Manne soos die opskrif lees is ek tussen 'n 6.5 Grendel en 'n 6.5 CM vir my seun. Nou die mannetjie is nou 6 jaar oud en hy skiet 'n barshou met die .22LR en die 223 Rem. Ek wil die mannetjie bederf en vir hom 'n geweer aanskaf wat hy gemaklik sal kan skiet en mee jag tot die dag wat hy sy eie besluite kan maak oor die roer wat hy soek.
Die 6.5 Grendel lyk vir my of dit 'n ideale geweer is vir die doel. MAAR toe sit en dink ek nou aan 'n 6.5 CM Howa 22" loop wat heel waarskynlik dieselfde verigting en selfs beter kan doen as die 6.5 Grendel en ek kan selfs sy loop verkort na 20" toe en nog steeds meer uit die geweer uit kry.
Vir die manne wat nou al 'n 6.5 Grendel besit en dalk Howa 22" ook het. Hoe sal julle die hantering tussen die twee beskou?
Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
Ek het ook na die 2 gekyk vir dieselfde doel en n eienaar van n geweer winkel het my gese onthou jy kan die 6.5creed ook soos die grendel skiet maar jy gaan nie die grendel soos die creed kan laat skiet nie. Die grendel is baie oulik en daai dop te vraai maar ek dink as jy na die 2 op papier kyk moet dit die needmoor wees. Die 2 6.5 grendel Howas wat ek na gekyk het het ook soos n model aksie met n Wimpy stroeitjie in gelyk wat my toe na my volgende probleem gebring het van wat maak jy as jy die loop wil verander op die dingejie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
Kaptein ek het nogal dieselfde gedink gisteraand, maar ek het nog glad nie die 6.5 Grendel hanteer nie, so jy antwoord nou eintlik my vraag.
Ek het op QL gespeel en kan al die nodes met die Creed match om af te laai soos die mannetjie nog groei maar dieselfde is nie waar vir die Grendel nie.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Ek het op QL gespeel en kan al die nodes met die Creed match om af te laai soos die mannetjie nog groei maar dieselfde is nie waar vir die Grendel nie.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
Daar het jy nou jou antwoord
Ek sou die Creedmoor liewers koop.
And as thy days, so shall thy strength be
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
Vir 'n kind sou ek die "dikloop" 20" Grendel vat. Dis darem 'n lekker kompakte ding, sou dit geniet het toe ek klein was. As hy 10 of 12 is kan jy altyd opgradeer.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
Die 6.5 Grendel is oulik maar ek dink as jy elkgeval 'n slotaksie geweer gaan koop en reeds n 223 het maak die Creedmoor meer sin.
130gr Accubond uit 'n 20" loop dun loop (ek sou oorweeg om die 22" bietjie korter te maak ja) teen 2750 fps met die Creedmoor en die Grendel is so 400 fps stadiger teen 2375 fps
Is darem lekker om vir ander mense te sê wat hulle moet doen
130gr Accubond uit 'n 20" loop dun loop (ek sou oorweeg om die 22" bietjie korter te maak ja) teen 2750 fps met die Creedmoor en die Grendel is so 400 fps stadiger teen 2375 fps
Is darem lekker om vir ander mense te sê wat hulle moet doen
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 448
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
Dalk moet jy oorweeg om albei te koop... Hierdie, laai om die 1 roer se specs na te maak en laai dan vir hierdie roer se specs klink baie soos onnodige werk vir my?! Eks net bang jy skiet die lope uit voor die laaitie die roer regtig geniet ??

- Gideon S
- Full Member

- Posts: 207
- Joined: Tue Jun 23, 2015 2:40 pm
Re: Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
Ek het beide die 6.5 Grendel en die 6.5 Creedmoor en geniet albei.
As dit oor ballistieke en verrigting gaan stem ek saam met Arnold dat die Creed jou beter gaan dien. Die Grendel is ‘n baie lekker maklike akkurate kaliber maar die lae spoed het maar beperkinge indien die afstandskatting nie 100% akkuraat is nie. Jou beste verrigting is met ligter 100 en 108gr punte waarmee jy so 2500fps gaan kry (met ‘n 20”loop). Die Creed gaan jou baie beter spoed gee…en jy kan natuurlik lig laai as jy so verkies.
As dit oor gewig van die wapen en recoil gaan sal die Grendel die beter opsie wees… die Grendel se recoil met 108gr punte is lekker min, en die mini-aksie het ‘n taamlike gewigsvoordeel …. en dit kan vir die volgende 2-3jr miskien ‘n belangrike aspek wees vir jou seun se gebruik van die wapen?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
As dit oor ballistieke en verrigting gaan stem ek saam met Arnold dat die Creed jou beter gaan dien. Die Grendel is ‘n baie lekker maklike akkurate kaliber maar die lae spoed het maar beperkinge indien die afstandskatting nie 100% akkuraat is nie. Jou beste verrigting is met ligter 100 en 108gr punte waarmee jy so 2500fps gaan kry (met ‘n 20”loop). Die Creed gaan jou baie beter spoed gee…en jy kan natuurlik lig laai as jy so verkies.
As dit oor gewig van die wapen en recoil gaan sal die Grendel die beter opsie wees… die Grendel se recoil met 108gr punte is lekker min, en die mini-aksie het ‘n taamlike gewigsvoordeel …. en dit kan vir die volgende 2-3jr miskien ‘n belangrike aspek wees vir jou seun se gebruik van die wapen?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Sako85 300WSM, TikkaT3 260Rem, TikkaT3 260Rem, TikkaCTR 6.5CM, TikkaCTR 308Win, TikkaT3x 223Rem, Win22-250Rem,Howa6.5Creed, Howa6.5 Grendel, Howa204Ruger, Miroku 12Ga, Zabala 12Ga, Obendorff Mauser 22lr, Glock17, Glock26, AirArmsS510 #2 x2, CZ 200S .177
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
Basjan, pa het genoeg gewere om lekker mee te speel. Ek het met laaste 10 gewere die verskoning gebruik dat ek die een vir die laaitie koop maar daai verskoning dra nou nie meer water nie want as ek myself kry dan skiet ek die geweer.Basjan123 wrote:Dalk moet jy oorweeg om albei te koop... Hierdie, laai om die 1 roer se specs na te maak en laai dan vir hierdie roer se specs klink baie soos onnodige werk vir my?! Eks net bang jy skiet die lope uit voor die laaitie die roer regtig geniet ??![]()
Maar die een is regtig vir my seun

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 448
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Howa 6.5 Grendel of 6.5 CM
Ek glo jou.........kom ek vertel jou my geheim ( wil nie die draad hijack nie) ekt ook 'n Grendel gekoop en my dogter het daarvan geweet , sy jag saam my , so my vrou sou nie agter gekom het indien daar 'n nuwe roer in die huis is nie, so kom ons gisteraand van PE af en my vriend bel my op my selfoon en ek praat toe oor die speaker foon van die bakkie vir almal om te hoor. Hy vra my toe so ewe daai nuwe roer wat jy gekoop het watse kaliber is dit nou weer ?? Nodeloos om te sê dit het so graf stil geraak voor ek vir hom vertel het van die kaliber. Dit was ook toe al wat hy wou gehoor het....Ons het vir 'n redelike rukkie in stilte verder gery, toe ek vir my dogter vanoggend fotos stuur ,sy is op Potch, toe hak my vrou af ek gaan vir haar ook fotos stuur van wat ek alles Saterdag vir my in die stad gaan koop !!! Mens kan nie wen nie..........Geniet die shoppery!!!Rudie wrote:Basjan, pa het genoeg gewere om lekker mee te speel. Ek het met laaste 10 gewere die verskoning gebruik dat ek die een vir die laaitie koop maar daai verskoning dra nou nie meer water nie want as ek myself kry dan skiet ek die geweer.Basjan123 wrote:Dalk moet jy oorweeg om albei te koop... Hierdie, laai om die 1 roer se specs na te maak en laai dan vir hierdie roer se specs klink baie soos onnodige werk vir my?! Eks net bang jy skiet die lope uit voor die laaitie die roer regtig geniet ??![]()
Maar die een is regtig vir my seun
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
