Herfs kommando wurm

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Herfs kommando wurm

Post by naas222 »

Goeie Dag.
Wil graag weet of enige iemand al skade in lusern gehad het met die verpeste wurm.. my buurman hier op Cullinan het nou in sy mielies.. hy het geraporteer en op sy derde bespuiting.. lyk so 80% suksesvol te wees... nou ekt Verdoorn gemail en hy sê as mielies af is sal ons moet wakker slaap dan trek daai wurms in enige iets in... My buurman het n 25ha pivot.. helfte mielies.. helfte lusern... nou ek so 200m vanaf hom met lusern... het iemand al die wurm in lusern gekry en wat het jul gespuit..
Dankie ...
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Herfs kommando wurm

Post by Apie »

Naas

In ons wêreld is een van my pelle n saadmielie kweker en lusern 200meter van sy saadmielies af. Hulle slaan maar orals uit.

Die probleem met herfskommandowurm is dat jy verskillende groeifases in een land kry vs die gewone kommandowurm of bolwurm etc waar jy gewoonlik op 'n tydstip slegs n enkele/spesifieke fase(instar) in n land het.

Jy kan dus van eiers, klein tot groot larwes net voor papie stadium in een land kry.

Daar is bitter min geregistreerde middels in lusern so ek sal net die mielie manne na-aap.

Gebruik kombinasies soos
Steward en 'n sterk dosis Decis
Ampligo/Coragen en Methomyl werk ook gaaf.

Chlorphirifos in kombinasie met Emamectin(kan nie handelsnaam onthou)

Ens ens.

Moenie kanse vat nie omdat hulle bitter maklik weerstand opbou.

As julle plaaslike gifmanne nie kan help pm my gerus vir n foonnommer dan gesels ons



Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Herfs kommando wurm

Post by naas222 »

Apie
Dankie vir terugvoer... sal jou in gedagte hou virseker.
Dink jy ek moet voorkoomend spuit of eers n bietjie wag.. dis buurman se 2de oes die jaar.. hy doen groen mielies vir informeele mark.. die mielies nou op land so kuit hoogte.. so daars nog genoeg kos... moet ek wag of spuit.. lyk my daai muthi is duur
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Herfs kommando wurm

Post by Apie »

naas222 wrote:Apie
Dankie vir terugvoer... sal jou in gedagte hou virseker.
Dink jy ek moet voorkoomend spuit of eers n bietjie wag.. dis buurman se 2de oes die jaar.. hy doen groen mielies vir informeele mark.. die mielies nou op land so kuit hoogte.. so daars nog genoeg kos... moet ek wag of spuit.. lyk my daai muthi is duur
Naas daar is net 1 manier.

Jou voetspore in die lande.

Dis baie duur om voorkomend te bly spuit.

In jullr area sal ek voorstel dat julle n feromoon lokval opsit en daagliks monitor.

Julle sal dan vinnig optel as die motte begin vlieg en eiers lê.

Maak net seker oor die onthoudingsperiode van die middel wat jy spuit voordat die lusern gevoer word vir diere.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Herfs kommando wurm

Post by naas222 »

Apie.
ek kry so gevoel in my alie ek gaat nog lang trane huil.
1. Waar kry ek n feromoon lokaas ..
2. Klink my jy ken bitji.. jy n gif man
3. Dink jy eiers sal in n baal oorleef/ hiberneer.
ek sal daadwerklik n plan moet maak en gou.
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: Herfs kommando wurm

Post by Haasvel »

Hi Naas

Probleem is die motte lê meer as 50 eiers op ‘n slag. Sistemiese opsie is ‘n moet, bv Coragen. Warlock is die Emmamectin se handelsnaam en ons kry goeie beheer met hom.

In die BT mielies werk die mon 89 geen so ver die beste.

Ek stem, sal moet chemie afwissel en dieselfde prinsiep volg as met die mielllies. In die nie-BT gevalle kry die manne pakslae en hulle spuit dus weekliks.






Sent from my iPad using Tapatalk
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Herfs kommando wurm

Post by Apie »

naas222 wrote:Apie.
ek kry so gevoel in my alie ek gaat nog lang trane huil.
1. Waar kry ek n feromoon lokaas ..
2. Klink my jy ken bitji.. jy n gif man
3. Dink jy eiers sal in n baal oorleef/ hiberneer.
ek sal daadwerklik n plan moet maak en gou.
1. Jy kan jou naaste gifsmous kontak..dis n lokval met die feromoon wat binne in gegooi word.
2. Was in die bedryf maar onthou darem die basics
3. Die wurm verander in 'n papieword as ek reg onthou vlak in grond n papie) en dan weer n mot wat eiers lê en dan uitbroei dan het jy weer larwes/wurms van voor af.

In warm gebiede kan die siklus homself reg deur die jaar herhaal.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Herfs kommando wurm

Post by naas222 »

Dankie manne.
Gaat die lokaas bestel...
dan daarvolgens die beheer toepas... afwisselend..
en of jy nou jak jag of wurms.. voetspore in die veld
Hoop almal kry reen
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Herfs kommando wurm

Post by Krobb »

Ek het laasjaar die foto op whatsapp gekry. Dit was in Limpopo.[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201802 ... bc7ef2.jpg[/IMG]

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Herfs kommando wurm

Post by Apie »

Krobb wrote:Ek het laasjaar die foto op whatsapp gekry. Dit was in Limpopo.[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201802 ... bc7ef2.jpg[/IMG]

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Daai is wanneer jy by die see of in jou kaya is ipv in die lande....

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Herfs kommando wurm

Post by naas222 »

ek nie tapa talk so kan nie foto sien.. kan jy dit dalk op n ander manier plaas.?. dankie
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Herfs kommando wurm

Post by Krobb »

Naas, ek het juis oorgeskakel na tapatalk om fotos te kan plaas. Ek kan ongelukkig nie op n ander manier plaas nie.
Is daar iemand wat kan help?

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Herfs kommando wurm

Post by naas222 »

watsup hom dan na my.. nul sewe 224 een 5 twee 7 een. dankie
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Herfs kommando wurm

Post by ruaanb »

Krobb wrote:Ek het laasjaar die foto op whatsapp gekry. Dit was in Limpopo.//uploads.tapatalk-cdn.com/20180220/654227a95ad50cb94824090a91bc7ef2.jpg

Sent from my SM-J105F using Tapatalk
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Herfs kommando wurm

Post by naas222 »

neeeèeeeeeeeeeeee
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Post Reply