Redfield
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Redfield
3-9x50 vir R2175 by zimbi books.
Wat dink julle van die scopes? Soos ek verstaan is dit 'n Leupold. Is dit iets om na te kyk of is dit tyd mors?

.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.

- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Redfield
Hugo,
Redfield is geklas onder Leupold VX1. S&O pta het een VX1 3-9x40 oor vir R2300. Dis die meeste scope wat jy vir daai geld op die oomblik gaan kry.
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Redfield
Hugo daai Redfields vertoon baie mooi. Ek het na hulle en Burris by VLT gekyk. Burris se helderheid is beter vir my maar dis persoonlik.
Een ding wat my wel opgeval het van die Redfield is dat ek so effe sukkel om van al die skadus in die beeld ontslae te raak, as ek net-net op,af,link of regs beweeg dan kry ek skaduwee in die oogstuk. Ek het na paar ander scopes ook gekyk en Redfield sin was vit my die ergte wat dit aan betref. Ek hou egter baie van daai Acu Plex van hulle. Dit trek my oog onmiddelik as ek deur hom kyk.
S&O het die Nikon met dieselfde spec's vir R3000. As ek kom sou ek gaan vir die Nikon.
Peet

Work to live, don"t live to work
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Redfield
Hugo
Ek stem met Geno
Mooi loop
Francois
Ek stem met Geno
Ons verkoop hulle ook, ek het al so 5 gemount, en ingeskiet, my persoonlikke siening, baie goeie optics vir sy prysklas, en goeie positiewe vertellings......plus n Leupold waarborg......Dis die meeste scope wat jy vir daai geld op die oomblik gaan kry.
Mooi loop
Francois
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Redfield
FM van watter scope praat jy. Ek lees Geno praat van die VX1 by S&O en ek vermoed jy praat van die Redfield
Help my uit as ek verkeerd is.
Peet
Peet
Work to live, don"t live to work
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Redfield
PvdW
Is reg, ek praat van die Redfield reeks, ons het op die oomblik 3-9X50 en 4-12X40.....die 4-12X40 is baie gewild....revolution is hul model naam....kyk http://www.redfield.com/riflescopes/

-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Redfield
Yes manne
Ek is ook nou in die mark vir nog 'n scope aankoop. Ek het reeds 2 VX1's op my 243 en 7mm. Hulle is vir my baie helder aangesien ek ge upgrade het van 'n tasco! Ek hoor almal praat so van 'n Burris. Ek is glad nie bekend met hulle nie. Almal se hulle is meer helder as 'n VX en verkies hom. Wat dink jy Francois?
En dan nog iets, Hoe vergelyk die redfield met die normale VX1? Let wel ek baie min is die aand skiet! My ander probleem is dat ek nie geld het om vir elke geweer 'n Zeiss of Swarovski op te sit nie so ek shop maar in die VX1 se prysklas rond.
Groete, ek luister graag!
Ek is ook nou in die mark vir nog 'n scope aankoop. Ek het reeds 2 VX1's op my 243 en 7mm. Hulle is vir my baie helder aangesien ek ge upgrade het van 'n tasco! Ek hoor almal praat so van 'n Burris. Ek is glad nie bekend met hulle nie. Almal se hulle is meer helder as 'n VX en verkies hom. Wat dink jy Francois?
En dan nog iets, Hoe vergelyk die redfield met die normale VX1? Let wel ek baie min is die aand skiet! My ander probleem is dat ek nie geld het om vir elke geweer 'n Zeiss of Swarovski op te sit nie so ek shop maar in die VX1 se prysklas rond.
Groete, ek luister graag!
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Redfield
Alwyn
Ek het GEEN ondervinding van n BURRIS nie, hoor Neels se dis n beter scope as n Leupold, reken dis debbateerbaar......ek is baie vrede met die Leupolds....ek reken die Redfield en VX1 is baie naby mekaar, kyk maar na die pryse.....
Mooi loop
Francois
Ek het GEEN ondervinding van n BURRIS nie, hoor Neels se dis n beter scope as n Leupold, reken dis debbateerbaar......ek is baie vrede met die Leupolds....ek reken die Redfield en VX1 is baie naby mekaar, kyk maar na die pryse.....
Mooi loop
Francois
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Redfield
Ja gewoonlik is die prys maar die beste aanwyser van kwaliteit.
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Redfield
Francois
Piet breedt s? ook so. Hehehe, maar ek sal gelukkig wees as As die Leupie manne trots in die sak steek en erken hulle is ewe goed

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

safric
Re: Redfield
Net vir ter inligting - Redfield is uitgekoop deur die Leupold stal en word gereken as hulle goedkoper mark produk!
So 'n vergelyking met die Leupold VX1 is baie van pas!
Groete
Safric

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Redfield
Manne
Formalito was nou die ander dag by ons Jagtersvereniging. Die Vise - President van Leupold (Hulle hou van titels) 'n regte Yank was die gasspreker. Die vraag oor Leupold VX1 en Redfield is aan hom gevra. Volgens hom word al die komponente in die VX1 in die Redfield gedupliseer. Die enigste verskil is die lewenslange waarborg van Leupold geld net vir die eerste koper van die Redfield. (Hoe hulle dit gaan bewys weet nugter alleen).
Ek het een gekoop (Redfield 3-9 x 40) vir my .303. Drie naweke gelede mooi gewerk op die rooibokke in die Bosveld.

Dan is die storie uit! Mens kan maar 'n redfield koop inplaas van 'n leupold as jy wil geld spaar. Weet iemand wat die verskil is in prys tussen daai twee? (VX1)
- saimportsuplies
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Tue Jan 11, 2011 8:51 pm
Re: Redfield
hello manne, die redfield is maar n dag jag scope maar beter as enige scope tussen 2000 en 3000 rand,een ding seker, jy stel hom net een keer in,leopold koppel nie sy naam aan gemors nie, net my 2c
my pryse redfield....3x9x40 tussen R1340 en R1450 3x9x50 R1820en 4x12x40 R1860 en leopold rangefinder nou op special vir R1975 vir die 600m en die pryse is voor btw
cheers ouens

Biltongjagter
Re: Redfield
Het baie onlangs deur beide die Redfield en Weaver teleskope gekyk by Coen v/d Merwe -
Die Redfield se 'eye relief' is uiters beperk in vergelyking met dieselfde vergroting tipe Weaver; en
tweedens is die Weaver se beeld baie duideliker as die van die Redfield - geringste beweging van jou kop agter die Redfield veroorsaak dat sy beeld se buitenste rande verdof.
Vir my oog is die Weaver se kruishaar vir gewone jagdoeleindes, baie meer aanvaarbaar.
Die Weaver 4 - 12 x 44 is raps duurder - R 2 138, maar na my mening bied die teleskoop beslis baie meer en beter optiese waarde vir geld as die Redfield.
Groete,
Koos.
NS Jag baie jare al met die 4 x 40 Weaver op my .308 en nog nooit die geringste probleem met die teleskoop nie. (O? soek nou groter vergroting!!!)

- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Redfield
Ek het 'n VX1 LR DUPLEX 3-9X40 MATTE, so good soos nuut vir R1800.00.
Groete,
Petrie.
0842583536
Groete,
Petrie.
0842583536
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Redfield
Biltong ek stem heeltemal saam met jou oor daai eye relieve, dis my rede dat ek hom niesal koop nie.Biltongjagter wrote: Die Redfield se 'eye relief' is uiters beperk in vergelyking met dieselfde vergroting tipe Weaver; en
tweedens is die Weaver se beeld baie duideliker as die van die Redfield - geringste beweging van jou kop agter die Redfield veroorsaak dat sy beeld se buitenste rande verdof.
Peet
Work to live, don"t live to work
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Redfield
Hoekom sal jy dit adverteer voor BTW? Vat jy cash ook?saimportsuplies wrote:
my pryse redfield....3x9x40 tussen R1340 en R1450 3x9x50 R1820en 4x12x40 R1860 en leopold rangefinder nou op special vir R1975 vir die 600m en die pryse is voor btw
Jy maak soos die wildvanger wat jou R17k vir 'n kameelperd vra en as hy afklim druk hulle 'n R19380 invoice in jou hand. Dan betaal ek hom net R17k want dis die prys wat hy gese het.
Mens loop mos nie by P&P of SPar met sak rekenaar en plus als met 14% nie, adverteer jou goed vir die prys wat jy soek, want mense gan kwaad raak vir jou.
Groete,
Kwaad vir die taxman,
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2472
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Redfield
ek het by n plek gejag wat dit gedoen het! het toe R830 betaal vir n vlakvark beer en n vriend R2850 vir n bwb pnder 20duim

.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Redfield
Dit gebeur soms ja, ek het ook al dit oorgekom. Nou kry ek alle reelings op e-mail voor ek arriveer, en ek print dit alles uit en vat dit saam. Die uitdrukking op die skelm kelm se gesig was onbeskryflik toe ek hom 'n leunaar en 'n skelm noem en die bewyse (sy e-mails) aan hom wys ! Hy was so verneder en skaam hy kom ons nie in die oe kyk nie. Doen maar jou huiswerk voor die tyd en jy sal nie spyt wees nie.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !

- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Redfield
Naand manne
k het self so 'n tydjie moes 'n ander teleskoop aanskaf na my geweer geval en my teleskoop 'n lelike hou gekry het. Lank op die forum en websites rond gelees en rond gebel, pryse vergelyk, ens. Ek wou nie ander ringe koop nie so moes kyk na my sak in die 25mm klas, 3-9x50 Redfield, bevind hom nou op my 308. Ek was nog net 1 aand met hom in die veld, ongelukkig het die wind kort-kort van rigting verander en moes ek op die ou end op pak, het jakkies mooi sien in kom en toe hulle begin huiwerig raak op gelet na die vlaggie en gesien die wind het gedraai. Wat ek tot op daardie oomblik gesien het, was verblydend. Ek sal weer van Maandag af kyk wat maak die weer en laat weet sodra daar verdere nuus is, vir eers is ek tevrede. Darem al 'n blesbok op die Redfield se lys. Sal later 'n foto op sit.
Hier is die foto !

Groete Izak

Last edited by Izak H on Mon Jul 18, 2011 9:09 pm, edited 1 time in total.
-
martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: Redfield
Sien uit om te hoor hoe die redfiled gevaar het. Stel juis belang in die einste model
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Redfield
martinf
Dinsdag aand uit, 2 jakkalse gekry. Ek het in 'n kom geroep so ek kon hulle nie ver sien in kom nie. Ek het ook 'n koedoe geskiet nou onlangs ek is sover meer as tevrede met die Redfield. Wat ek die meeste van hou is dat wanneer ek die geweer optel sien ek dadelik 'n vol beeld, daar is nie 'n gesukkel nie.
Izak

Last edited by Izak H on Thu Jul 21, 2011 10:54 pm, edited 1 time in total.
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Redfield
Dis baie belangrik, mens moenie eers sukkel om die bok in die kruishaar te kry nie..Izak H wrote: martinf
Dinsdag aand uit, 2 jakkalse gekry. Ek het in 'n kom geroep so ek kon hulle nie ver sien in kom nie. Ek het ook 'n koedoe geskiet nou onlangs ek is sover meer as tevrede met die Redfield. Wat ek die meeste van hou is dat wanneer ek die geweer optel sien ek dadelik 'n vol beeld, daar is nie 'n gesukkel nie.
Izak
- saimportsuplies
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Tue Jan 11, 2011 8:51 pm
Re: Redfield
ja weaver ...snaaks jy se dit. ek het net skielik die week n klomp nuwes gekry, baie goed soos jy se, ek het dit nie verwag nie. die 3-9x40 is so R1490.00 inc en die 3-10x44 is so R1670.00 inc en die 4-12x44 is so R1890.00 inc vir daai oe van jou. goed gaan
francois
francois