en staal gemaak is vir die werk en die hardheid van die staal reg is, sal dit lank skerp bly ongeag die werk. Maar met geweld....
Soos ZKK noem 'n dunner lem gaan natuurlik ook baie lekkerder deur sny. Die Japanese het 'n paar messe vir die verskillende take, jy gebruik nie die groente mes vir die karkas nie. Daar is 'n mes vir die tuna karkas opsny en dan die sashimi mes.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Mes slyp tegnieke en apperate.
Ek kry beter resultate met skuurpapier as met 'n slypsteen. Ek plak die skuurpapier op 'n stuk hout vas, sit 'n druppeltjie of twee olie op. So ek gebruik dit soos 'n slypsteen, maar vir een of ander rede wat ek nie kan verduidelik nie, kry ek beter resultate so. Seker maar oor ek tot by 1500 grein papier gebruik.
Of so iets