My Pa se Eland Jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

My Pa se Eland Jag

Post by Monrique (SJ) »

Manne en dames

So het ek die voorreg gehad om saam met my Pa verlede Vrydag te gaan, waar hy n Eland gejag het. Hierdie was die 1ste jag vir my Pa in 9jaar, a.g.v sy werk kan hy nie net gaan jag nie, omdat hy sy eie besigheid bedryf, en los nie sommer die werks mense op hul eie.  Dit was baie lekker en Hy het dit baie geniet.  Hy wou graag n Eland skiet omdat hy nog nooit die kans of voorreg gehad het nie!! Dink dat hierdie n lekker vroee verjaardag geskenk was vir hom. Hy verjaar in Julie>

Hier is my Pa by die koei!
[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 070254.jpg[/img]


Ek en Hy saam!
[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 070256.jpg[/img]

Kan nie wag tot ons weer kan saam jag.

Groetnis
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by marno »

Awesome man!! Baie geluk!!  Vertel bietjie meer.  Watter geweer, hoe ver was die skoot etc.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Monrique (SJ) »

Dit was met my .303 gewees, self gelaai met 150gr Hornady Interlocks. (Sal nog n foto plaas van die herwinde koeel).  Skoot afstand was 128m, gerange!  Bok is van skuins voor geskiet.

Groetnis
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by BLOK »

Aitsa

Mooi gegooi , darem lekker om so saam die groot manne te jag. Ek ruik al daai steaks in die olie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Gerhard »

Baie geluk.

Waar het julle gaan jag?

Dis n baie mooi eland koei.

Sien uit om te sien hoe die 150gr gedoen het.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Frederik »

Goed gedoen soos Gerhard se sal graag die koeel wou sien.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Raven »

SJ,

Mooi man, altyd 'n voorreg as 'n man jou Pa kan uitvat, nadat hulle in hul jong dae soveel tyd gevat het om ons te leer.
In daai jare was dit meer oor die veld en  die bok, as oor die kaliber, koeels ens.  ;)
.......en hoe jou g@tvelle gaan afgetrek word as jy 'n bok kwes.  ;D

Dit lyk vir my na sagte wereld waar julle gejag het, ek sien die koei se agterklou het ver uitgegroei.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Monrique (SJ) »

Raves, Gerhard

Dit is sand daar ja.  Dit is so 100km noord van ons hier laag af teen die Weskus.  Clanwilliam distrik, maar na die see se kant, dis waar die sand wereld is!

Groetnis
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Monrique (SJ) »

Jammer vir die foto gehaalte, gou met die selfoon geneem.  Die 150gr Interlocks weeg nou, 121.7gr.  Nie te sleg, sal ek dink!!



[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 062011.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 011003.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 011002.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 011001.jpg[/img]


Groetnis
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Gerhard »

Hy het die job gedoen....

Mooi man.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Monrique (SJ) »

Gerhard

Ja, hulle het mooi hul werk gedoen!! ;)

Groetnis
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Kalahari »

SJ

Baie mooi en se ook geluk aan jou pa, dit is 'n groot voorreg wat mens het om saam met pa te kan jag.
Wys jou net, die hare kan maar grys wees, maar hulle kan nog 'n roer hanteer.

Groete

Kalahari
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Dawid »

SJ.......Jy toe jou pa uitgevat soos jy laas gepraat het. Baie geluk aan jou pa dis n mooi koei daai.

Hoop julle het sommer nog baie jagtogte saam, dit bly maar wonderlik om saam n man se pa te jag.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by James Wilson »

Kalahari wrote: SJ

Baie mooi en se ook geluk aan jou pa, dit is 'n groot voorreg wat mens het om saam met pa te kan jag.
+1000000000000.  ek, kan nie meer nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Arnold »

Lekker man, en dit nogal met 'n 303  ;D
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Monrique (SJ) »

Baie dankie maters  vir die gelukwens, ens. waardeer dit baie!!  Sal my Pa se... :angel:

Arnold

Kyk die .303 gooi nog mooi my maat!

Groetnis
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by erx »

Geluk mater, aan jou pa ook.
Dis regtig 'n mooi bok daai.
Ek is regtig verbaas om daai interlock te sien, veral na als wat ek oor hulle gehoor het die afgelope paar weke. Jy is sekerdis interlock, nie interbond?

Groete mater
erx
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Monrique (SJ) »

erx

Is dood seker.  Die Interlocks werk goed op die stadiger kaliber soos die .303!  Sal foto's opsit van 2 koele wat ek laas jaar herwin het uit 2 gemsbokke wat ek gejag het!

Groetnis
herley

Re: My Pa se Eland Jag

Post by herley »

Mooi SJ
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Monrique (SJ) »

Dankie Brad!!

Groetnis
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Boertjie »

SJ

Ek sou wat wou gee om weer saam met my pa te jag.Na beroertes kan hy niks doen nie.
So waardeur dit terwyl julle kan.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Monrique (SJ) »

Ai Boere! :'(

Ek is baie dankbaar vir dit hoor. :angel:

Groetnis
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by KalahariKlong »

Ek is bly julle het dit geniet, weet hoe jy daarna uit gesien het. Mooi gegooi deur jou pa daar.
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: My Pa se Eland Jag

Post by Stefan764 »

Ai ou SJ, so bly jy kon die jag saam jou pa doen. Onthou nog hoe jy my nouie dag da in STB vertel het en hoe julle saam uitgesien het na die affere! Ek is net so geseend soos jy om saam my pa te gan jag. As die Groot Baas ons spaar maak ek en pa Flip ook weer so Augustus die 6e...

Manne, ek is so bly SJ het gese hier waarmee hy geskiet het en nog n foto ook waarmee hy dit bewys. Baie manne is so geneig om by n vriend te hoor van n seker maak koeel wat sommer nikswerd is. Die Hornady interlock is n goeie voorbeeld hiervan. As Ludwig met sy 300WM teen 3300ft/sek dai koei aangevat het op n skuins van voor bladskoor het hy nou nog gesoek na daai koei. Elke ding het sy plek. Hier bewys SJ dit net weer vir ons, met n 303 teen relatoewe lae spoed wat die kooel kans gee om om te klink en te penetreer sonder om op te breek. Pas asb die regte koeel toe vir die doel waarvoor hy gebou is, dan sal hy mooi werk. Navorsing, oefening en redenasies met kundiges. n Mens is nooit te oud om te leer nie.

Dankie SJ en nogmaals geluk met julle suksesvolle jagtog!!

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: My Pa se Eland Jag

Post by erx »

Ai tog, gelukkig kan 'n man darem staat maak op die forum om te help waar jy nie weet, aangesien nie almal van ons experts op al die punte op die mark is nie, en sover ek weet het net 'n polisie hond "koeels" :police: :police:

Groete
erx
Post Reply