Vettie die OosKaap vark

Post Reply
johnf
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Dec 10, 2012 7:44 am

Vettie die OosKaap vark

Post by johnf »

Dagse Jaracal lede,

Eerstens wil ek net dankie se aan Ben Remmington wat my geinspireer het duur sy mooi verhale en foto’s, veral van vlak varke.

Ek het laas week Woensdag, Adelaide in die Oos Kaap gaan jag. Ek wou n kudu koeie vir vleis skiet en my eerste vlak vark kry. Als het goed geloop en ek het n sog van so 30kg’s laat Woensdag geskiet. Ek was baie gelukkig, sy was “quartering away” net 40 meter weg en naby twee kleiner varke. Ek het met die stoke gemik en vir drie agter ribbes gegaan. Mooi skoot, die Accubond 165 het goed presteer, regdeur die hart long area en uit die bors. Sy het net gesak.

Donderdag oggend n mooi kudu koeie geskiet, dubbel long skoot van 100 meter van die stoke en sy het 50m gehardloop voor sy geval het. Accubond 165 regdeur.

Vleis was uitgesort so na middag ete het ek die een kant van die plaas gegaan so dat die ander manne n beter kaans kon kry vir kudu. Van die plaas huis geloop, oor die pad en in die kamp. Vumilo, my tracker, het na so 20 minute vir my n vark oor die bult gewys en ek het n twede gesien, hulle het vris gelyk so ons het die kilometer se trap gevat.

Nadat ons n paar kleines oppad gelos het het ek uiteindelik een gesien en Vumilo het gese dit is tyd vir skiet. Die sog van net oor 30 kg’s was 100 meter weg en het steeds geeet to ek haar van die stokke in die bors geskiet het. Sy het net geval. Toe het Vumilo rustig vertel dat die groter een agter die bos was. Daar was n groot gehol duur die bosse en ek het vinning herlaai en vir die ander vark gesoek. Toe ek die beer so 125 meter weg in die scope gesien het was hy in n oop gaaping van n boom en het vir my n kaans gegee toe hy agter vir sy sog gekyk het. Dubbel long skoot net agter die skouer en ek het die dump van die tref gehoor. Ek het geweet hy was groot en ek was baie senuweeagtig dat hy baie gaan hardloop. Ons het die mooi pienk blood gekry en ek en Vumilo het stadig gevolg. Vumilo het hom eerstins gesien en vir my gese “John, look, he is sleeping”.

Die sog se Accubond was duur die bors en ek het dit in haar boud gekry teen die vel. Die beer se Accubond 165 was regduur die ribbes.

Jy kan die foto’s sien, maar onthou, dit was net my derde vark, en Woensdag oggend het ek nie eers een ooit geskiet.

Ek het Vumilo se hand gevat en sy skouer geklap, hy was amper so gelukkig as ek. One het vir die Cruiser geradio en die beer en sog opgetel en plaas toe gevat. Die ander manne het half uur later terug gekom met n mooi kudu bul.
IMG-20170601-WA0021.jpg
Die boer was baie bly vir my en n paar photo’s gevat, dit was donker en ongelukkig kan die photo’s nie jou die regte verhaal gee.

En, ek het geweet julle manne sou my nie glo nie, so ek het die vark twee keer op n elektriese skaal geweeg en n photo geneem. Ja, 103 kg’s lewendig gewig. Vir n rekenmeester uit Slaapstad dink ek ek is geseend vir die geleentyd.
IMG-20170601-WA0013.jpg
Goed gaan, John
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Vettie die OosKaap vark

Post by Supacow »

Voerkraalvark
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Vettie die OosKaap vark

Post by Bushwack »

nee, verseker 'n vettie! geluk man
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Vettie die OosKaap vark

Post by dehacked »

Geluk meneer. Ek reken jou hou nou die rekord vir monster vark.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vettie die OosKaap vark

Post by ruaanb »

netjies man!
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Vettie die OosKaap vark

Post by Ashley »

Dis verseker n monster daai! Mooi gedoen!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Vettie die OosKaap vark

Post by sako 30-06 »

Blikskottel, dis verseker n monster.

Baie geluk.
User avatar
Jo Toast
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm

Re: Vettie die OosKaap vark

Post by Jo Toast »

Mooi vark. Geluk!
BSA .270 Win
Tikka T3 Varmint .308 Win
Bergara B14R .22lr
Glock 19
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Vettie die OosKaap vark

Post by KalahariKlong »

Baie mooi vark, geluk!
Dankie ook vir die lekker storie.

Groete
KK
Post Reply