Springbok spit???
- Vergo10
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm
Springbok spit???
Dagsê. So met my 20 jaar reunie met my skool maats wil die manne en maninne graag 'n karoo skapie spit. Ek het dit nou goed gedink om sommer 'n springbokkie ook te kry vir spit, maar dit wil voorkom dit is nie 'n algemene gebeurtenis nie. Ek kon net die rooibok en ***vark threads kry en niks anders nie.
Wat is julle opinie van 'n springbok spit, of sal 'n takbok dalk 'n beter opsie wees, die is darem nie te vêr van skaap af nie??
Wat is julle opinie van 'n springbok spit, of sal 'n takbok dalk 'n beter opsie wees, die is darem nie te vêr van skaap af nie??
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Springbok spit???
takbok gaan 'n beter opsie wees in my opinie vir so iets.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Springbok spit???
Takbok, in my ervaring, is minder wild oom.
Wat ons egter altyd doen met die spit van wild, is om twee pakkie marinade te meng (sparerib en garlic steak). Dan spuit ons dit in die vleis met inspuiting. Oom sal egter meer as twee pakkie moet gebruik.
Groete Ben

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Springbok spit???
Springbok ooi sal mooi loop. Gebruik knorr se italiaanse slaai sous, suurlemoen, growwe swart peper, knoffel en crown se sixgun spice. Jy sal die bok in die koeelkamer al 3 dae voor die spit moet bedruip met slaaisous en suurlemoen. Koop n spuit kannetjie gooi marinade in bottel en spuit ruim 3 keer per dag. Bedek ribbes met tinfoelie op die spit. Moenie vleis te gaar maak nie. Medium rare sal mooi loop. Bedruip bok verder met slaaisous terwyl jy spit.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Vergo10
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm
Re: Springbok spit???
Twee probleme met die boonste replies....die eerste is die "Oom" gedeelte...
, ek voel nog soos 'n matriek seun...
, maar ek hoor die marinade en paar dae voor die tyd voorbereiding. Tweede probleem is die koelkamer hang deel, as Kaap stadsjapie en die feit dat ek 'n paar honderd km's moet ry vir my wild jag is my koelkamer 'n Defy 482l freezer, sal dit werk om die karkas te laat hang vir 'n paar dae op die plaas, dan vries en dan weer hang vir 'n paar dae voor die spit?
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Springbok spit???
Vries in vrieskas haal uit wanneer tyd vir funksie is en reel met slagter om bok in koelkamer te plaas. Of spit twee lammers dit gaan minder moeite wees. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Springbok spit???
Hier is ook lekker wenke http://kampkosenwenke.weebly.com/
(ek sien nie Springbok nie)
Hier is wel n resep vir 'klein wildsbok' waaronder ek glo n springbok ook maar klasifiseer
http://www.boerekos.com/recipe/spitbraa ... marinades/
(hel nou raak my maag dun....)

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Vergo10
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm
Re: Springbok spit???
Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Springbok spit???
Daar het jy jou antwoord - hou op rondkrap en nooi my ookVergo10 wrote:Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.
Hel ek raak nou honger!!!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Vergo10
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm
Re: Springbok spit???
FHM wrote:Daar het jy jou antwoord - hou op rondkrap en nooi my ookVergo10 wrote:Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.![]()
Hel ek raak nou honger!!!
Ek gaan deur daai webtuistes en jissss dit maak my lus vir braai. Ek was nou amper vir 40 weke op 'n braai dieet by my huis want die vroutjie kon dit nie oor haar hart kry om houtskool te eet nie want sy mag nie medium-rare vleis geeet het nie...gelukkig kom dit volgende week tot 'n einde as die nuweling sy verskyning gaan maak...dan braai ek elke dag en gaan sommer begin met daai volstruis resepte.
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
- Willeboer
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am
Re: Springbok spit???
Nou is ok lus vir spit. Het so paar maande terug by n spit iets nuuts geleer. Die braaier het lemon twist koeldrank en aromat mengsel gebruik om skaap te spit. Was lekkerste vleis wat ek al by n spit ge eet het. Springbok spit nog nie probeer nie, maar ylo hy sal vrek lekker wees.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Springbok spit???
Vergo10 wrote:FHM wrote:Daar het jy jou antwoord - hou op rondkrap, en nooi my ookVergo10 wrote:Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.![]()
Hel ek raak nou honger!!!
Ek gaan deur daai webtuistes en jissss dit maak my lus vir braai. Ek was nou amper vir 40 weke op 'n braai dieet by my huis want die vroutjie kon dit nie oor haar hart kry om houtskool te eet nie want sy mag nie medium-rare vleis geeet het nie...gelukkig kom dit volgende week tot 'n einde as die nuweling sy verskyning gaan maak...dan braai ek elke dag en gaan sommer begin met daai volstruis resepte.
Ja ek het ook begin brompens kry na al daai lekker prentjies van braai kosse op daai links, eishhh
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Springbok spit???
Dis loshande die beste oplossing!!FHM wrote:Daar het jy jou antwoord - hou op rondkrap en nooi my ookVergo10 wrote:Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.![]()
Hel ek raak nou honger!!!
Enige spit se sukses hang af van die vleis wat genoeg vet het om oor die vleis te drup terwyl jy spit....daai kite vlieg nie met 'n springbok of die meeste wild nie, omdat die vet in wild "ontbreek".
Enige bedruip sous mengsel is net om te keer dat die vleis uitdroog en om smaak te gee. Die meeste souse kleef aan die vleis en is dikwels geneig om aan te brand.
Kry 'n DIK naald en spuit jou skaap IN met italiaanse slaaisous 'n dag voor die spit en braai met hitte onder die boude en blaaie. Bedek eers die ribbes met tinfoelie anders droog jou rugstring en ribbes te veel uit. maak oop vir die laaste uur en gee dan matige kole.
Die wildspot se sukses is juis die feit dat die droë snitte met genoeg vog in kontak kom terwyl jy die vleis gaarkook. Smaak middels soos Joe beskryf sal goed werk in die wildspot.
Geniet die kosmakery!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2141
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Springbok spit???
Enkele gedagtes:
Springboksenings is taai. Hy het baaaaie tyd nodig om sag te word, verkieslik oor n stadige hitte.
Olie of vet is ook nodig, anders droog hy uit soos n bokom.
Ons laat droee"r wildsoorte gewoonlik drie dae in marinade in die yskas le. Dit sal moeilik wees met n karkassie, maar nie onmoontlik nie.
Vrugtesmake werk goed met springbok.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Springbok spit???
Daar neffens Beauford Wes, by Ko-Ka Tsara, het hul een jaar 'n paar springbokke op 'n staan spit gehad tydens 'n spanskiet kompetisie. Ook ingespuit voor die tyd en goed bedruip tydens die braai. Hulle het die vleis met 'n vurk van die been geskraap.
Kwyl en nou op my foon.
Kwyl en nou op my foon.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
lekkerjag
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Sun Sep 25, 2016 6:46 pm
Re: Springbok spit???
Probeer gerus streaky bacon wat in balsamiese asyn geweek is, stop dan die springbok met soveel as moontlik bacon. Bedruip dan vleis met n bietjie olie om uitdroging te voorkom. Bedek ribbes met foelie is n goeie plan.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Springbok spit???
Nou nie juis oor Sbok nie maar wel spit. Moenie tyd mors met daai beesspuite wat mens by die Kooperasie / Apteek koop nie, die goed verstop net die heeltyd. Koop sommer een van daai insekdoder spuitkanne, die goedkoopste wat jy kan kry bv https://www.pricecheck.co.za/offers/834 ... re+Sprayer
Enige fabrikaat werk, sny die Allu pyp op die end waar die spuitkoppelaar sou aankom teen n hoek af soos n spuitnaald sin, met daai dik pyp sukkel jy nie om growwe doepa in die vleis te kry nie, mens maak sommer genoeg aan en stoor dit saam die karkas in die koelkamer en spuit in wanneer jy verbyloop, met daai doepapomp blaas jy daai bok/skaap 2 Bar op!
O ja. Daai Allu pyp is lekker lank. Deel hom in 2, die 1 is dus n naald en die ander het die spuitkop aan, as die vleisie draai gebruik jy jom omkort kort jou doepa op te sproei wat deur n fyn sif gegooi is.
Weetnie van Sbok nie maar het al wel vet Ribbok ooi, Takbok ooi, Skapies en Varkies help maak en eet!

Last edited by andre007 on Fri Mar 23, 2018 9:50 am, edited 1 time in total.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Springbok spit???
Andre007,andre007 wrote:Nou nie juis oor Sbok nie maar wel spit. Moenie tyd mors met daai beesspuite wat mens by die Kooperasie / Apteek koop nie, die goed verstop net die heeltyd. Koop nommer een van daai insekdoder spuitkanne, die goedkoopste wat jy kan kry bv https://www.pricecheck.co.za/offers/834 ... re+Sprayer
Enige fabrikaat werk, sny die Allu pyp op die end waar die spuitkoppelaar sou aankom teen n hoek af soos n spuitnaald sin, met daai dik pyp sukkel jy nie om growwe doepa in die vleis te kry nie, mens maak sommer genoeg aan en stoor dit saam die karkas in die koelkamer en spuit in wanneer jy verbyloop, met daai doepapomp blaas jy daai bok/skaap 2 Bar op!
O ja. Daai Allu pyp is lekker lank. Deel hom in 2, die 1 is dus n naald en die ander het die spuitkop aan, as die vleisie draai gebruik jy jom omkort kort jou doepa op te sproei wat deur n fyn sif gegooi is.
Weetnie van Sbok nie maar het al wel vet Ribbok ooi, Takbok ooi, Skapies en Varkies help maak en eet!
Jou plan hoort beslis in die "boer maak 'n plan seksie"!!
So lyk myne...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Re: Springbok spit???
More Vergo,
As jy hangplek soek vir springbok, kontak my op 07een28vyf9077.
Groete Bennie
As jy hangplek soek vir springbok, kontak my op 07een28vyf9077.
Groete Bennie
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994