Middag manne!!!

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
David Kotze
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Fri Mar 02, 2018 3:08 pm

Middag manne!!!

Post by David Kotze »

Middag manne!!!

Ek sit en soek vir jag plekke vir 2018, toe ek op Jaracal afkom.

Ons is 'n paar vriende wat elke jaar saam jag, en die jaar wil die manne Kalahari toe gaan.

Indien julle weet van plek waar 6 - 10 manne kan gaan jag in die Kalahari, kan julle dalk met my deel asseblief.

Hoor graag van julle!!

Groete
David
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Middag manne!!!

Post by Parker »

Sommer net so! Nie eers n ordentlike voorstel aan die forum nie?
Stoot lood!
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Middag manne!!!

Post by Heinds »

Welkom David, Jaracal het baie meer info as net jagplekke. Lees gerus deur die forum (ook die jag bladsye) en besluit of dit die plek vir jou is. Hier is baie te leer en vriende om te maak. Groete
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Middag manne!!!

Post by joe rocket »

Wham bam thankyou mam....
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Middag manne!!!

Post by Heinz Petersen »

Welkom Dawid.
Jy gaan nie sooo maklik hier weg kom nie.
Vertel vir ons van waar jy is en waarmee jy skiet/jag.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
David Kotze
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Fri Mar 02, 2018 3:08 pm

Re: Middag manne!!!

Post by David Kotze »

Ja-nee manne, julle sien ek is vining uit die blokke.

Die gedagte van jag, maak my seker "trigger happy".

Ek is oorspronklik van die Gordonia distrik (Upington omgewing). In 1980 trek my ouers Transvaal toe en vanaf 2002 is ek woonagtig in Pretoria. Ek verlang egter nog steeds terug na die warm droee werêld en sy vriendelike mense.

Ek is maar 'n gewone biltong jagter en skiet vir die pot.

Ek het so paar jaar terug besluit om vir my 'n Howa 243 Bull Barrel aan te skaf en dit is sommer my all rounder. Hy het al 'n hele paar Sprinbokke, Blesbokke, en Gemsbokke plat getrek. Ons jag gewoontlik in die Vrystaat of in the Oos Kaap en dan moet jy ver kan skiet. Die Howa het my nog nooit in die steek gelaat, en hy mag maar ver skiet.

Ek is nou nie 'n man met baie kennis oor die verskillende wapens en al die verskillende terme nie, maar ek weet ek kan verseker 'n paar dinge leer by julle. Soos die engelsman sal sê, each one teach one!!!

Nou ja, nou ken julle my storie.

Groete
David
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Middag manne!!!

Post by Aceofspades »

Daars hy David! Dit klink beter. Jy sal sien, noudat die mense begin ietsie weet van jou, sal hulle opwarm teenoor jou. Hier is baie kennis wat hier rondsluip en jy sal vinnig leer by almal.

Welkom

Kriek
David Kotze
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Fri Mar 02, 2018 3:08 pm

Re: Middag manne!!!

Post by David Kotze »

Dag sê Kriek.

Ek sien jy is in Virginia.

Ons het 'n hele paar keur daar in Theunissen omgewing gaan skiet, amper op jou voorstoep.

Miskien loop ons mekaar nog raak daar in die Vrystaat.

Groete
David
Post Reply